Die Mpumalanga-tak van die International Police Association (IPA) is weer aktief en gen. maj. Nico Gerber, die hoof van die Valke in die provinsie, nooi almal wat tans of voorheen in wetstoepassing gewerk het, om by hulle aan te sluit en uitreikwerk in die gemeenskap te doen.
Danika van Deventer, Miss Junior SA 2023, neem al sedert sy drie jaar oud is aan skoonheidskompetisies deel. Op Internationale Kompetisiedag gister het sy van die geheime van die bedryf met die Skedaddle-span gedeel.
National Debt Advisers sê Suid-Afrikaanse vroue raak al dieper in die skuld – teenoor mans – en dit is deels te wyte aan die geslagsloongaping. Dehan Scherman van National Debt Advisers sê Statistieke SA beraam dit op ongeveer gemiddeld 30%.
Glaudia Maulgue het na 'n Covid-verwante aflegging ontwerperswater begin verkoop. Intussen het Gin-ilicious die produkaanbieding aansienlik uitgebrei. Sy sê entrepreneurs moet vasbyt en aanhou glo in hul produk.
April is bewusmakingsmaand vir outismespektrum-versteuring (OSV). Sania Lemmer is 'n Laeveldse ouer met vier kinders op die spektrum. Sy is ook 'n onderwyser en intervensie-koördineerder wat ouers bystaan.
Vandag is Wêreld Outismedag en die hele maand word daaraan gewy om bewusmaking te kweek oor outismespektrum-versteuring (OSV). Die Indigo Smiles Autism Foundation (ISAF) is betrokke by twee groot geleenthede wat dit vier en hulp bied volgende week in die Laeveld. Stigter Cindy Coetzee vertel meer.
Die 11-jarige Miané van der Merwe van Barberton het haar eie sakeonderneming: Sy maak die oulikste poppies. Sy gesels met Amanda oor haar liefde vir naaldwerk.
Die Airlink Pumas speel vandag hul eerste tuis wedstryd in die SA Beker-toernooi wanneer hulle die gashere is vir die Oostelike Provinsie. Die pienktruie het verlede week hul veldtog met 'n oorwinning van 43-22 oor die SWD Arende in George begin. Die Pumas se wedstryd vanmiddag by Mbombela-stadion skop om…
Daar is te veel diere in Marloth Park, maar hopelik vind hulle eersdaags 'n oplossing om hulle uit te dun wat nie die uitskiet van diere in hierdie residensiële area behels nie. Cindy Benson van die belastingbetalersvereniging sê hulle baklei al agt jaar lank met die plaaslike owerheid, Nkomazi-munisipaliteit.
Wilma en Carel van Zyl het HandGebrandt begin as 'n blote stokperdjie. Mettertyd het hulle die sprong na markte gewaag en vandag is dit 'n suksesvolle tweede inkomstestroom.
’n Kampeerdery in die Kgalagadi-oorgrenspark het vroeër vandeesmaand ’n angswekkende beproewing vir die Kaapse egpaar, Gavin and Jill Allderman, geword toe ’n uitgehongerde luiperd hulle in die nag aangeval het. Dit is 'n storie wat jou hare laat rys.
Die werke van top kunstenaars van regoor die land word hierdie naweek ten toon gestel tydens 'n spesiale kunsuitstalling in Marloth Park. Gavin Choni, van die kunshandelaars The Gavin Project, vertel meer.
Hennie's het oopgemaak in Nellies met Marius Nel agter die stuur. Neels is dankbaar, en Andri hoor mense staan behoorlik tou om dié atmosferiese plek te ervaar.
Marilize van Veen, 'n bekfluitjiespeler, het onlangs Suid-Afrika verteenwoordig by die South African Championship of Performing Arts in die VSA en het met sewe silwer- en twee bronsmedaljes huis toe gekom.
Denise Smith sê kliënte verras haar elke dag met hul keuses van watter egte katoen babaklere hulle by haar koop. Sy vertel hoe Cotton Lily ontwikkel het tot spesialiseer in babaklere en watter rol haar eie dogters speel in die ontwerpproses.
20 Mar
16 min
32 – 52
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.