Skrywersfees 2015

US WOORDFEES  |  Podcast , ±48 min episodes every 3 hours  | 
Skrywers uit die boonste rakke wat gesels oor hulle jongste boeke, profiele van ons gewildste outeurs en baanbrekers en gesprekke rondom ander interessante en netelige sake rondom die skryfkuns. Die 2015 Skrywersfees bied iets vir elkeen wat in Afrikaans en Afrikaanse literatuur belangstel. iono.fm het weereens opnames gemaak van die literêre items in die Boektent, Erfurthuis en vanjaar ook Die Khaya, en sal dit stelselmatig oor die volgende paar dae beskikbaar maak.

Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
13
MAR
2015

Deon Meyer: Ikarus

Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers Op 17 Desember spoel die lyk van Ernst Richter oop in die duine anderkant Parklands — dié Ernst Richter, berugte internet-entrepreneur, baas van die omstrede webwerf Alibi.co.za, wat ’n maand tevore so onverklaarbaar en sensasioneel verdwyn het. Selfs onder normale omstandighede sou die Valke, Bennie Griessel en Vaughn Cupido gesukkel het, maar omstandighede is nie normaal nie. Want Griessel het weer aan die suip gegaan. En Cupido is verlief. Op een van die hoofverdagtes. Deon Meyer in gesprek met Elmari Rautenbach.
13
MAR
2015

Kerneels Breytenbach: Ester

Aangebied deur Human & Rousseau, ’n druknaam van NB-Uitgewers Kerneels Breytenbach gesels met Elmari Rautenbach oor Ester, sy meesleurende roman oor ’n verbode passie en ’n politieke intrige. Die roman is gebaseer op ’n werklike historiese insident en die gevolge daarvan: die ontmoeting in 1940 tussen DF Malan en ’n Duitse spioen, mev. Thyra Denk. In 1946, kry Dieter Bergman, ’n senior polisieman, instruksies om mev. Denk per trein van Windhoek na Kaapstad te vergesel – maar dié lang treinrit is maar net die begin van baie gebeure
13
MAR
2015

Hennie Aucamp: Dalk gaan niks verlore nie

Met Amanda Botha, Amanda Strydom en Dave Pepler Tydens ’n onderhoud met sy tagtigste verjaarsdag, het Hennie Aucamp gesê: “As die taal my alles bied, hoekom na iets anders soek? Afrikaans het my koninklik behandel en hiervoor sê ek baie dankie.” In hierdie gesprek bring Amanda Botha, Amanda Strydom en Dave Pepler hulde en sê ons dankie aan Hennie Aucamp, wat ook Afrikaans en sy lesers koninklik behandel het.
13
MAR
2015

Danie Smuts: Boererate

Aangebied deur Penguin Random House: Penguin het Danie Smuts se gewilde Boererate pas heruitgegee. Daniel Hugo en Martie Retief-Meiring gesels oor die ontstaansgeskiedenis van tradisionele kure vir allerlei kwinte en kwale, asook die dikwels skreeusnaakse rituele wat daarmee gepaard gaan. ’n Boeiende gesprek oor ’n pragtige stukkie Afrikanererfenis.
12
MAR
2015

Die Oscar-sage

Skrywers uit die boonste rakke wat gesels oor hulle jongste boeke, profiele van ons gewildste outeurs en baanbrekers en gesprekke rondom ander interessante en netelige sake rondom die skryfkuns. Die 2015 Skrywersfees bied iets vir elkeen wat in Afrikaans en Afrikaanse literatuur belangstel. iono.fm het weereens opnames gemaak van die literêre items in die Boektent, Erfurthuis en vanjaar ook Die Khaya, en sal dit stelselmatig oor die volgende paar dae beskikbaar maak.
12
MAR
2015

Profiel: Esta Steyn, 70

Esta Steyn verwys na haarself as ’n storieskepper. Sy debuteer in 1979 met Plek van die boskolos en het romans, jeugromans, kinderboeke, draaiboeke en skoolliedere (lirieke én musiek) op haar kerfstok. Dit is egter met Kinders van die Sabbatsee, wenner van die SARIE/ATKV-vervolgverhaalwedstryd in 1984, wat sy bekendheid verwerf het. In 1990 volg die draaiboek vir die TV-reeks Meeulanders, en toe Soutmansland, wat in 2000 uitgesaai is. Saam met hierdie uiters suksesvolle Weskusskrywer vier Danie Botha en Riana Barnard haar loopbaan en lewe.
12
MAR
2015

Marlene van der Westhuizen: Geheime van ’n Franse Kookklas

Aangebied deur Human & Rousseau, ’n druknaam van NB-Uitgewers Verbeel jou dis lente in Frankryk, in die dorpie Charroux in die Allier-département uit die Middeleeue... Met Marlene van der Westhuizen wat jou uitnooi om te kom deel in die binnewerke van een van haar kookklasse. Nanette van Rooyen gesels met Marlene oor kookklasse in Frankryk en die onderskatte weelde van die Franse kookkuns, eetkuns en leefstyl.
12
MAR
2015

Chanette Paul: Ewebeeld

Chanette Paul gesels met Madri Victor oor die mitologie sowel as Freudiaanse en Jungiaanse aspekte in haar werk. Deur diep uit die mitiese argetipes te tap, kyk Ewebeeld hoe ’n geweld-dadige samelewing vrouwees tot verskrikking kan verwring. (Aangebied deur Lapa)
12
MAR
2015

Albert Blake: Ontsnap! Boerekrygsgevangenes se strewe na vryheid

Aangebied deur Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers Pieter Kapp gesels met Albert Blake oor die mees gewaagde ontsnappingspogings uit krygsgevangenekampe tydens die Anglo-Boereoorlog – soos bymekaargebring in die skrywer se nuutste boek. Leer meer oor die Boere se vindingryke planne om weg te kom uit Britse kampe in Groenpunt en Simonstad, en die eilande Bermuda, St. Helena en Ceylon.
12
MAR
2015

Helene de Kock: Debora en seuns

Aangebied deur Human & Rousseau, ’n druknaam van NB-Uitgewers
Deborah Schlagerfeldt en haar seuns se intrek op ’n Oos-Vrystaatse dorpie is jare later steeds in geheimenis gehul. Hul buurvrou en haar dogter Margot se lewens word egter met dié van die Schlagerfeldts vervleg. Tydens die Tweede Wêreldoorlog moet Margot besluit of sy haar hart Londen toe moet volg, reguit die oorlog in. Madri Victor gesels met Helene de Kock oor haar nuwe roman, Debora en seuns.
12
MAR
2015

Stephanus Muller: Nagmusiek

Aangebied deur Fourth Wall Books Nagmusiek is aan die een kant ’n biografie van die Suid-Afrikaanse komponis Arnold van Wyk. Aan die ander kant is dit die verhaal van die ondergrondse en bogrondse reise en seksuele ontwaking van Werner Ansbach, ’n fiktiewe biograaf en begeesterde amateurmolvanger. Dit is ’n besonderse werk wat temas ondersoek soos die kuns van die biografie, Suid-Afrikaanse klassieke musiek onder ’n apartheidsregering en die ingewikkelde verhouding tussen die fiktiewe en die realiteit. Ingrid Winterbach gesels met die outeur Stephanus Muller en filmmaker Aryan Kaganof, wat ’n dokumentêr oor Nagmusiek maak. Met ’n kort uitreksel uit die dokumentêr.
12
MAR
2015

Herman Lategan: Binnekring van spookasems

Aangebied deur Jonathan Ball Herman Lategan word beskou as ’n meester van satire, met ’n oog vir alles wat foutief en uit sy plek, koddig en belaglik, mooi, snaaks en bisar is. Amanda Botha gesels met hom oor Binnekring van spookasems, ’n versameling van die beste uit Herman se weeklikse rubriek “Woorde wat wip”. Die bundel bevat ook van sy sielvolle, melancholiese stories.

53 episodes

« Back 13—24 More »