Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1320 – 1340

Jamaika staal homself vir Orkaan Melissa

Jamaika se eerste minister, Andrew Holness, waarsku dat Orkaan Melissa, wat die eiland vandag sal bereik, ʼn aansienlike uitwerking op die streek kan hê. Die skaars Kategorie 5-storm bereik winde van byna 260 kilometer per uur, wat dit vanjaar die sterkste storm op aarde maak. Minstens drie mense is in…
28 Oct 12AM 1 min

Miltsiekte breek uit in Noord-Kaap

Die Vryheidsfront Plus versoek boere om te verseker hulle vee word ingeënt. Die waarskuwing volg ná 'n bevestigde miltsiekte-uitbreking op Ghaap se Berg naby Douglas in die Noord-Kaap. Die siekte, waaraan wildsbokke reeds gevrek het, hou ernstige gevare in vir vee en mense. Wynand Boshoff van die VF Plus vra…
27 Oct 11PM 1 min

Lande sal nie toetree om vrede in Gaza af te dwing nie

Indien lande gevra word om vrede in Gaza af te dwing as hulle ingevolge die Trump-skietstilstandplan ontplooi word sal hulle weier, het koning Abdullah van Jordanië aan die BBC gesê. Dit weerspieël kommer van die VSA en ander nasies dat hulle in 'n voortgesette konflik tussen Hamas en Israel, of…
27 Oct 11PM 1 min

Meer as 22 600 San kry ID-dokumente

Namibië se pogings om staatloosheid en identiteitsdokumentasie aan te pak, maak vordering. Uit die 110 620 mense wat bygestaan is in die 2024 Mass Registration Outreach, is meer as 22 600 San-individue geregistreer en het dokumente uitgereik. Woordvoerder van die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, Margaret Kalo,…
27 Oct 11AM 1 min

Alcaraz 'fikser as ooit tevore'

Tennis: Die wêreld-nommer-een, Carlos Alcaraz, sê hy is in hierdie stadium van die seisoen fikser as ooit tevore. Die Spanjaard is gedwing om hom aan die Sjanghaise Meesterstoernooi te onttrek en het langer as drie weke afgeneem om sy linkerenkel te laat herstel. Hy speel hierdie week in die Paryse…
27 Oct 11AM 1 min

CAN vier Pienk Vrydag met verkoping

Vrydag is amptelik Pienk Vrydag ter bewusmaking van borskanker. Die Kankervereniging van Namibië verkoop weer goedere aan die publiek om geld in te samel vir hulle doelwitte, wat insluit borskankerklinieke in elke streek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die uitvoerende beampte van die vereniging, Rolf Hansen, wat meer inligting…
27 Oct 11AM 1 min

LPM-leier kap regering oor ekonomie, semi-staatsinstellings

Die Landless Peoples Movement, LPM, het 'n perskonferensie gehou oor die middeltermyn-begroting. Die partyleier, Bernadus Swartbooi, het ook sy mening gelug oor ander kwessies in die land. Een van sy reaksies was oor die afdanking van die minister van energie, Natangwe Ithete, volgens Swartbooi was hy onervare in sy pos…
27 Oct 10AM 1 min

Nuwe nasionale beleid oor gestremdheid bekendgestel

Namibië het amptelik die hersiene Nasionale Beleid oor Gestremdheid, 2025, tesame met die implementeringsaksieplan bekendgestel. Hierdie beleid, wat in Julie 2025 deur die kabinet goedgekeur is, vervang die Nasionale Beleid oor Gestremdheid van 1997 en bring Namibië in lyn met internasionale standaarde. Dit is deur visepresident Lucia Witbooi bekendgestel.
27 Oct 10AM 1 min

Presidensie steeds tjoepstil oor Ithete se afdanking

Die presidensiële woordvoerder Jonas Mbambo het vroeër geweier om die rede vir die afdanking van Natangwe Ithete bekend te maak. Hy sê hy werk onder instruksie en hy het nog nie instruksie ontvang om dit bekend te maak nie. Hy het met Nampa gepraat.
27 Oct 9AM 1 min

Gaza-skietstilstand ondermyn deur Israelse aanvalle: Cyril

President Cyril Ramaphosa sê konflik en oorloë, handelsgeskille, die energieoorgang en die pas van die digitale rewolusie hervorm die internasionale orde. Hy het vandag ʼn openbare lesing by die Universiteit van Malaya in Kuala Lumpur, Maleisië gelewer, waar hy 'n eredoktorsgraad gekry het vir internasionale betrekkinge in die globale suide…
27 Oct 8AM 1 min

Sanitasie simposium ondersoek dringende kwessies

Die lynministerie het vandag die weeklange Nasionale Sanitasie Simposium in Katima Mulilo byeengeroep. Die geleentheid verteenwoordig 'n belangrike stap in Namibië se verbintenis tot volhoubare sanitasie en waterbestuur. Die simposium bring regeringsamptenare, kundiges, die burgerlike samelewing en gemeenskapsleiers bymekaar om samewerking te versterk en die nasionale sanitasie- en higiëne-agenda te…
27 Oct 8AM 1 min

SA stel revolusionêre teen-MIV inspuiting bekend

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het 'n nuwe MIV-voorkomingsinspuiting bekendgestel, bekend as Lenacapavir. Die sesmaandelikse inspuiting, wat deur Gilead ontwikkel is, kan gebruik word deur volwassenes en tieners wat meer as 35-kilogram weeg, en moet gepaardgaan met veilige seksgebruike soos die gebruik van kondome. Yuven Gounden van SAHPRA sê die…
27 Oct 8AM 1 min

Bipa hersien korporatiewe wetgewing

Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, is besig met 'n groot hersiening van Namibië se korporatiewe wetgewing om 'n meer bemagtigende sake-omgewing te skep. Die Korporatiewe Wetsontwerp poog om twee belangrike sakewette, die Maatskappyewet en die Wet op Beslote Korporasies, te vervang. Dit word as verouderd en onresponsief tot die…
27 Oct 6AM 1 min

Swart ekonomiese bemagtiging bemagtig politici

Die Forum for South Africa sê die huidige beleid oor swart ekonomiese bemagtiging het nie in sy ware doel geslaag nie. Die DA het verlede week sy Wetsontwerp oor Ekonomiese Insluiting vir Almal bekendgestel wat daarop gemik is om die land se huidige SEB-wette met ʼn inklusiewe verkrygingstelsel te vervang…
27 Oct 6AM 1 min

So lyk die Mej. Heelal-kompetisie

Die Mej. Heelal 2025-skouspel is geskeduleer om op 21 November in Thailand plaas te vind en Mej. Namibië, Johanna Swartbooi, sal meeding. Die finale lys van deelnemers is nog nie gefinaliseer nie, maar meer as 100 lande is reeds bevestig. Swartbooi het onlangs by 'n inligtingsessie oor die Mej. Heelal…
27 Oct 6AM 1 min

Ithete is 'n liggegwig, afdanking sal nie binnegevegte veroorsaak nie

Die adjunk-eerste minister en energieminister, Natangwe Ithete, is Sondag deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah afgedank. Sy het nie redes verskaf nie en het vanoggend agter geslote deure die personeel van die ministerie toegespreek nadat sy gesê sy is vir nou in beheer daarvan. Kommentators meen dat daar binnegevegte in die party…
27 Oct 6AM 1 min

Jon Bon Jovi kondig wêreldtoer vir 2026 aan

Die Amerikaanse sangerJon Bon Jovi sê hy is dankbaar om weer na die verhoog te kan terugkeer na sy stembandoperasie. Die groep het die week 'n terugkeertoer aangekondig. Die 63-jarige sanger het in 2022 'n operasie ondergaan en het drie jaar van rehabilitasie nodig gehad om die krag te herwin…
27 Oct 6AM 1 min

SAKP verwelkom Geregshof se opdrag aan Israel oor Unrwa

Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty het die raadgewende opinie van die Internasionale Geregshof verwelkom wat die Palestynse volk se reg op 'n onafhanklike en soewereine staatskap en selfbeskikking herbevestig. Pius Vilakati van die SAKP sê hierdie grondliggende reg is deur die apartheid-Israel-regime onderdruk sedert Palestina vanaf 1947 binnegeval en beset is. Hy…
27 Oct 4AM 1 min

Verrekeningsagente moet lisensies teen 31 Desember hernu

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, doen 'n beroep op alle verrekeningsagente om hul lisensies vir die 2026-kalenderjaar teen 31 Desember 2025 te hernu. Lisensies wat nie teen die sperdatum hernu word nie, sal vanaf 1 Januarie 2026 opgeskort word in ooreenstemming met die Doeane- en Aksynswet. Hernuwings kan by enige NamRA…
27 Oct 4AM 1 min
1320 – 1340