DOODMENSLIK
--:--
Willie van der Merwe, in gesprek met René Bohnen
Aangebied deur Protea Boekhuis
Die onverwagse dood van sy vrou was vir die oud-Stellenbosser en filosoof Willie van der Merwe ’n dryfkrag om sy debuutbundel te voltooi. Doodmenslik handel oor religieuse ontnugtering, geklee in vele vorme. Die titel verwys enersyds na die eenvoudige kwaliteite van die alledaagse mens, en andersyds die fisiese en geestelike dood wat as goue draad deur die gedigte loop. Dis ’n donker bundel vol swart humor, maar met van die mooiste liefdesgedigte nóg in Afrikaans. Die bekroonde digter René Bohnen lei die gesprek.