Nampol het 'n ernstige waarskuwing aan drankwinkeleienaars gerig voor die aanvang van die eksamenseisoen. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Nampol se woordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, kroeg- en shebeen-operateurs versoek om die wet na te kom en geraas te verminder. Sy sê die ontwrigting van harde musiek en…
Eerste minister Elijah Ngurare het die Nasionale Vergadering verseker dat die regering dringend stappe doen om voortgesette wateruitdagings in dele van die Oshikoto-streek aan te spreek. Hy het in antwoord op 'n vraag van die IPC se Imms Nashinge, die leier van die opposisie in die parlement, gesê dat sy…
Cosatu sê die MIV-voorkomingsmiddel, lenacapavir, sal 'n deurbraak vir Suid-Afrika wees. Dit is 'n revolusionêre, langwerkende inspuitbare middel wat ses maande se beskerming bied met slegs twee jaarlikse dosisse. Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het onthul dat hulle van voorneme is om die middel reeds in Maart volgende jaar…
Die gesondheidminister, Esperance Luvindao het 'n geestesgesondheid-wetsontwerp in die Nasionale Vergadering voorgelees. Die bestaande wetgewing dateer terug na 1973. Die wetsontwerp bestaan uit 11 gedeeltes wat onder andere handel oor die regte van pasiënte sowel as gevangenes. Daar is 'n sterk fokus op gemeenskapsgebasseerde sorg, rehabilitasie en herintegrasie. Luvindao is…
Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê die kragmeting met Eddie Jones se Japanse span op Wembley in Londen op 1 November gaan taai wees. Suid-Afrika speel op die jaareind-toer ook in Parys teen Frankryk, in Turyn teen Italië, in Dublin teen Ierland en in Cardiff teen Wallis nadat hulle vroeër dié…
'n Voorval het vanoggend in Klein Windhoek plaasgevind toe 'n swerm bye 'n tuinier en 'n verbygaande fietsryer aangeval het. Geen sterftes aangemeld nie, en beide individue is na die hospitaal vervoer vir behandeling. Byekenner David Smith het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en mense aangespoor om enige byaktiwiteit naby…
Die 4x4 Vasbyt keer terug vir die vierde uitgawe in Windhoek op Saterdag, 25 Oktober by die Tony Rust-renbaan. Bianca Oosthuizen van 4x4 Vasbyt Namibië het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die geleentheid ook “drifting” en “spinning” sal aanbied. Na 'n agt jaar lange onderbreking is die geleentheid verlede…
Politieke partye het 'n dringende perskonferensie saamgeroep om hulle misnoë uit te spreek teenoor die Verkiesingskommisie. Die kommissie het in 'n vergadering aan die partye gesê hulle gaan nie betaal vir die partye om Suid Afrika toe te gaan om die druk van die stembriewe te monitor nie. Partye moet…
Die voorsitter van die Erongo-streeksraad, Tegako Donatus, het vandag as Walvisbaai-landelike raadslid bedank. Dit volg op 'n opdrag om voormalige voorsitter Benitha Imbamba in haar pos te herstel en kom te midde van sy aanklagte van bedrog en geldwassery. Die IPC het Donatus verlede maand ingeperk en hom verhoed om…
Die Verkiesingskommissie van Namibië het die kontrak vir die druk van stembriewe vir die komende verkiesings toegeken aan die Suid-Afrikaanse maatskappy UniPrint Global, wat die laagste bod van 4,8 miljoen Namibiese dollar ingedien het. Dit is ver onder die begroting van 8,9 miljoen dollar. ECN-woordvoerder De Wet Siluka sê die…
Die DA sê hy het met groot kommer kennis geneem van Bloomberg-berigte dat laserafstandsmetingstoerusting wat deur die Suid-Afrikaanse firma LightWare Opto-electronics vervaardig is, van Russiese aanvalshommeltuie herwin is wat in die oorlog teen Oekraïne gebruik word. Chris Hattingh van die DA sê die party wil hê die Nasionale Konvensionele Wapenbeheerkomitee…
RISE Mzansi sê dis ʼn groot krisis dat slegs 11 van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se 38 vliegtuie werk. Die Polisieministerie het op ʼn vraag in die Parlement gesê 27 ondergaan tans instandhouding. Die ministerie is besig om nog 15 helikopters teen ʼn geraamde begroting van 1,1 miljard Suid-Afrikaanse rand aan…
Sokker: Die FIFA-president Gianni Infantino het Suid-Afrika gelukgewens met sy kwalifisering vir die 2026 FIFA-Wêreldbeker. Bafana Bafana het Rwanda met 3-0 verslaan en is bo-aan die punteleer in Groep C voor Nigerië en Benin. Suid-Afrika is die negende Afrika-span wat vir die uitgebreide 48-span-toernooi kwalifiseer, en sluit aan by Marokko,…
Namibië en Botswana het kragte saamgesnoer om gesondheidsorg-lewering te verbeter en 'n mylpaalooreenkoms tydens die Presidensiële Spitsberaad van die Bi-Nasionale Kommissie onderteken. Die nuwe gesondheidsooreenkoms belowe vinniger toegang tot medisyne en laer koste deur gesamentlike verkryging. Die lynministerie se woordvoerder Walters Kamaya het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hy…
Die Kommunikasiewerkersvakbond het sy woede uitgespreek omdat die SABC se totale besteding op uitvoerende direkteure tot 10,3 miljoen Suid-Afrikaanse rand gestyg het teenoor 9,9 miljoen rand in die 2024/2025-boekjaar. Die openbare uitsaaier het ʼn netto verlies van 253,3 miljoen rand getoon vergeleke met 197,8 miljoen in 2024. Die beskeie inkomstegroei…
Die Bank van Namibië het vanoggend die repokoers verlaag na 6,5 persent, teenstrydig met voorspellings vir ‘n onveranderde koers. Die bank se goewerneur Johannes !Gawaxab het die aankondiging gemaak.
Die kantoor van die eerste minister, ondersteun deur die Internasionale Atoomenergie-agentskap, bied 'n vyfdag-werkswinkel aan om die lewensvatbaarheid van kernkrag in Namibië te bepaal. Lande soos Estland en Ghana woon die werkswinkel by. Die kabinet het ook onlangs Namibië se kernkrag-strategiese plan aanvaar. Kosmos 94.1 Nuus het met energiekenner, Harald…
Namport het die hawe van Walvisbaai se lae ranglys in die 2024 Global Container Port Performance Index verdedig. Die hawe is op die 376ste plek uit 405 hawens geplaas. Namport sê groot wêreldwye ontwrigtings gedurende die verslagtydperk, insluitend die Rooi See-krisis en geopolitieke onstabiliteit, het baie rederye gedwing om om…
15 Oct 6AM
1 min
1620 – 1640
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.