Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
180 – 200

Olieprys kan nog styg weens onsekerheid

Die prys van ru-olie het Dinsdag skerp gestyg, met Brent-olie wat vir die tweede agtereenvolgende dag tot meer as 87 Amerikaanse dollar per vat geklim het. Dit het later weer effe teruggesak na rondom 84 dollar per vat. Dit het gevolg na oor-en-weer aanvalle tussen die VSA en Iran, en…
15 Jul 11AM 1 min

Wat nou met soektog na seun se liggaam in Swakopmund?

Meer inligting is bekend oor die soektog na die 15-jarige Erwin Bezuidenhout, wat na bewering selfdood op 2 Julie by Platz am Meer in Swakopmund gepleeg het deur in die see te spring om te verdrink. Dinsdag was 'n skopgraaf gebruik om rotse van die breekwater te verwyder, maar die…
15 Jul 10AM 1 min

Wat nou met soektog na seun se liggaam in Swakopmund?

Meer inligting is bekend oor die soektog na die 15-jarige Erwin Bezuidenhout, wat na bewering selfdood op 2 Julie by Platz am Meer in Swakopmund gepleeg het deur in die see te spring om te verdrink. Dinsdag was 'n skopgraaf gebruik om rotse van die breekwater te verwyder, maar die…
15 Jul 10AM 1 min

Meeste gemarginaliseerde gemeenskappe in Otjozondjupa: verslag

Die Namibië Statistieke-agentskap het die Gemarginaliseerde Gemeenskappe-verslag, gebaseer op die 2023 bevolkings- en behuisingsdata, vandag in Windhoek bekendgestel. Die gemarginaliseerde bevolking waarna verwys word, is die San-, Ovatue- en Ovatjimba-gemeenskappe. Wat geografiese verspreiding betref, is die hoogste konsentrasie van hierdie gemeenskappe, of 31,1 persent in die Otjozondjupa-streek, en die Omaheke-streek…
15 Jul 10AM 1 min

IPC gee redes vir stadige finalisering van wette

Reaksie word steeds ontvang oor die parlement se jongste reses, met kritiek wat toeneem dat wetgewers weereens verrigtinge onderbreek het terwyl belangrike wetgewing onvoltooid bly. Die parlement het op 10 Julie verdaag en sal eers op 1 September hervat, met verskeie belangrike wetsontwerpe nog nie gefinaliseer nie. Opposisiepartye sê hulle…
15 Jul 10AM 1 min

Daar ís oplossings vir leeu-probleme, maar niks makliks

Die voortdurende konflik tussen leeus en boere in die Kunene-streek bly 'n groeiende bron van kommer, met bewaringsbewustes wat waarsku dat daar geen kitsoplossing is nie. Die Namibian Lion Trust sê 'n kombinasie van kwynende prooidiere na jare van droogte en swak veebestuur dra by tot die toename in aanvalle…
15 Jul 9AM 1 min

Moyo vol vertroue oor sy buiging vir Bokke

Rugby: Die twintigjarige losskakel, Vusi Moyo, erken dit was onwerklik om te hoor dat hy Saterdag sy Springbok-buiging in Durban sal maak. Hy is een van vier nuwelinge wat teen Wallis gaan speel in die derde ronde van die Nasieskampioenskap. Moyo se senior beroepsbuiging was verlede jaar vir die Haaie…
15 Jul 9AM 1 min

Span sal March and March-leier se moord ondersoek

Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, het ʼn multidissiplinêre span aangestel om die moord op March and March se Gautengse leier, Andile Somgaxa, te ondersoek. Hy is vroeër die maand in die oprit na sy huis in Greenfield, Johannesburg geskiet en het in die hospitaal aan sy wonde beswyk. March…
15 Jul 8AM 1 min

McIlroy soek langer major-seisoen

Gholf: Die wêreld-nommer-twee, Rory McIlroy van Noord-Ierland, vra dat die major-kampioenskap verleng word buiten die huidige vier maande. Die skedule is sewe jaar gelede ingekort toe die PGA-kampioenskap van Augustus na Mei vervroeg is. McIlroy, wat 'n sewende major-titel najaag in dié week se Britse Ope op Royal Birkdale, sê…
15 Jul 8AM 1 min

Tugprosesse teen 100 in Buffalo City

Die Oos-Kaapse regering sê tugprosesse is ingestel teen sowat 100 amptenare in Buffalo City oor onregmatige en ongemagtigde besteding. Die Nasionale Tesourie het 69 munisipaliteite in die land se Julie-befondsing weerhou. Dit sluit ses in die Oos-Kaap in: Buffalo City, Nelson Mandelabaai, Makana, Sondagsrivier-vallei, Inxuba Yethemba en Port St. Johns…
15 Jul 6AM 1 min

Moontlik dat huidige konflik in Midde-Ooste kan vererger

Daar is groot kommer oor die Midde-Oosterse konflik wat weer vlamgevat het, veral omdat dit moontlik erger kan wees as die konflik voor die skietstilstand in werking getree het. Olie is reeds 18 persent hoër as 'n week gelede en dit raak die brandstofprys. Professor André Duvenhage van Suid-Afrika is…
15 Jul 6AM 1 min

Groot pluimpie vir CCF

Die hoofkwartiere van die Cheetah Conservation Fund op Otjiwarongo is amptelik deur Indië se International Big Cat Alliance aangewys as 'n wêreldsentrum van uitnemendheid vir jagluiperdbewaring. Dit is ook 'n erkende sentrum van uitnemendheid vir hondsdolheid-bestryding deur die Global Alliance for Rabies Control. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Laurie…
15 Jul 6AM 1 min

Namfisa ondersoek beleggingsverliese van N$250m

Namfisa het 'n ondersoek begin nadat pensioenarisse en gesinne sowat 250 miljoen Namibiese dollar verloor het nadat die finansiële firma Wealth Management Solutions die fondse in die buiteland belê het. Woordvoerder Victoria Raimond het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Namfisa nou onder Fima, wat op 1 Mei in werking…
15 Jul 6AM 1 min

Laaste dag vir registrasie vir Skaap-indaba

Die LPO doen 'n beroep op skaapprodusente om deel te neem aan die Skaap-indaba wat die toekoms van die land se skaapbedryf kan beïnvloed. Produsente sal op 22 Julie in Mariental byeenkom om die vestiging van 'n produsentebesigheid binne die skaapwaardeketting en die potensiële ontwikkeling van 'n skaapuitvoerslagpale te oorweeg…
15 Jul 6AM 1 min

Die vyfde Backyard Ultra is die naweek

Namibië se 'marathon-power couple', Riana en Nico Scholtz se jaarlikse RMB Brandberg Backyard Ultra is terug die naweek op Uis. Dit is die vyfde uitgawe van die gewilde ultra-marathon en dit beloof om vet pret te wees – fiks of nie. Riana het meer.
15 Jul 5AM 1 min

Besteding by Nsfas (in administrasie) verdedig

Die Ministerie van Hoër Onderwys en Opleiding sê die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se huidige administrasie maak gebruik van 'n meer vaartbelynde en kostedoeltreffende model vir tegniese ondersteuning as vorige bestuurstrukture. Die woordvoerder van die ministerie, Matshepo Seedat, sê vier spesialisadviseurs kos bykans 10 miljoen Suid-Afrikaanse rand per jaar…
15 Jul 5AM 1 min

Kaapstad hou burgervergadering oor klimaat

Inwoners van Kaapstad word genooi om te registreer vir Suid-Afrika se eerste Burgervergadering oor Klimaat, waar 100 ewekansig-gekose deelnemers sal help om die stad se toekomstige vervoer- en klimaatbeleid te vorm. Die inisiatief, wat deur die Universiteit van Wes-Kaapland en die Universiteit Stellenbosch georganiseer word, is daarop gemik om aanbevelings…
15 Jul 4AM 1 min

Verkryging: SME's moet betrokke raak

Die finansministerie het tydens 'n inligtingsessie die belangrikheid van die beleid vir ontwikkeling en bemagtiging in openbare verkryging beklemtoon. Die ministerie beywer hom om SME's te bemagtig om deel te neem aan openbare verkryging. Pinehas Nsundano, die ministerie se adjunk-uitvoerende direkteur vir verkryging, het bekendgemaak dat verkryging ter waarde van…
15 Jul 4AM 1 min

Trump dreig Iran om ooreenkoms te onderteken

Die Amerikaanse president Donald Trump het gedreig om Iranse kragsentrales en brûe volgende week aan te val indien Teheran nie 'n ooreenkoms sluit nie. Dit volg nadat die Amerikaanse weermag gister sy vierde agtereenvolgende dag van aanvalle op Iranse teikens en sy Golf-bondgenote, Koeweit en Bahrein, uitgevoer het. Teheran het…
15 Jul 3AM 1 min
180 – 200