Internasionale hulp stroom na Nepal, Tibet

Loading player...
Die internasionale gemeenskap skarrel om hulp na vloedgeteisterde dele van Nepal en Tibet te kry, terwyl owerhede waarsku dat mere wat gevorm het waar die dodelike vloede begin het, besig is om te styg en kan bars. Minstens 362 mense is dood, terwyl byna 1 400 steeds vermis word, meeste daarvan toeriste. Reddingspanne sê dat hulle lyke honderde kilometers stroomaf van die rampsone gevind het in Nepal se Chitwan-distrik, naby die grens met Indië. Tientalle beseerdes is na Nepal se hoofstad, Katmandu, vervoer vir gevorderde mediese sorg. Die BBC se Azadeh Moshir berig uit Katmandu.
27 Aug 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Media 'moet verskillende menings weergee'

Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sesi Baloyi, sê die media het enorme magte en verantwoordelikhede, maar dit moet regverdig, onafhanklik en in openbare belang toegepas word. Die vooraanstaande regsgeleerde het die hooftoespraak gelewer op die redakteursforum Sanef se fondsinsamelings-dinee in Houghton, Johannesburg, met die tema "Demokrasie se volgende hoofstuk word…
23 Oct 11AM 1 min

Theofelus verdedig hersiene begroting

Inligtingminister Emma Theofelus verdedig die hersiene begroting en sê dit neem ekonomiese druk soos inflasie, bek-en-klouseer en El Niño in ag. Sy het in die Nasionale Vergadering verwys na ’n begrotingstekort van 5,9 persent vir 2025/26 en ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 65,4 persent. Sy sê die aangepaste besteding probeer dringende maatskaplike…
23 Oct 11AM 1 min

Rooi ligte oor regeringsinkomste, nes in 2015/'16: kenner

Regeringsinkomste is onder druk, onder andere weens ’n afname in die wêreldwye vraag na diamante, met inkomste wat volgens die middeltermyn-begrotingsoorsig met 1,5 miljard Namibiese dollar gedaal het. Ontleder Romé Mostert van Cirrus sê belastinginvorderings het tot vlakke soortgelyk aan dié tydens die Covid-19-pandemie teruggesak. Hy wys ook op ’n…
23 Oct 10AM 1 min