Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans Namibia News
4,001 Episodes
40 – 60

Dalk goeie nuus vir brandstofprys vir Junie

Petrol- en dieselpryse is tans op koers vir verlagings aan die begin van Junie. Die jongste skatting van die Sentrale Energiefonds in Suid-Afrika toon dat die prys van 95 loodvrye petrol met sowat 62c per liter kan daal, terwyl die groothandelprys van diesel met tussen 74c en 77c kan sak…
17 May 12AM 1 min

Namibië en China, konstruksie, handel en meer, onder die loep

China en Namibië het 'n sterk verhouding wat dateer vanaf Namibië se onafhanklikwording in 1990. China is Namibië se grootste bron van buitelandse belegging, wat 'n beduidende rol in die land se ontwikkeling speel. Bilaterale handel het geleidelik gegroei, met China wat Namibië se tweede grootste handelsvennoot is. China voer…
17 May 12AM 1 min

Paratus verdubbel markkapitaal op NSX

Paratus Namibia Holdings Beperk het meer as 600 miljoen Namibiese dollar ingesamel deur sy onlangse regte-uitgifte en beleggingsaksie, wat ten volle onderskryf was. Die aansienlike kapitaalinspuiting het die maatskappy se markkapitaal op die Namibië-aandelebeurs effektief verdubbel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Andrew Hall, die groep se besturende direkteur, wat…
16 May 11PM 1 min

SA het goed opgeleide, gesonde landsburgers nodig

Die Referendum Party sê daar is 'n behoefte aan verbeterde toegang tot gesondheidsorg en onderwys in Suid-Afrika. Partyleier, Phil Craig, meen 'n gesonde, goed-opgeleide bevolking is onontbeerlik vir die bou van 'n eerstewêreldland. Craig sê Suid-Afrika se gesondheidsuitdagings sal egter nie opgelos word deur 'n massa-uittog van gesondheidslui nie, en…
16 May 11PM 1 min

Impalila-eiland gaan aerodrome kry: Mutorwa

Planne om die Impalila-eiland-aerodrome te bou, wat 'n geteerde aanloopbaan en ander fasiliteite insluit, is in 'n gevorderde stadium. Adjunk-premier John Mutorwa het die aangekondig gemaak terwyl hy die belangrikheid beklemtoon het om nie net padinfrastruktuur op die eiland te ontwikkel nie, maar ook lugvervoer. Hy was op die eiland…
16 May 12PM 1 min

SA terug by Internasionale Geregshof oor volksmoord in Gaza

Suid-Afrika veroordeel Israel se voortslepende volksmoord in Gaza en sê dit het die gewete van die mensdom geskok. Die regering het na die Internasionale Geregshof in Den Haag teruggekeer om die volksmoord, wat Gaza byna vernietig het, stop te sit. Suid-Afrika se ambassadeur in Nederland, Vusi Madonsela, het Israel beskuldig…
16 May 12PM 1 min

Leeus sluit skole in Mukwe-kiesafdeling, Kavango-Oos

Vier skole in die Kavango-Oos-streek se Mukwe-kiesafdeling het klasse tydelik opgeskort weens leeus wat in die gebied rondloop. Die omgewingsake-ministerie bevestig dat drie leeus waargeneem is. Personeellede wat hul bewegings monitor meld dat die groep verdeel het, aangesien slegs die spore van 'n mannetjie en wyfie vanoggend gesien is. Kosmos…
16 May 11AM 1 min

Solidariteit waarsku oor vaardigheidstekort in metaal-, ingenieursbedryf

Die vakbond Solidariteit sê die onlangse loonooreenkoms tussen die Vereniging vir die Staal- en Ingenieursbedryf van Suider-Afrika en vakbonde in die bedingingsraad van die Metaal- en Ingenieursbedrywe kan lei tot 'n massa-uittog van ambagslui. Vakbonde is ontevrede omdat die ooreenkoms geld tot 2027, en glo dit devalueer vaardige werkers. Willie…
16 May 11AM 1 min

Doek Letterkundige Fees is op pad!

Doek, in vennootskap met Bank Windhoek, het die tweede uitgawe van die Doek Letterkundige Fees aangekondig wat van 21 tot 24 Augustus by die Goethe-Instituut in Windhoek plaasvind. Die fees is 'n tweejaarlikse geleentheid en vier die werke van skrywers, digters en visuele kunstenaars wat bygedra het tot Doek! Literêre…
16 May 10AM 1 min

Sportminister se beste wense vergesel Richelieu Eagles

Namibië se Richelieu Eagles vertrek môre na die IKR T20 Wêreldbeker in die Wes-Indiese Eilande. Hulle speel hul eerste wedstryd op 2 Junie teen Oman in Barbados. Die Namibiërs is in Groep B saam met Australië, Engeland, Oman en Skotland, en is in hulle derde agtereenvolgende wêreldbeker. Kosmos 94.1 Sportnuus…
16 May 10AM 1 min

Nuwe hospitaal in Windhoek ‘is verkiesings-truuk’

Inwoners van Windhoek se informele nedersettings het in groot getalle opgedaag by die sooispit-seremonie van die Khomas Distrikshospitaal in Havana, Windhoek. Konstruksie van die hospitaal sal na verwagting teen 2027 voltooi wees teen 'n koste van 16 miljard Namibiese dollar. Die hospitaal sal 500 beddens hê, asook onder meer geestesgesondheid,…
16 May 10AM 1 min

Honderde sal weer kan sien na katarak-chirurgiese veldtog

Die Otjozondjupa-gesondheidsdirektoraat, in samewerking met die Nasionale Blindheidvoorkomingsprogram, is besig met 'n katarak-chirurgiese veldtog by die Grootfontein-distrikshospitaal. Die veldtog word saam met chirurgiese spanne van die Windhoek Sentrale Hospitaal en internasionale vrywilligers van Duitsland en Amerika uitgevoer en duur tot 17 Mei. Die groep word gelei deur dr. Helena Ndume,…
16 May 10AM 1 min

Volksmoord-herdenkingsdag: Wat sê Riruako?

Slagoffers van die volksmoord in Namibië stem tans nie saam oor die datum waarop die herinneringsdag gehou moet word nie. Swanu verkies 28 Mei, die dag in 1908 waarop konsentrasiekampe ontbind is. Die Ovaherero opperhoof Mutjinde Katjiua asook die LPM wil hê dit moet val op 2 Oktober, die dag…
16 May 10AM 1 min

SA kleinhandelvolumes weerspieël steeds laer verbruikersvraag

FNB se senior ekonoom, Siphamandla Mkhwanazi, sê kleinhandelvolumes weerspieël steeds 'n laer verbruikersvraag-omgewing, beïnvloed deur taai inflasie, hoë rentekoerse en onderdrukte verbruikersvertroue. Die heersende streng uitleenstandaarde, te midde van verhoogde skuldhanteringskoste en kredietversuim, behoort kredietgroei redelik te beperk, wat verbruikers se vermoë verder strem om aankope te bekostig. Mkhwanazi sê…
16 May 9AM 1 min

Sal krag goedkoper word met hernubare energie? Ja!

Afrika is stadigaan besig om 'n hernubare energie-spilpunt te word. Namibië het die groen waterstof-ontwikkelings en Suid-Afrika het 'n program vir onafhanklike kragprodusente in hernubare energie. Marokko beplan om 400 MW windkrag te ontplooi deur middel van 'n publieke-private vennootskap, om net 'n paar te noem. Vrae ontstaan of dit…
16 May 9AM 1 min

Tsitsipas wil steeds verbeter by Italiaanse Ope

Tennis: Die sesde gekeurde Stefanos Tsitsipas van Griekeland sal probeer om sy goeie vorm op die kleibaan voort te sit wanneer hy vandag teen Nicolas Jarry van Chilli te staan kom in die kwarteindronde van die Italiaanse Ope. Tsitsipas het in 2021 'n loopbaan-beste bereik met die derde plek op…
16 May 8AM 1 min

Geen pogings om onwettige visvang te keer nie

Onwettige visvang in die noordoostelike riviere van die Zambezi en Okavango is 'n groot uitdaging. Die Namibiese polisie in die Zambezi-streek het verskeie waarskuwings uitgereik teen onwettige visvang deur beide buitelanders en Namibiërs. Kosmos 94.1 Nuus het met Mark Paxton van Shamvura-kamp by die Okavangorivier gesels wat sê dat geen…
16 May 8AM 1 min

Verkeer op Namibiese lughawens vertoon uiters goed

In Maart het 90 917 passasiers by die land se lughawens aangekom of vertrek, 'n styging van 24,9 persent jaar-tot-jaar. Die Namibië Statistieke-agentskap sê in sy jongste verslag Hosea Kutako Internasionale Lughawe het die grootste aandeel van 75,7 persent gehad, gevolg deur Walvisbaai met 8,5 persent en Eros-lughawe met 8…
16 May 7AM 1 min

Spookwerkers spook steeds in SA

ActionSA sê die Staatsdienskommissie moet spookwerkers in verskeie staatsdepartemente en staatsinstellings ondersoek. Navorsing deur Corruption Watch beraam daar is minstens 3 417 gevalle van onregmatige gedrag, insluitend spookwerkers, by laer- en sekondêre skole in Suid-Afrika. ActionSA-woordvoerder, Mpumi Edward, sê hulle gaan vandag ʼn memorandum met eise by die kommissie indien:
16 May 7AM 1 min
40 – 60