Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1640 – 1660

Repokoers af: Hier's die redes, en die reaksie

Die Bank van Namibië het vanoggend die repokoers verlaag na 6,5 persent, teenstrydig met voorspellings vir ‘n onveranderde koers. Die bank se goewerneur Johannes !Gawaxab het die aankondiging gemaak.
15 Oct 6AM 1 min

Vyfdag kernkrag-werkswinkel is 'n skandaal

Die kantoor van die eerste minister, ondersteun deur die Internasionale Atoomenergie-agentskap, bied 'n vyfdag-werkswinkel aan om die lewensvatbaarheid van kernkrag in Namibië te bepaal. Lande soos Estland en Ghana woon die werkswinkel by. Die kabinet het ook onlangs Namibië se kernkrag-strategiese plan aanvaar. Kosmos 94.1 Nuus het met energiekenner, Harald…
15 Oct 6AM 1 min

Namport reageer op sy uiters lae plasing op wêreld ranglys

Namport het die hawe van Walvisbaai se lae ranglys in die 2024 Global Container Port Performance Index verdedig. Die hawe is op die 376ste plek uit 405 hawens geplaas. Namport sê groot wêreldwye ontwrigtings gedurende die verslagtydperk, insluitend die Rooi See-krisis en geopolitieke onstabiliteit, het baie rederye gedwing om om…
15 Oct 6AM 1 min

Reaksie op BoN se verlaging van repokoers

Die sentrale bank het die repokoers met 25 basispunte na 6,5 persent verlaag. Dit kom na talle ekonome voorspel het dat dit onveranderd op 6,75 persent sou gelaat word. Kosmos 94.1 Nuus het met Almandro Jansen van Simonis Storm gepraat.
15 Oct 5AM 1 min

Trump gesels oor Rusland, Oekraïne en Tomahawks

President Volodymyr Zelensky besoek die VSA Vrydag en sal samesprekings met president Donald Trump voer. Daar word verwag dat Tomahawk-missiele onder die loep sal kom. Die Oekraïne wil graag van die missiele bekom omdat hulle langafstand is en diep binne Rusland kan bereik. Trump het met die media oor die…
15 Oct 5AM 1 min

Broos het net lof vir sy spelers

Suid-Afrika kwalifiseer vir die 2026 FIFA-wêreldbeker in Amerika, Mexiko en Kanada ná ʼn oortuigende oorwinning van 3-0 teen Rwanda by die Mbombela-stadion in Mpumalanga. Doele deur Thalente Mbatha, die speler van die wedstryd Oswin Appollis, en Evidence Makgopa het aan Bafana Bafana die eerste plek in Groep C en ʼn…
15 Oct 4AM 1 min

Navo vergader vandag in Brussel

Navo vergader vandag in Brussel en daar word verwag dat nog hulp aan die Oekraïne bewillig sal word. By ‘n beraad vroeër vanjaar het lede opgestaan en 2 miljard Amerikaanse dollar in wapenaankope by die VSA vir die Oekraïne bewillig. Navo se sekretaris-generaal Mark Rutte het die VSA bedank vir…
15 Oct 4AM 1 min

Lynminister sê oor boere wat sukkel met marktoegang

Martin Lukato Lukato van die NDP het in die parlement 'n dringende vraag aan die landbouminister gerig. Volgens hom sukkel boere regoor die land om hulle koring verkoop te kry. Landbouminister Inge Zaamwani sê sy is bewus van die probleem in sekere areas, maar sal ondersoek instel.
15 Oct 3AM 1 min

Cyril gesels oor korrupsie bekamping

President Cyril Ramaphosa sê die stryd teen korrupsie moet die oppergesag van die reg erken en 'n behoorlike proses volg. Hy het tydens vraetyd in die Nasionale Raad van Provinsies die vordering uitgelig wat die Spesiale Ondersoekeenheid, die Valke en die Ondersoekdirektoraat teen korrupsie gemaak het met inhegtenisnemings, vervolging en…
15 Oct 3AM 1 min

Madlanga-kommissie vergader nie vandag nie

Die Madlanga-kommissie in Pretoria sal nie vandag vergader nie, teneinde die regsgeding op te los oor die vraag of môre se getuie agter geslote deure sal praat. Die voorsitter van die kommissie, afgetrede adjunkhoofregter, Mbuyiseli Madlanga, sê die besluit volg op voortgaande veiligheidskwessies. Intussen het getuienisleier Adila Hassim WhatsApp-boodskappe namens…
15 Oct 2AM 1 min

Starmer bevestig ondersteuning vir Gaza

Die Britse eerste minister, Keir Starmer, het aan die Laerhuis gesê die wapenstilstand in die Midde-Ooste sou nie moontlik gewees het sonder die Amerikaanse president, Donald Trump, nie. Hy beskryf die gebeure as 'n oomblik van groot verligting vir baie mense, al demp die wete van wat gebeur het van…
15 Oct 2AM 1 min

As Hamas nie ontwapen nie, doen ons dit vir hulle - Trump

Amerikaanse president Donald Trump het Woensdag by 'n Withuis perskonferensie gesê as Hamas nie wil wapens neerlê nie, sal hul wapens vir hulle neergelê word. Die nuuskonferensie was terwyl Trump Argentinië se president, Javier Milei, by die Withuis verwelkom het vir samesprekings. Milei is 'n groot ondersteuner van Trump, en…
15 Oct 1AM 1 min

Passasiersbote bring R1 miljard aan Wes-Kaap

Die DA in die Wes-Kaap sê die provinsie se toerismesektor vir plesiervaarte het in 2024/25 meer as 1 miljard Suid-Afrikaanse rand tot die provinsiale ekonomie bygedra, 'n toename van 36-persent teenoor die vorige jaar. Noko Masipa van die party, sê met 127 000 passasiers en 83 bote, ondersteun die sektor…
15 Oct 1AM 1 min

Namibië berei voor vir COP30

Namibië berei voor vir die 30ste Verenigde Nasies-klimaatkonferensie wat van 10 tot 21 November in Belém, Brasilië, sal plaasvind. Romeo Muyunda, die woordvoerder van die Omgewingsbeleggingsfonds, sê die land sal die konferensie gebruik om fondse te mobiliseer om sy klimaatsveranderingsdoelwitte, soos uiteengesit in die nasionale ontwikkelingsplanne, te bereik. Muyunda het…
15 Oct 1AM 1 min

Sauma hou jaarvergadering op Aranos

Die Stampriet Akwifer Uraanmynbouvereniging, Sauma, maak reg vir hulle jaarlikse vergadering in Aranos vandeesweek. Uraanontginning deur in-situ loging is gereeld in die nuus, veral met die regering wat nie eens is oor of eksplorasie toegeaat moet word nie. Headspring Investments wag nog vir terugvoering van die ministerie om hulle omgewingsklaringsertifikaat…
15 Oct 12AM 1 min

Baynes is op Himba se voorvaderlike grond

Gemeenskapslede in die Kunene-streek opper teenkanting teen die Baynes Hidroëlektriese-projek. Meer as 'n duisend inwoners van die streek, meestal van die Orokaue, Omaanda en Omuhonga nedersettings, het 'n petisie daaroor ingedien. Volgens 'n plaaslike navorser, Alphons Koruhama, is die dam se terrein op voorvaderlike grond. Kosmos 94.1 Nuus het met…
15 Oct 12AM 1 min

Madlanga: Beperkte mediatoegang

Afgetrede adjunkhoofregter Mbuyiseli Madlanga het beperkte mediatoegang verleen by die voortgesette ondersoek in Pretoria, terwyl vyf geheime getuies voorberei om te getuig. Die ooreenkoms tussen die kommissie, News24 en Daily Maverick laat afstandgetuienis sonder kamera's toe ten einde getuies se identiteit te beskerm, maar ook openbare toegang te verseker. Hoofgetuienisleier…
14 Oct 11PM 1 min

Vredesplan wankel effe, Israel sny hulp, skiet Palestyne dood

Israel sal volgens berigte nie die Rafah-grensoorgang tussen Gaza en Egipte vandag heropen nie en sal die vloei van hulp na die gebied verminder. Reuters berig die besluit het gekom nadat Hamas Maandag net vier van die gestorwe 28 Israeliese gyselaars se liggame terugbesorg het. In Gaza het die Palestynse…
14 Oct 11PM 1 min

Ministers kry opdrag om Botswana-ooreenkomste te onderteken

Die kabinet het die ondertekening van memorandums van verstandhouding tussen Namibië en Botswana op vyf gebiede goedgekeur. Dit is energiebronne, arbeidssamewerking en meer. Met die aankondiging van die kabinetsbesluite sê inligtingsminister Emma Theofelus dat die lynministers opdrag gegee is om die ooreenkomste te onderteken.
14 Oct 11AM 1 min
1640 – 1660