Getuie A het aan die Madlanga-kommissie gesê die soektog na die neef van die omstrede sakeman Katiso “KT” Molefe, Lucky Molefe, is nog nie afgehandel nie. Katiso word beskuldig van tenderbedrog en die moord op DJ Sumbody, en is tans uit op borgtog van 400-duisend Suid-Afrikaanse rand. Getuie A sê…
Zimbabwe se regerende Zanu-PF-party beplan om die grondwet te wysig om president Emmerson Mnangagwa, 83, se termyn met twee jaar tot 2030 te verleng, 'n stap wat opposisiepolitici as onwettig veroordeel. Die resolusie kom te midde van 'n opvolgstryd binne die party. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Suid-Afrikaanse…
Prins Andrew bly in die nuus, veral met Virginia Giuffre se memoir wat vandag vrygestel is. Sy het hom beskuldig en Jeffrey Epstein van jare lange misbruik. Daar is vrae oor of die Britse Metro-polisie ‘n kriminele ondersoek na Andrew se betrokkenheid moet las. SkyNews het die handelsminister Peter Kyle…
ActionSA in Gauteng sê die onlangse aanvalle op misdaadvoorkomingsbeamptes beklemtoon ernstige stelsel-mislukkings deur die provinsiale regering. ʼn Beampte van die Misdaadvoorkomingseenheid in Germiston is verlede week geskiet toe hy op ʼn rooftog gereageer het. Verlede maand is vyf beamptes in die hospitaal opgeneem nadat 12 gewapende verdagtes hulle in Daveyton…
Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, het verduidelik dat die tipegoedkeuringsvereiste vir elektronika by grensoorgange slegs van toepassing is op invoerders, en nie persoonlike toestelle nie. Dit kom nadat NamRA tussen April 2024 en Julie 2025 meer as 1 500 fone van buitelandse passasiers gekonfiskeer het, omdat hulle nie die nodige…
Die middeltermynbegroting word vanmiddag ter tafel gelê deur die minister van finansiesEricah Shafudah. Weens die afswaai in die diamantbedryf is daar kommer oor inkomste. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus Ekonoom Robert McGregor gepraat wat sy verwagting gee.
Mynbouaktiwiteite in die Goantagab-gebied, suidoos van Twyfelfontein in die Kunene-streek geleë, hou steeds 'n ernstige bedreiging vir plaaslike wildlewe in. Simson Uri-Khob, uitvoerende hoof van Save the Rhino Trust, het gewaarsku dat die risiko van stropery steeds hoog bly, aangesien mynwerkers al gevang is met strikke. Sy kommentaar volg op…
Die geestesgesondheid wetsontwerp is ingedien, maar Namibiërs word weereens bewus gemaak van die tekort aan menslike hulpbronne in die staatsdiens om die kwessie aan te spreek. Linekela Kalimba, senior geestesgesondheid programleier in die gesondheidministerie, gee 'n oorsig oor die klein aantal geestesgesondheidwerkers. Sy het onlangs by die inligtingministerie gepraat.
Die ANC sê die beleid oor breed-gebaseerde swart ekonomiese bemagtiging sal nie geskrap word nie. Dit volg terwyl die DA beplan om ʼn Wetsontwerp op Ekonomiese Insluiting vir Almal in te stel om SEB-wetgewing te vervang. Die party sê die wetsontwerp beoog om ʼn verkrygingstelsel te skep wat ware ekonomiese…
SLR Environmental Consulting het sy konsep-omgewings- en sosiale impakstudie en omgewingsbestuursplan vir die voorgestelde projekontwikkeling van die Venus-olieveld in Blok 2913B in PEL 56 langs die Namibiese suidkus voltooi. TotalEnergies bedryf die blok saam met sy gesamentlike ondernemingsvennote Namcor, QatarEnergy en Impact Oil and Gas. Die projek beoog onder andere…
Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta het matrieks gevra om eerlikheid en integriteit te handhaaf tydens die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen wat vandag begin. Makaneta het die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, geprys oor haar leiding met die belofte om etiese gedrag in skole te bevorder. Hy het leerders aangemoedig om gefokus…
President Donald Trump en die Australiese premier Anthony Albanese het 'n kritieke mineraal-ooreenkoms onderteken. Dit is daarop gemik om China se pogings vir die verskerping van beheer oor sy wêreldwye voorraad, teen te werk. China beheer tans ongeveer 70-persent van die ontginning van seldsame aardmetale en 90-persent van die verwerking…
The Green Connection waarsku die regering se fokus op gas- en kernenergie kan die koste van elektrisiteit vir die verbruiker opjaag. Dit volg na die aanbieding van die geïntegreerde hulpbronplan van 2 triljoen Suid-Afrikaanse rand deur die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa. Liz McDaid van die omgewingsgroep sê…
NamPol het onlangs weer twee groot dwelmbeslagleggings gemaak. Twee mense is in Hentiesbaai gearresteer na groot hoeveelhede dwelms ter waarde van 618 910 Namibiese dollar in hul huis gevind is. Oor die naweek het Ariamsvlei-grensbeamptes dwelms van sowat 3,5 miljoen dollar onder 'n bruggie naby die grens gevind. Kosmos 94.1…
Die minister van Verdediging, John Healey, sê Brittanje is gereed om soldate in Oekraïne te ontplooi indien president Donald Trump van Amerika ʼn vredesooreenkoms met Rusland bereik. Trump en die Russiese president, Vladimir Putin, beplan om binne die volgende paar weke in Hongarye te ontmoet om ʼn einde te bring…
Die chaos wat wêreldwyd veroorsaak is na Amazon se wolkdienste vir 'n aantal ure heeltemal onbeskikbaar is, het Maandagaand gedeeltelik voortgeduur. Meer as 'n duisend maatskappye is geaffekteer, volgens Downdetector, met 6,5 miljoen verslae van gebruikers wat probleme ondervind. Dit sluit in meer as 'n miljoen verslae in die VSA,…
Die UDM-vroueorganisasie sê tot die land se paroolstelsel herbou word op die beginsels van aanspreeklikheid en deursigtigheid, bly dit ʼn gevaar vir die mense wat dit veronderstel is om te beskerm. Die ouditeur-generaal se onlangse bevindings oor swakhede in die Departement van Korrektiewe Dienste ontbloot ernstige en voortslepende leemtes in…
Die Walvis Bay Truck Park and Staging Area het 'n moderne kaartjie- en skeduleringstelsel bekend gestel wat vragmotortoegang tot die hawe en belangrike logistieke terminale reguleer. Die fasiliteit sal ook veilige parkering, rusareas en noodsaaklike dienste vir bestuurders bied, wat sal help om orde op openbare paaie te herstel en…
Die regering sal jaarliks 5 miljard Namibiese dollar bestee om die gratis tersiêre onderwysbeleid te bevorder. Die 100 persent tersiêre onderwyssubsidie is deel van die regerende Swapo se manifes en beleidsdokument. Volgens Swapo is die teiken om klasgeld teen 2028 by alle staatsbeheerde hoër onderwysinstellings en TVET-sentrums uit te skakel…
21 Oct 12AM
1 min
1480 – 1500
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.