100.5FM Dagblad Potgooi

Loading player...
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) het 'n sy nuwe gratis en aanlyn lees-en-luisterbiblioteek bekend gestel.
Die projek is van stapel gestuur na aanleiding van gesprekke met onderwysers oor leerders se gebrekkige leesvermoëns, en onrusbarende statistiek oor die afname van leesvaardighede onder eerstejaarstudente – alles tekens dat jongmense se blootstelling aan die Afrikaanse skrifbeeld aan die kwyn is.

Die biblioteek is van nuuts af deur VivA geskep en gratis beskikbaar. Op die oomblik het ons die tekste in twee ingedeel: een groep vir jong lesers, en ʼn ander vir volwasse lesers. Elke groep tekste is in vaardigheidsvlakke ingedeel, van heel beginners waar die klank by elke woord gepas word, tot romans wat net voorgelees word. Die belangrike eienskap van die tekste in die biblioteek, is dat die klank- en skrifbeeld saam aangebied word. ʼn Gebruiker wat na die teks luister, sien dus ook terselfdertyd die skrifbeeld, en die verband tussen klank en spelling word duidelik gemaak.
6 Nov 2020 Afrikaans South Africa Entertainment News · Music Interviews

Other recent episodes

KANSA 95 jaar oud

KANSA vier vanjaar sy 95ste bestaansjaar. Elize Joubert is die uitvoerende beampte.
25 Feb 16 min

Fokus op mansgesondheid die maand

November is mansgesondheidbewustheidsmaand. Ons gesels met prof. Michael Herbst van KANSA oor prostaat- en testikulêre probleme.
25 Nov 2025 19 min

Sportverslag met Anton 24 November

Sport-foendie Anton van Niewenhuizen gesels oor die naweek se Springbok-oorwinning oor Ierland en die Proteas se aangaande kriekettoets teen Indië met Laeveld Brunch.
24 Nov 2025 9 min