US Woordfees US Woordfees 2019 - Gesprekke

US Woordfees 2019 - Gesprekke

'n Samevatting van die gewildste praatjies en gesprekke tydens die US Woordfees 2019
Occasionally Afrikaans South Africa Arts
77 Episodes
4 – 24

GAAN DIE NG KERK ONDER?

Jean Oosthuizen, in gesprek met Johannes de Villiers Aangebied deur Penguin Random House Jean Oosthuizen kyk krities na die NG Kerk se geskiedenis sedert Jan van Riebeeck se aankoms in die Kaap, tot waar die kerk vandag is. In sy bestaan van meer as 350 jaar het die NG Kerk…
9 Mar 2019 58 min

MARTIE MET JOANNA TROLLOPE

Martie Meiring ontmoet vir Joanna Trollope Sy word as die doyenne van die liefdesroman beskou, is ’n blitsverkoper van wêreldfaam, het al heelparty mans gehad – die laaste kêrel heelwat jonger as haar eie nou 70+-jare, en kan skrywers wat heeltyd op Twitter is nie verduur nie. As ontvanger van…
8 Mar 2019 1 hr 03 min

20/20 - MET 'N KELKIE!

Met: Bibi Slippers, Loftus Marais, Ronelda S Kamfer, Pieter Odendaal, Ashwin Arendse, Chrystal Williams, Johann de Lange, en ander, onder leiding van Kabous Meiring 20 digters, 20 skilderye, 20 gedigte.
8 Mar 2019 54 min

DIE TRONKGESPREKKE

Willie Esterhuyse en Gerhard van Niekerk, in gesprek met Martie Meiring Aangebied deur Tafelberg Dié boek onthul hoe PW Botha reeds in 1984, te midde van die Totale Aanslag, opdrag gegee het dat sy minister van justisie, Kobie Coetsee, gesprekke met Nelson Mandela in die tronk voer. Tussen Coetsee en…
8 Mar 2019 55 min

DOODMENSLIK

Willie van der Merwe, in gesprek met René Bohnen Aangebied deur Protea Boekhuis Die onverwagse dood van sy vrou was vir die oud-Stellenbosser en filosoof Willie van der Merwe ’n dryfkrag om sy debuutbundel te voltooi. Doodmenslik handel oor religieuse ontnugtering, geklee in vele vorme. Die titel verwys enersyds na…
8 Mar 2019 58 min

DAGGABOER EN PAMINA

Annie Klopper en Jean-Pierre de Kock, in gesprek met Rachelle Greeff Aangebied deur Kwela Boeke en Human & Rousseau Skryfskoolaanbieder en self ’n bekende skrywer, Rachelle Greeff, gesels met twee jong skrywers oor hulle pad na publikasie. Jean-Pierre de Kock se ontroerende Die daggaboer is die relaas van ’n jong…
8 Mar 2019 58 min

HOE BEMAAK JY WELVAART?

OM IETS AAN JOU KINDERS OF KLEINKINDERS NA TE LAAT, HOE GROOT OF KLEIN OOK AL, IS ONS ALMAL SE DOELWIT.
8 Mar 2019 1 hr 04 min

GRONDVERJONGING: JUBELJAAR EN OORBEGIN

IN DIE OU TESTAMENT WAS DAAR 'N WONDERLIKE VERJONGINGSKUUR - DIE JUBELJAAR: "IN DIE VYFSTIGSTE JAAR MOET DAAR 'N LANDSWYE AFSKRYWING VAN SKULD GEPROKLAMEER WORD.
8 Mar 2019 54 min

EK WOU NOG SÊ

Aangebied deur Naledi en AVBOB Woorde van verlies en vertroosting in al elf landstale het behoorlik ingestroom vir die I Wish I’d Said-poësieprojek. Daarna is dit deur redakteurs in alle tale deur- gegaan, waarna die bestes vir dié ver- sameling uitgekies is. Om hulle met sulke kosbare, eerlike en dikwels…
8 Mar 2019 54 min

KARAKTERMOORD

Carina Diedericks-Hugo, in gesprek met Suzanne Paxton Aangebied deur Penguin Random House Vyftien jaar gelede ontmoet uitgewer Malan Sinclair ’n enigmatiese, suksesvolle en beeldskone digter, Anna Neethling. Sy dompel sy lewe in ’n maalkolk van destruktiewe passie. Wanneer Anna op ’n dag langs sy motor vermoor gevind word, begin die…
8 Mar 2019 54 min

DIE VERTES IN

Zirk van den Berg, in gesprek met Herman Wasserman Aangebied deur Kwela Boeke Duits Suidwes-Afrika, 1905. Die ontnugterde soldaat Siegfried Bock se pad kruis met dié van Lisbeth Löwenstein, ’n arm Jodin wat met ’n Duitse setlaar moet trou wat sy skaars ken, die Damara-man Mordegai Guruseb wat uit ’n…
8 Mar 2019 52 min

JACO WOLMARANS: BOS

Met: Rudie van Rensburg Aangebied deur Tafelberg Die bekende Kaapse fotograaf maak sy romanbuiging met ’n verhaal wat sy wortels het in sy eie reise deur Afrika en die Bosooroorlog. BOS wentel om twee bloedbroers, ’n vriendskap en totale vertroue gesmee in Angolese operasies. Maar jare ná die sluit van…
8 Mar 2019 59 min

SUSAN COETZER: SELMA & LOUISE

Met: Karien Basson Aangebied deur Human & Rousseau Selma Barnard se lewe het soos ’n kaartehuis inmekaargetuimel. Eers verloor sy haar man, toe haar kinders, en nou is haar hart gebreek deur ’n ridder op ’n wit perd. Hoe kon sy haar so misgis het? En waar was Louise, haar…
8 Mar 2019 54 min

KILLING KAROLINE

Met: Ruda Landman as gespreksleier Aangebied deur MFBooks Joburg Nie baie mense kan sê hulle ma het hulle, om haar huweliksontrouheid te verdoesel, as pasgebore baba landuit geneem, vir aanneming opgegee en in Suid-Afrika as dood laat registreer nie. Maar dis die verstommende ware verhaal van Karoline, wat as die…
8 Mar 2019 55 min

SOPHIA KAPP: KANTELPUNT

Met: Anastasia de Vries Aangebied deur LAPA Uitgewers Nellie, wat pas 50 geword het, is ’n konvensionele, wit, Afrikaanse vrou wat haar lewe lank gedoen het wat almal van haar verwag – sy’t stilgebly. Dan kantel haar wêreld en begin sy haar stem terugeis, soms met verreikende gevolge, soms teen…
8 Mar 2019 1 hr 01 min

JOHN HUNT'S 60S HILLBROW

Met: Harry Kalmer Aangebied deur Penguin Random House As die Hunt van die internasionale reklame-agentskap Hunt Lascaris, deesdae TBWA\Worldwide, bly skryf vir John Hunt sy happy place. In sy lieflike grootwordstorie The Boy Who Could Keep A Swan In His Head neem hy die leser terug na die Hillbrow van…
7 Mar 2019 52 min
4 – 24