Kosmos 94.1 Nuus het met die Korrektiewe Diens se adjunk kommissaris-generaal Sam Shaalulange gepraat oor wat volgende is na die moordenaar Ernst Lichtenstrasser dood in sy sel aangetref is. Terwyl selfmoord vermoed word, moet ‘n lykskouing uitgevoer word. Die 64-jarige is twee lewenslange vonnisse in April 2024 opgelê vir die…
Die metaalwerkersvakbond Numsa sê hy het ʼn dooiepunt bereik in sy salarisonderhandelinge in die voertuigbedryf en ʼn staking is moontlik. Die dooiepunt het betrekking op die verhoging wat werkgewers aanbied om die onderhandelinge vir die volgende drie jaar af te handel. Numsa-woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle het ʼn 6,5-persent salarisverhoging…
Die goewerneur van Kalifornië, Gavin Newsom, het sy oog op die Withuis in 2028. Hy gee president Donald Trump baie gas aanlyn en het ‘n liefling van Demokrate in die VSA geword. Hy het met CBS Sunday Morning gepraat en sê hy wil eers verseker dat Demokrate beheer van die…
M+Z Motors en Big Boy Racing Motorsport-expo. Daar was talle geleenthede met verskeie sportkodes soos die 4x4-vasbyt, drifting en meer. Francois Lottering was daar.
President Netumbo Nandi Ndaitwah het by die Namibiese Openbare-Private Forum versoek dat afgevaardigdes eerlik moet wees oor hoe 500 000 werke geskep kan word, soos sy belowe het om te doen. Die geleentheid is deur die Namibiese Beliggingsbevordering- en Ontwikkelingsraad aangebied om werkskepping te bevorder. Rowland Brown, medestigter van Cirrus,…
Die DA doen 'n beroep op die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, om dringend Suid-Afrika se amptelike inskrywings vir die 2026 Oscar-toekennings te befonds. Die party sê privaat instellings soos MultiChoice en AFDA het reeds hul steun toegesê, terwyl die Stad Kaapstad en die Nasionale Film- en…
Die Europese Parlement het sy prioriteite vir die Verenigde Nasies se Klimaatsveranderingskonferensie in Brasilië volgende maand aanvaar. COP30 sal fokus op pogings wat nodig is om die wêreldtemperatuur tot 1,5 grade Celsius te beperk, en vordering met die finansieringsbeloftes wat by COP29 gemaak is. 'n Lid van die Europese Parlement,…
Die MK-party sê hy het sy oproep vir omvattende leefstyloudits vir alle lede van die regbank wat deur die staatskas befonds word, herhaal. Dit volg op die plofbare getuienis by die Madlanga-kommissie wat beweer dat die waarnemende regterpresident van Gauteng, regter Aubrey Ledwaba, omgekoop is vir 2,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand…
Die Nasionale Teater van Namibië, in vennootskap met die Namibiese Filmkommissie, het die terugkeer van die Namibiese Teater- en Filmtoekennings aangekondig. Dit sal op 19 Maart 2026 by die Nasionale Teater van Namibië plaasvind. Hierdie gesogte geleentheid vier die kreatiewe uitnemendheid, veerkragtigheid en kulturele impak van Namibiese teater- en film-praktisyns…
Namibië het internasionale erkenning ontvang vir sy vordering in die bekamping van finansiële misdade. Die Finansiële Aksie-taakmag het amptelik Namibië se derde vorderingsverslag aangeneem en die land geprys vir die oplossing van 11 uit 13 strategiese tekortkominge sedert dit in Februarie 2024 op die gryslys geplaas is. Die direkteur van…
Namibië is van plan om sy visumproses te vereenvoudig en 'n vyfjaarpermit vir ernstige beleggers in te stel, na aanleiding van 'n opdrag van president Netumbo Nandi-Ndaitwah. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die stigter van die Namibië Reis- en Toerismeforum, Nrupesh Soni, die idee vir sakereisigers verwelkom,…
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde het Eskom se aankondiging sterk veroordeel om teen Maart 2026 'n halfmiljoen slimmeters te installeer, ten spyte daarvan dat hulle slegs 278 000 in voorraad het. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, sê dié Eskom-plan is teen-armoede, en 'n inkomstegedrewe obsessiewe beleid wat invordering bo diens,…
Die topgekeurde Jannik Sinner het sy vierde titel van die seisoen en sy 22ste loopbaan-kroon gebuit toe hy die Weense Ope in Oostenryk gewen het. Die Italianer was een stel agter, maar het ingehaal en die Duitser, Alexander Zverev, geklop. Die 24-jarige Sinner is die eerste man wat agt ATP-eindwedstryde…
Die Motorvoertuig-ongelukkefonds het sy padveiligheidsveldtog vir die feesseisoen bekendgestel. Ruben Uupindi, die fonds se senior bestuurder van ongeluk- en beseringsvoorkoming, sê Namibië sal heel moontlik 500 sterftes op die paaie aanteken teen die einde van die jaar. Die hoof uitvoerende beampte, Rosalia Martins-Hausiku, het gepraat oor hoe ongelukslagoffers die swaarste…
Tax Justice South Africa waarsku dat die land gevaar loop om dieselfde rampspoedige foute wat met sigarette gemaak is, te herhaal tensy dringende stappe gedoen word om die land se florerende onwettige drankhandel te stop. Die stigter van Tax Justice, Yusuf Abramjee, sê die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die polisie het…
Die onlangse konferensie oor tegniese en beroepsonderwys en –opleiding het aan die lig gebring dat die TVET-sektor se bydrae tot die BBP sedert 2004, met die bekendstelling van Visie 2030, op ongeveer 15 persent gebly het. Daar is verwag dat dit teen 2030 sowat 42 persent sou wees. Kosmos 94.1…
Voormalige Amerikaanse visepresident Kamala Harris het aan die BBC gesê dat sy dalk weer vir die Withuis kan staan. Harris gesê dat sy "moontlik" eendag president sal wees en is vol vertroue dat daar in die toekoms 'n vrou in die Withuis sal wees. Sy het meningspeilings wat haar as…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het opdrag gegee dat ‘n spesiale aansporingsbeleid vir die vervaardigingsektor binne twee maande afgehandel moet wees en in werking gestel word. Die staatshoof het tydens die pasafgelope Namibiese Openbare-Private Forum ook gesê die regering is besig om verskeie belastinghervormings te implementeer om die land meer mededingend te…
'n Ekonoom verbonde aan die Noordwes-Universiteit Sakeskool, professor Raymond Parsons, sê Suid-Afrika se verwydering van die gryslys sal help om beleggersvertroue te verbeter en die koste verbonde aan oorsese finansiële transaksies te verminder. Die Finansiële Aksietaakspan het die verwydering van Suid-Afrika aangekondig nadat hy sy metodes verskerp het om geldwassery…
President Cyril Ramaphosa sê die regering van nasionale eenheid werk aan sy verbintenis tot ekonomiese groei deur lande soos Maleisië aan te moedig om in Suid-Afrika te belê. Ramaphosa, wat op 'n werksbesoek van drie lande in Asië is, het tydens die ASEAN-sake- en beleggingsberaad in Maleisië gepraat. Die president…
26 Oct 12AM
1 min
1340 – 1360
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.