Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans Namibia News
4,001 Episodes
1 – 20

GBV kry aandag onder Project Hope

In hul stryd teen geweld teen vroue, het die SASA! Together-inisiatief sy eerste groep van 16 gemeenskapsaktiviste en 14 leiers uit die Tobias Hainyeko-kiesafdeling in die Khomas-streek bekragtig. Charlene Uakuramenua, Project Hope Namibië se senior geslagsadviseur, het tydens die bekendstelling gesê die 30 opgeleide individue sal hul onderskeie gemeenskappe betrek…
19 May 3AM 1 min

Landbou ondersoek sonkrag, NamPower raak te duur

Die gebruik van sonkrag vir besproeiing by groenskema-projekte om elektrisiteitskoste te verminder word deur die landbou-ministerie ondersoek. Sommige projekte betaal tot 400 000 Namibiese dollar per maand aan kragrekeninge. Die sonkrag-inisiatief kan rekeninge potensieel met tot 90 persent verlaag. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jona Musheko, die ministerie se…
19 May 3AM 1 min

Trump onderskryf deur NRA, belowe om wapen-eienaarskap te beskerm

Presidentskandidaat Donald Trump is in Houston, Texas, deur die National Rifle Association onderskryf. Die vereniging is ‘n magtige liggaam in die VSA en is geallieerd met die Republikeinse-party. Trump sê hy sal alles doen om wapen-eienaarskap, ‘n uiters omstrede kwessie, in die VSA te beskerm.
19 May 3AM 1 min

Wat het geword van Otji se verwysingshospitaal?

Konstruksie van die nuwe Otjozondjupa verwysingshospitaal by Otjiwarongo sou ses jaar terug begin het. Die grond, 20 hektaar, was reeds tien jaar gelede bekom en ten duurste omhein. Daar was 720 miljoen Namibiese dollar vir die konstruksie begroot. Die destydse adjunk-gesondheidsminister Juliet Kavetuna het ses jaar gelede met NBC gepraat.
19 May 2AM 1 min

Shaningwa ontken Stina Wu was saam in China

Sophia Shaningwa, sekretaris-generaal van Swapo, het bewerings dat sy saam met die sakevrou Stina Wu en die uitvoerende hoof van die verkiesingskommissie, Petrus Shaama in China was, weerlê. Shaningwa het Vrydag uit China aangekom waar sy vergaderings met die Chinese Kommunistiese Party gehad het. Sy het met die Windhoek Observer…
19 May 12AM 1 min

Hill-Lewis vra gebede vir 11 vissermanne

Die burgemeester van Kaapstad Geordin Hill-Lewis vra gebede vir die families van die 11 vissermanne wat nog ter see vermis word nadat 'n treiler Vrydag gesink het. Die Nasionale Seereddingsinstituut en ander reddingsdienste soek steeds na die vermiste vissermanne. Die NSRI het bevestig nege van hulle kollegas is vroeër gered…
19 May 12AM 1 min

Farm 37: So lyk die beplanning

Families in Walvisbaai wat in plakkerskampe woon word tans verskuif na Farm 37 buite die dorp. Die area is bekend onder inwoners as Green Valley en kan potensieel sowat 30 000 inwoners huisves. 'n Raadslid van Walvisbaai, Ryan Gordon, het vroeër sy kommer uitgespreek dat die gebied dalk nie reg…
18 May 11PM 1 min

Nederige Usyk maak geskiedenis in Riaad

Tyson Fury het op 'n dramatiese aand in Saoedi-Arabië 'n nederlaag met 'n verdeelde-beslissingspunte gely toe Oleksandr Usyk boks se eerste viergordel onbetwiste swaargewigkampioen geword het. Fury het oortuig van 'n oorwinning gelyk voordat Usyk in trane uitgebars het toe hy as die wenner bevestig is. Dit is die 35-jarige…
18 May 11PM 1 min

'n Vyfde van Afrika-kinders onder 17 aanlyn geteister

Verdoemende nuwe verslae van twee van Afrika se voorste kinderregtegroepe het die skokkende toename in aanlyn seksuele uitbuiting en mishandeling van kinders oor die hele vasteland ontbloot. Van die bevindinge van die African Child Policy Forum en ChildFund is dat in sommige lande ongeveer 'n vyfde van kinders onder 17…
18 May 5AM 1 min

Cyril vol vertroue ANC sal wen

Die ANC-president Cyril Ramaphosa is vol vertroue oor die steun vir die party in die verkiesing van 29 Mei. Ondanks vooruitskattings van steun wat afneem, sê Ramaphosa die ANC staan steeds sterk. Hy het tydens 'n veldtog in Greytown, KwaZulu-Natal, aan ondersteuners gesê hy is seker die party se aanhangers…
18 May 5AM 1 min

Eerste stap na vrede in Sudan is bereik

Die regering van Suid-Sudan en rebelle-opposisiegroepe het 'n belofte onderteken vir 'n vredesverklaring tydens hoëvlak-bemiddelingsamesprekings in Kenia. Die ooreenkoms wil die konflik beëindig wat Suid-Sudan se ekonomie lamlê. Die besonderhede is nie bekendgemaak nie, maar dit is 'n mylpaal in die voortgesette Tumaini-inisiatiefsamesprekings. Die bemiddellaar en afgetrede Keniaanse spesiale afgevaardigde…
18 May 3AM 1 min

Troy-skieter Willem Goosen krimineel aangekla, ook poging tot moord

Kriminele klagte is teen die Grootfontein-boer Willem Goosen aanhangig gemaak. Daar is tien in totaal met twee wat poging tot moord insluit. Die sake spruit uit die skietvoorval middel April op Goosen se plaas waar die Belgiese Malinois Troy twee keer geskiet is. Hy en sy hanteerder het spoorgesny na…
18 May 2AM 1 min

Bek-en-klouseer: Regering te stadig in Oos-Kaap

Die DA sê die Departement van Landbou is traag om te reageer op die bek-en-klouseer-uitbreking in die Oos-Kaap, 'n sleutel-beesvleis-vervaardigingstreek waar hoë werkloosheid 'n probleem is. Die party sê ondanks die feit dat die siekte onder staatsbeheer val, is maatreëls wat deur plaaslike landbouliggame voorgestel is om dierebeweging te beheer,…
18 May 12AM 1 min

Copps 94.1: Haweloses raak handgemeen

Dit was weer ‘n woelige aand op Copps 94.1 met teistering van haweloses, ‘n lapa-brand en selfs ‘n man wat in ‘n vuur geval het. Francois Lottering het die Stadspolisie vergesel en doen verslag.
17 May 9PM 1 min

Arsenal jaag Premierliga-titel, eerste een in 21 jaar

Arsenal wil môre graag sy eerste Premierliga-titel in 21 jaar inpalm met die kampioenskap wat op die laaste dag van die seisoen beslis word. Arsenal is met twee punte agter Manchester City aan die bopunt van die punteleer. Die Gunners moet Everton in hulle laaste wedstryd die loef afsteek en…
17 May 9PM 1 min

Staan mans by vir geestesgesondheid: kenner

'n Stille krisis is besig om in Namibië te ontvou namate geestesgesondheidskwessies onder mans eskaleer. Daar is 'n idee dat mans taai, sterk en altyd in beheer moet wees. Om kwesbaarheid te toon of te erken dat jy oorweldig voel, word dikwels as 'n teken van swakheid gesien. Gevolglik ly…
17 May 1PM 1 min

Voormalige gyselaar vra VN om gyselaarsituasie in Gaza te beëindig

Die voormalige gyselaar in Gaza en stigter van Fair Planet, Shoshan Haran, versoek die VN se Veiligheidsraad om in te gryp met die vrylating van gyselaars in die konflik in Gaza. Sy het tydens ‘n informele byeenkoms in New York, wat deur Amerika byeengeroep is, aangedring op die vrylating van…
17 May 1PM 1 min

Namibië wil digitale kloof oorbrug

Namibië het by die wêreld aangesluit om Wêreldtelekommunikasie- en Inligtingsamelewingsdag te vier onder die tema: “Digitale Innovasie vir Volhoubare Ontwikkeling”. Die dag dien as 'n herinnering aan die eindelose geleenthede wat die digitale ruimte bied, veral in hoe digitale innovasie konnektiwiteit en volhoubare welvaart vir almal kan bevorder. Adjunk-kommunikasie-minister Modestus…
17 May 11AM 1 min

Israel sê SA is bondgenoot van Hamas

Israel beweer Suid-Afrika is 'n bondgenoot van Hamas en verdraai die feite. Israel het vanoggend sy betoog gelewer voor die Internasionale Geregshof in Den Haag, Nederland, en beskuldigings verwerp dat hy hulp aan Gaza verhoed en grense sluit. Die land beskryf Suid-Afrika se beskuldigings as ongegrond en afstootlik. Die raadgewer…
17 May 11AM 1 min
1 – 20