GROOTfm 90.5 Route326 met Francois en Anelma

Route326 met Francois en Anelma

Route326 met Francois en Anelma is ń spontastiese vermenging van onvoorspelbaarheid en tendense sonder grense. Hierdie dinamiese duo vergesel jou van drie tot ses en kleur jou laatmiddag in met konteks, kief klanke en koel kwinkslae. Hulle gesels met die OG's en die VIP's en bewys nie almal hoef te peak in matriek nie. Wees daar of wees ń blaar.
Monthly Afrikaans South Africa Music
860 Episodes
432 – 452

Lunch Punch: Gabi Swanepoel oor Nagtegaal

Gabi Swanepoel het tydens die musiekrealiteitsprogram, Die Kontrak seisoen 2, harte verower met haar unieke stem en plat op die aarde persoonlikheid. Sy stel haar heel eerste enkelsnit, Nagtegaal, vry.
16 May 2023 31 min

Lunch Punch: Mari Bosman oor Hooggety

Hooggety is die definisie van Rooiwyn-rock, ‘n genre wat Mari geskep het vir haar unieke musiekstyl. Rooiwyn-rock laat ‘n gevoel van nostalgie en betekenis agter, maar het steeds ‘n lekker opwindende ritme. Hooggety gaan oor iemand wat nooit liefde wou inlaat nie, totdat die regte persoon oor hul pad gekom…
11 May 2023 27 min

Lunch Punch: Die Piesangskille oor Mal Maandagaande

Die Piesangskille is seker een van die mees belowende jong opkomende groepe in ons land. Die groep bestaan uit Daniël Francois Marais en Johan Balt, wat mekaar in Potchefstroom ontmoet het, waar hulle albei tans studeer. Hulle stel hulle eerste enkelsnit en musiekvideo, Mal Maandagaande, vanaf hulle album, Almal Gly,…
8 May 2023 32 min

Lunch Punch: Reyno & Heidi Wepener oor die Boelie Issie Cool Nie film

Boelies is oral - op skool, by die werkplek en selfs in die kuberruim. Die impak wat boeliegedrag op iemand se lewe kan hê, is dikwels reusagtig en in 99% van die gevalle is dit baie negatief. Reyno Wepener, die bemarker van die ATKV-Buffelspoort-vakansieoord, is saam met sy vrou Heidi…
19 Apr 2023 27 min

Lunch Punch: Regisseur praat oor Stella Murders dokumentêr

Suid-Afrikaanse regisseur, David Enright, het homself in ware misdaad gevestig met Devilsdorp, die reuse-treffer dokumentêre reeks wat een van Showmax se 10 mees gestroomde titels van 2021 was, internasionaal verkoop is en die 2022 SAFTA gewen het vir Beste TV-dokumentêr. Sy tweede ware-misdaad dokumentêr, Stella Murders, word vandag, Vrydag, 17…
17 Mar 2023 24 min

Lunch Punch: Korrupte aanlyn-platforms

Het dit jou al oorgekom dat jy vir ‘n geleentheid deur middel van ‘n aanlyn platform kaartjies gekoop het en na die tyd vind jy uit die kaartjies is nie geldig nie… Ons gesels vandag oor hoekom gebeur dit, hoe gebeur en wat kan ons daaraan doen? Gaste: Brandon Muller…
16 Mar 2023 23 min
432 – 452