Baasraak Radio

SOUTH AFRICA | WEBSITE | FACEBOOK | Broadcast schedule
© Baasraak Freek Vermaak is die Stigter en HUB van die Baasraak, 'n Multimedia-Netwerk, wat aanlyn TV, Radio, Potgooi, Publikasies en Sosiale Media uitsendings insluit.

Die Baasraak-ateljee is gebaseer in Bellville, Suid Afrika, Baasraak is 'n mediamaatskappy wat spesialiseer in die vervaardiging, verspreiding en monetisering van audio en video potgooi uitsendings. Kontak gerus vir Freek per epos by freek@baasraak.co.za vir enige navra.

Baasraak saam Coach Freek Vermaak

41 EPISODES |  Podcast, ±1 hr 07 min episode every 2 weeks, 5 days
Freek Vermaak se aangrypende lewensverhaal het aan hom die platform gebied om al vir 21 jaar ‘n inspirasie te wees vir baie. Dit bemoedig oud en jonk in tronke, skole, rehabilitasie sentrums, sport spanne, kerke en besighede met ‘n kragtige boodskap van hoop!

Freek se van is nie verniet, Vermaak nie. Hy is passievol om vermaak aan mense te verskaf wat hulle verfris en geestelik, liggaamlik en emosioneel opbou en versterk. Dit is Freek se doelwit in die lewe om sy gawes en talente te gebruik om God te verheerlik en om mense aan die Here Jesus Christus voor te stel. Freek is tans die aanbieder en vervaardiger van die 'Baasraak saam Coach Freek' Potgooi (Podcast) program. Op die program gesels hy met mede baasraakers oor hoe hulle, hul omstandighede, uitdagings, probleme en terugslae in hulle lewe baas geraak het deur God se genade.

Nuwe episodes word weekliks opgelaai. Teken in op sy kanaal om seker te maak jy mis nie uit

Manne van die Woord Boksburg

21 EPISODES |  Podcast, ±1 hr 01 min episode every 1 week, 3 days
Welkom by Manne van die Woord Boksburg se Potgooi Kanaal. Ons is 'n interkerklike gebeds- en ondersteuningsgroep waarvan manne landwyd; wat in 'n passievolle verhouding met die Here Jesus Christus staan, en wat hul regmatige posisies as konings, priesters en profete in hul huise, werksplekke, gemeentes en gemeenskappe inneem en dat ons aanspreeklikheid aanvaar vir ons dade en besluite.

Ons help die manne om in ‘n verhouding met die Here te staan, wat sal uitvloei na hul huise, werksplekke, kerke en gemeenskappe. Die man moet koning, priester en profeet wees. Ons glo dat as ‘n man uitgesorteer is, sal alles daarna in lyn wees met God se orde.

Manne van die Woord Pretoria Oos Byeenkomste

235 EPISODES |  Podcast, ±54 min episode every 3 days
Die MvdW Pta-Oos se saal byeenkoms by Choose Life Church (CLC) vind plaas op Dinsdae vanaf 06h00 tot 07h00 en word tesame gefasiliteer met MvdW DIGITAAL se Zoom byeenkomste. Ons sien uit daarna om saam met jou te kuier (by die saal, of via die Zoom deelname).

1) Jy kan gratis na die lewendige uitsending van die byeenkoms luister of kyk dit op die Baasraak Uitsaai Netwerk se webblad waar die audio (podcast) en video opnames ook beskikbaar sal wees: Luister: www.baasraak.tv/webradio
Kyk: www.baasraak.tv/kyk-nou ;

2) Vir nuwe Zoom deelnemers: Registreer asb betyds vooraf met bogenoemde Zoom link / skakel. (Onthou daar is weekliks ‘n spesifieke nuwe Zoom link vir die onderskeie byeenkomste). Na registrasie sal jy ‘n epos ontvang met die Zoom bywoning se skakel (Meeting ID en Passcode), wat nodig is om die Zoom byeenkoms by te kan woon. Skakel dan Dinsdag oggende betyds (asb ten minste 10 minute voor die byeenkoms) in by die Zoom byeenkoms deur die " Join meeting" op die Zoom applikasie te klik.

3) Julle is welkom om jul gebedsversoeke betyds aan ons deur te stuur sodat ons daaroor kan bid.

4) Die Voedsel en ander Hulpprojekte wat ons steun, is baie aktief. Ons benodig groot asb steeds finansies / donasies en gebede. Baie dankie vir almal wat die projekte so getrou steun!

5) Vir donasies ter ondersteuning van ons projekte, gebruik asb die bank rekening as volg: Manne vd Woord Pta Oos, First National Bank, Tjek/Cheque Rekening No: ‪‪62584776896‬, Takkode: 252445. Toon asb 'n duidelike verwysing bv: "Kos hulp + jou naam" sodat ons die fondse korrek kan toedeel.

Kontak ons asb as jul vrae of gebedsversoeke het, of sukkel om deel te kan neem, as volg: Andrew Meyer tov Koordinering, Byeenkomste, Hulp projekte en Gebedsversoeke: (‪‪083 271 1825‬) Jan Franken tov MvdW Pretoria Oos se Finansies en Administrasie steun: (‪‪076 172 5896‬) Gene Meyer tov Zoom byeenkomste en Operasionele steun: (‪082 822 8648‬)

Atman se Tronkdagboek

4 EPISODES |  Podcast, ±19 min episode every 2 weeks, 6 days
Ek is Willem Adriaan Samuels maar ook bekend as Attie of Atman,. Vir die afgelope 11 jaar is ek getroud met my lieflike vroutjie Olivia. Ons het nie kinders saam maar ek het twee pragtige dogters en sy twee lieflike seuns voor die huwelik. Dit word aangevul met vyf kleinseuns en een kleindogter.

As werksman van die ouens van sonop(26) was my begeerte om in die nommer te klim, maar betyds het die Here my siel kom red. My tyd in die gevangenis het eintlik kom uitwys hoe gevange ek was binne in myself. Vandaar die dringenheid by my om vrylating uit te roep vir ander.

So ook het my bediening al binne in die gevangenis begin om siele te win vir die Koninkryk. Na my vrylating het ek tien jaar by Paradyskloof Villas Retirement Village gewerk totdat God my verlede jaar Oktober voltyds in Sy diens geroep het.

Behalwe my Baasraak verpligtinge is ek ook betrokke in my eie gemeenskap om die Goeie Nuus van Jesus Christus te versprei.

Ware Pinkster Kinders - Grant Adams

3 EPISODES |  Podcast, ±24 min episode every 2 weeks, 5 days
My naam is Grant Adams ek is gebore in Kaapstad in 'n plek met die naam van Retreat. My geboorte datum is 04 September 1983. Ek is lieflik getroud met Elizabeth Adams en ons het drie lieflike kinders saam, ons het twee dogters en een seun.

Ek is 'n gewese 26 bende maar gered deur genade. Die dag toe ek hierdie 26 stam aanvaar word daar vir my gesê daar is een hek in en geen hek uit maar die woord van die Here sê in Johannes 10 vers 9 dat Jesus is die deur en wie deur Hom in gaan sal die ewige lewe beërwe en Hy sal jou ingang en jou uitgang bewaar en jy sal wyding vind. Ek beweeg in die evangelistiese bediening en is besig om siele te wen vir die koningkryk van die Here. Ek wil net die Here aanbid in gees en in waarheid. Loof die Here want Sy genade is vir my genoeg. Amen.

Kontak besonderhede

Grant Adams 0746307627
Epos - adamsgrant1991@gmail.com

Bank Besonderhede

Mr GE Adams
Capitec
Rekening nr - 1589563717
Branch code - 470010

Rivers of Living Water - Henry Jackson

6 EPISODES |  Podcast, ±33 min episode every 7 weeks
Welcome to the English Podcast Channel of the farmer from Zimbabwe, Henry Jackson.

Henry Jackson, a former pastor, businessman and farmer in Zimbabwe, currently lives in South Africa, after another land grab in Zimbabwe forced him to leave his homeland.

He and his wife, Mandy, currently live in the Karoo from where they travel extensively. Their ministry is mainly to farmers in remote areas and people in distress. The couple have been in full or part time ministry for over forty years, and has extensive experience with ministry in the workplace. Their four children and nine grandchildren all live in New Zealand.

Contact Henry by email: hdandmjackson@gmail.com

Aanbid saam met Dawie

14 EPISODES |  Podcast, ±54 min episode every 4 weeks, 4 days
Hallo my naam is Dawie Fourie. Laat my toe om jou so bietjie van myself te vertel. ek is gebore op 12 Augustus 1966 in Krugersdorp Gauteng, Een van ‘n identiese tweeling. Van kindsbeen af versot op musiek, en dit het sy hoogte punt gekry toe ek geleer was om Vader in Gees en Waarheid te kan aanbid.

Getroud met Yvette, en pa van twee kinders, Marlize en Juan en skoonseun Arno, en ook oupa van drie klein kinders, Tristian, Reuben en Mielahn. Het in 1990 tot die voltydse bediening toe getree, en is tans ‘n Kapelaan by SAPD Hoof Kantoor in Pretoria en verantwoordelik vir die opleidings basisse landwyd. Ek is ook mede leraar van Grace Outreach Gemeente, ‘n familie bediening wat ek en ‘n vriend van my in 1993 begin het. Musiek vorm ‘n baie groot deel van my lewe, en is ook ‘n groot instrument vir die verkondiging van die Evangelie van Christus. Ek is daagliks daarmee besig, en gebruik dit oral waar ek besoek in die werks omgewing en kerk om mense om my te vergarder in aanbidding tot ons Koning. Ek het reeds drie cd’s opgeneem, en is baie trots daarop.

Strome van Lewende Water - Henry Jackson

24 EPISODES |  Podcast, ±43 min episode every 1 week, 4 days
Welkom by die Afrikaanse Potgooi Kanaal van Henry Jackson, die boer van Zimbabwe.

Henry Jackson, ‘n voormalige pastoor, sakeman en boer in Zimbabwe, woon tans in Suid-Afrika, nadat nog ‘n grondbesetting in Zimbabwe hom gedwing het om sy vaderland te verlaat.

Hy en sy vrou, Mandy, woon tans in die Karoo van waar hulle breedvoerig reis. Hulle bediening is hoofsaaklik onder boere in afgeleë gebiede en mense in nood. Die egpaar is reeds vir meer as veertig jaar in deeltydse of voltydse bediening en het breedvoerige ervaring in die bediening in die werksplek. Hul vier kinders en nege kleinkinders woon almal in Nieu-Seeland.​

Kontak vir Henry per epos: hdandmjackson@gmail.com
Besoek gerus Henry se webblad: https://www.henryjackson.online/

9 channels