Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
120 – 140

Bulle reg vir Stade Francais-wedstryd op Loftus

Die Blou Bulle speel Saterdag teen Stade Francais in die Verenigde-rugby-kampioenskap-reeks op Loftus Versfeld in Pretoria. Die span is aangewys... en die hoof-afrigter van die Bulle, Johan Ackerman het met Kosmos 94.1 gepraat:
16 Oct 1AM 1 min

Weer: Baie warm vandag, môre koeler met ligte reënbuie

Met 'n bloedig-warm week agter die rug, sê die weerkantoor dat ons vandag nóg warmer sal kry, met dag-temperature wat in die noorde en noordooste van die land na verwagting bo 40 grade Celsius sal styg. 'n Koue front, môre, sal verligting en koeler weer bring, met ligte reënbuie in…
16 Oct 1AM 1 min

IKT-minister vra vir goeie aanlyn-gedrag

Minister van inligting en kommunikasie tegnologie, Emma Theofelus, vra Namibiërs moet verantwoordelik die internet gebruik. Theofelus het tydens die 9de Nasionale IKR-beraad in Ongwediva gepraat en veral jongmense gemaan om bewus te wees van hul digitale voetspore en aanlynaktiwiteite:
16 Oct 12AM 1 min

Hond wat Swakop-polisie aanval geskiet

Tydens 'n polisie-ondersoek in Swakopmund se Mondesa-gebied het die 44-jarige Christian Petrus, algemeen bekend as Pepi, na bewering sy hond beveel om beamptes aan te val, waarna 'n beampte die aanstormende dier uit selfverdediging geskiet het. Petrus het hierdie week in die hof verskyn, borgtog van 1 000 Namibiese dollar…
16 Oct 12AM 1 min

Omaheke-streek reg vir stryd teen BKS

Boere en ander belanghebbendes in die Omaheke-streek sê dis elkeen se verantwoordelikheid om die verspreiding van bek-en-klouseer te stuit en het daarom verskeie maatreëls voorgestel om die land se geveg teen die siekte te versterk. Van hul voorstelle sluit in die instandhouding van die Namibië-Botswana grensdraad, die oprigting van padblokkades,…
16 Oct 12AM 1 min

Elke aanpassing aan kragpryse raak alledaagse Namibiese-huishoudings

Minister van mynbou en energie, Modestus Amutse, sê elektrisiteits-verskaffers moet onthou dat enige aanpassings wat hulle aan krag-pryse maak, die alledaagse Namibiese-huishouding direk affekteer. Amutse het Donderdag met rolspelers in die kragvoorsiening-sektor vir ‘n eendag-beraad in Windhoek vergader en gesê bekostigbaarheid moet sentraal bly in Namibië se energietransformasie:
16 Oct 12AM 1 min

06:00 Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
16 Oct 12AM 4 min

Mbalula vra hersiening van DA se rol in RNE na Konstitusionele Hof-oorwinning

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, bepleit ’n hersiening van die DA se rol in die regering van nasionale eenheid ná die Konstitusionele Hof-beslissing dat 181 ANC-kandidate vir die plaaslike regeringsverkiesing wat voorheen uitgesluit is, op die lys geplaas moet word. Die DA het die ANC in die hof teengestaan…
15 Oct 11PM 1 min

Kus maak gereed vir 11 000 passasierskeep-besoekers

Die kus maak gereed vir 'n ekonomiese hupstoot aangesien Walvisbaai meer as 11 000 passasiers van internasionale passasierskepe sal verwelkom tussen Oktober en Januarie. Dit is egter 'n reuse-daling van die sowat 79 000 passasiers wat in die vorige seisoen die hawe aangedoen het. Die Gasvryheidsvereniging van Namibië se uitvoerende…
15 Oct 11PM 1 min

Mense wat wêreldwyd in armoede leef styg tot 1,2 miljard

Die Verenigde Nasies sê die aantal mense wat op verskeie vlakke van armoede leef, het die eerste keer in 15 jaar toegeneem tot 1,2-miljard. 'n Wêreldwye armoede-aanwyser toon dis 51,5-miljoen meer mense as verlede jaar. Onder die 1,2-miljard mense is 617-miljoen kinders, en 83-persent woon in landelike gebiede. Die administrateur…
15 Oct 11AM 1 min

Kaartjies vir Napha-jaarvergadering nou te koop

Kaartjies vir die Namibiese Professionele Jagtersvereniging se jaarvergadering is nou amptelik te koop. Napha se kantoorbestuurder, Kristin Maritz, sê vanjaar se byeenkoms vind plaas onder die tema "Professionaliteit versterk bewaring", met die doel om strategieë vir volhoubare wildbestuur in die kollig te plaas. Sy het meer inligting aan Kosmos 94.1…
15 Oct 11AM 1 min

Meatco blink uit in VK, selfs ná BKS-uitbreking

Meatco se bedrywighede in die Verenigde Koninkryk het 'n "STERK"-gradering in die jongste beoordeling deur Plimsoll Rating ontvang. Hierdie erkenning kom na die bek-en-klouseer uitbreking, wat toegang tot belangrike premium-uitvoermarkte ontwrig het. Plimsoll se beoordeling het 47 van die VK se toonaangewende vleis in- en -uitvoermaatskappye geëvalueer en hul finansiële…
15 Oct 11AM 1 min

Publiek welkom om landbouministerie teen BKS te help

Die landbouministerie is oop vir vrywillige hulp van lede van die publiek in die stryd teen die bek-en-klouseer-uitbreking. Lynminister Inge Zaamwani het vanmiddag aan die parlement gesê dat sy 'n lys ontvang het van individue wat aanbeveel is om die ministerie by te staan, maar dat sy steeds hul besonderhede…
15 Oct 10AM 1 min

CAN verwelkom N$1,3 miljoen vir palliatiewe fonds

Die Kankervereniging het 'n belofte van 1,3 miljoen Namibiese dollar deur die FirstRand Namibië-stigting aan sy fonds vir palliatiewe sorg verwelkom. Die vereniging sê die bydrae is 'n beduidende stap om deernisvolle en waardige gesondheidsorg vir kwesbare kankerpasiënte regoor die land te verseker. Uitvoerende hoof Rolf Hansen het aan Kosmos…
15 Oct 10AM 1 min

Wat's fout met pienk bal in swak lig, vra Pollock

Krieket: Die gewese Protea-kaptein en -snelbouler, Shaun Pollock, sê skeidsregters moet toegelaat word om van ‘n rooi na ʼn pienk bal oor te skakel sodat spel in swak lig kan voortgaan. Spel moes vroeg gestaak word op die eerste drie dae van die eerste toets tussen Suid-Afrika en Australië in…
15 Oct 9AM 1 min

Hersien Regstellende Aksie in Indiensneming-wet, hoor NV

Swapo-LP Justina Jonas het in die parlement 'n dringende hersiening van die Wet op Regstellende Aksie in Indiensneming versoek. Sy het verwys na ernstige befondsingstekorte en personeelbeperkings wat die Kommissie vir Billike Indiensneming se toesighoudende vermoëns belemmer. Jonas het volgehoue diskriminasie in die werkplek uitgelig en opgemerk dat swart werkers…
15 Oct 9AM 1 min

Teen-GBV Operasie Basadi groot sukses

Meer as 1 500 vroulike beamptes van multi-agentskap wetstoepassing en sekuriteitsektore het in September 'n landwye Operasie Basadi-veldtog gelei, wat geslagsgebaseerde geweld, kinderuitbuiting en algemene misdaad geteiken het. NamPol waarnemende inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, sê dat die verhoogde mannekrag tot talle arrestasies gelei het, wat wissel van veediefstal tot verkragtingsake…
15 Oct 8AM 1 min

'Nie net ANC' moet deur Verkiesingskommissie gehelp word

Die Afrika Mayibuye-beweging sê die Verkiesingskommissie moet dieselfde verligting aan alle politieke partye bied wat benadeel is deur probleme met aanlyn stelsels vir kandidate-benoemings. Die Konstitusionele Hof het die ANC tegemoetgekom oor 181 kandidate wie se besonderhede wel vasgelê is, maar nie finaal ingedien is nie. Woordvoerder Sydney Baloyi sê…
15 Oct 8AM 1 min

President oorhandig nasionale vlag aan Span Namibië

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het vanoggend by die Staatshuis die Namibiese nasionale vlag formeel aan Span Namibië oorhandig, vooruitlopend op die 2026-Somerjeugolimpiese Spele in Dakar, Senegal. Die Minister van die Presidensie, dr. Charles Mubita, het die span aangemoedig om eerste op diplomasie te fokus.
15 Oct 7AM 1 min
120 – 140