Stephan Pietersen van Work Accident Report gesels met Elsabe Richard May oor boerderye wat geregistreer moet wees by die Departement van Indiensneming en arbeid se vergoedingsfonds, om hulle werkers te dek teen werksbeserings.
Isabel van Tonder berig oor 'n onlangse wenner van die Graan SA/John Deere My Hero kompetisie, wat slegs 11 jaar oud is. Annerette Meyer van 'n plaas net buite Groblersdal, het reeds haar eie hoenderboerdery en boer ook met erdwurms en swart soldaatvliee, as voedselaanvulling in haar boerdery.
Digital editor Sindira Chetty gives an overview of what's in the latest edition of Farmer's Weekly, now in store. You can read more online at farmer's weekly.co.za and follow them on social media.
Siteform bestaan reeds 20 jaar en Isabel van Tonder gesels met Johan Fourie, Hoofdirekteur van Siteform, oor die nuwe dakplaatmasjien wat hulle aangeskaf het. Kliente kan nou plaaslik voorsien word van dakplate met versteekte vashegting.
Isabel van Tonder gesels met Chris Fourie, bestuurder van DMC of Dairy Management Consulting, oor die boerevereniging vergadering wat onlangs in Durbanville gehou is. Minister Steenhuisen het ook die vergadering bygewoon.
Ons vind meer uit oor probleemplante en die onkruid-oorlog wat op menige plaasgrond woed. Isabel van Tonder gesels met Prof Charlie Reinhardt, voormalige hoof van die Departement Plantproduksie en grondkunde aan die Universiteit van Pretoria. Hulle gesels oor nagblom soorte en ook die Palmer amarant, beter bekend as marog.
Indringerplante kos boere miljoene rande per jaar. Isabel van Tonder gesels met Prof Charlie Reinhardt, voormalige hoof van die Departement plant en grondkunde aan die Pretoria Universiteit, oor die probleem.
Digital editor Sindira Chetty gives an overview of what's in the latest edition of Farmer's Weekly, now in store. You can read more online at farmer'sweekly.co.za and follow them on social media.
Daar kan nou ingeskryf word vir Afrika se grootste en oudste suiwelkompetisie. Isabel van Tonder gesels met Breyton Milford, Hoofbestuurder van Agri Expo oor die suiwelkompetisie.
Johann Kotze, AgriSA se Hoof uitvoerende beampte het onlangs 'n boodskap rakende dieregesondheid gehad en ook die rol van AgriSA in die bek-en-klou krisis benadruk.
Isabel van Tonder gesels met Nico Buys, Voorsitter van die RPO in die Vrystaat, oor die bek-en-klou uitdaging in die Vrystaat en hoe die pad vorentoe lyk vir beesvleisprodusente.
Elke saad in die grond is 'n toekomstige maaltyd, Isabel van Tonder gesels met Thabo Olivier, entrepreneur en betrokke met lesings oor voedselsekuriteit. Hulle gesels oor die plant van groente en hoe om sukses daarmee te behaal.
Dr Johnny van der Merwe van AMT gesels met minister John Steenhuisen oor bek-en-klou entstowwe, wanneer dit verwag word en die bekostigbaarheid daarvan in Suid-Afrika.
1 Feb 10PM
7 min
20 – 40
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.