Ekonomiese druk plaaslik en wêreldwyd plaas ernstige druk op die land se klein besighede en informele sektore. SMEs Compete-stigter Danny Meyer sê dat entrepreneurs nou streng operasionele doeltreffendheid en slim besteding moet prioritiseer, om te oorleef.
Die kwarantyn-maatreëls in Namibië, as gevolg van die bek-en-klouseer-uitbreking het ook ‘n groot negatiewe impak op die land se jagbedryf. Jofie Lamprecht bekende beroepsjagter het dit so aan Kosmos 94.1 verwoord.
Die voortdurende beperkings op bek-en-klouseer het Namibië se vleisvoorsiening-s-ketting tot stilstand geruk, met groot slagpale wat nou korttermyn-herstrukturering en afleggings in die gesig staar. Landbou-ontleder Wallie Roux het opgemerk dat hoewel slag-bedrywighede stadig na 'n tydperk van 30 dae onder streng staat-s-riglyne kan hervat, die onmiddellike ontwrigting ernstig is en alles van plaaslike…
Die Instituut vir Openbare Beleids-navorsing daag die nuut aangestelde direkteur van die Teenkorrupsie-kommissie, Bryan Eiseb, uit... om ingrypende hervormings te bespoedig om korrupsie in openbare verkryging te bekamp. Die voorstelle sluit in 'n toegewyde korrupsie-hulplyn vir verkryging, sterker fluitjieblaser-beskerming en groter deursigtigheid in regerings-kontrakte. Die IPPR-navorser Frederico Links het vanoggend tydens…
Vandag is Skof 5 van die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet. Namibiër, Drikus Coetzee, trap steeds dat die sweet spat en die stof draai... en is tans op die pad, met Clanwilliam as sy volgende bestemming:
Die Namport Maatskaplike Beleggingsfonds het 'n vragmotor en tien vullisdromme aan die Walvisbaai Munisipaliteit oorhandig om munisipale dienslewering te bevorder en om te help om die kusdorp skoner te hou. Met die ontvangs van die skenking het die adjunkburgemeester Mina Hangula beklemtoon dat 'n florerende hawe en dorp van mekaar…
Namibië se ryk olievelde het vandeesweek opnuut opslae by die African Energy Week in Kaapstad gemaak. Mike Sangster, die senior visepresident van TotalEnergies het die Venus- en Mopane-projekte as een van die oliereus se hoogtepunte uitgelig:
Namibië se permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, Penda Naanda, sê die entstof nasionalisme tydens die COVID-19-pandemie het wêreldwye solidariteit ondermyn en ontwikkelende lande blootgestel, en Afrika waarsku teen herhaling daarvan. Namibië, wat hierdie maand die Afrika-groep by die VN voorsit, het die groep se standpunt by die 81ste Algemene…
Die Motorbedryf-personeelvereniging sê tegnologiese verandering moet werkers bevoordeel en nie net ondernemings nie, aangesien outomatisering en kunsmatige intelligensie werkplekke hervorm. Dié kwessie is by die agtste nasionale kongres van die Suid-Afrikaanse Vakbondfederasie geopper, wat fokus op die waardigheid van werkers, regte en die toekoms van werk. Die woordvoerder van MISA,…
Die Bank van Namibië en Duitsland se Deutsche Bundesbank het hul memorandum van ooreenkoms hernu om tegniese samewerking en institusionele kapasiteit in sentrale bankwese te bevorder. Die raamwerk bou voort op meer as 'n dekade van samewerking en fokus op tegniese bystand, gespesialiseerde opleiding en menslike kapitaalontwikkeling. Die sentrale bank…
Die Nasionale Vervolgingsgesag het bewerings ontken dat 'n lasbrief vir die inhegtenisneming van Jacinta Ngobese-Zuma, leier van die March and March-beweging, en haar man, Xolani, uitgereik is. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Kaizer Kganyago, sê die instelling neem onafhanklik vervolgingsbesluite wat gegrond is op die Grondwet, die wet en…
Stad Windhoek-raadslid, Mateus Shoongo, sê betroubare en toeganklike elektrisiteit bly ‘n belangrike deel van Namibië se ekonomiese groei, sosiale ontwikkeling en effektiewe munisipale dienslewering. Tydens ‘n eendag-beraad vir rolspelers in die kragvoorsiening-sektor in Windhoek, Donderdag, het Shoongo gesê dat die stad se vinnige, jaarlike groei druk op die krag-netwerk plaas…
Die Verkiesingskommissie sê hy sal die Konstitusionele Hof se uitspraak implementeer, oor die ANC se 181 uitgeslote kandidate vir die plaaslike regeringsverkiesing van 4 November. Die uitspraak volg na 'n regsgeding deur die ANC oor die indiening van sy lys. Die uitvoerende hoof van die kommissie, Sy Mamabolo, sê hulle…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die nasionale vlag by Staatshuis aan Namibië se span van 12 lede wat op pad is na die Dakar 2026 Jeug Olimpiese Spele in Senegal oorhandig. Sy het sport as 'n nasionale prioriteit onder die Sesde Nasionale Ontwikkelingsplan beklemtoon... en die jong atlete aangespoor om met…
Die Suid Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile sê beleggingsbeloftes wat deur die Limpopo-beleggingskonferensie verkry is, het 452-miljard Namibiese dollar oorskry, met meer as 71-miljard dollar reeds belê is. Tydens die 6de beleggingskonferensie het Mashatile gesê hierdie beleggings het gehelp om byna 24-duisend werksgeleenthede te skep. Mashatile sê Limpopo is goed geposisioneer…
Die Namibiese Inkomste-agentskap herinner belastingbetalers daaraan dat die finale fase van sy belasting-amnestieprogram op 31 Oktober sluit. NamRA-projekbestuurder Petra Haingura sê dat deelnemers 'n 100 persent kwytskelding van alle rente en boetes ontvang, mits hulle hul kapitaalbelastingbalans ten volle via die Itas-portaal voor die sperdatum vereffen.
Die Blou Bulle speel Saterdag teen Stade Francais in die Verenigde-rugby-kampioenskap-reeks op Loftus Versfeld in Pretoria. Die span is aangewys... en die hoof-afrigter van die Bulle, Johan Ackerman het met Kosmos 94.1 gepraat:
Met 'n bloedig-warm week agter die rug, sê die weerkantoor dat ons vandag nóg warmer sal kry, met dag-temperature wat in die noorde en noordooste van die land na verwagting bo 40 grade Celsius sal styg. 'n Koue front, môre, sal verligting en koeler weer bring, met ligte reënbuie in…
Minister van inligting en kommunikasie tegnologie, Emma Theofelus, vra Namibiërs moet verantwoordelik die internet gebruik. Theofelus het tydens die 9de Nasionale IKR-beraad in Ongwediva gepraat en veral jongmense gemaan om bewus te wees van hul digitale voetspore en aanlynaktiwiteite:
Tydens 'n polisie-ondersoek in Swakopmund se Mondesa-gebied het die 44-jarige Christian Petrus, algemeen bekend as Pepi, na bewering sy hond beveel om beamptes aan te val, waarna 'n beampte die aanstormende dier uit selfverdediging geskiet het. Petrus het hierdie week in die hof verskyn, borgtog van 1 000 Namibiese dollar…
16 Oct 12AM
1 min
100 – 120
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.