Die regering het bevestig dat die oorskot van 84 Namibiërs geïdentifiseer is wat in gevangenisskap in Suid-Afrika oorlede en begrawe is. 'n Hoëvlak Namibiese afvaardiging was vir vyf dae in Kaapstad om 'n historiese sending van stapel stuur om die oorskot van twee bevrydingshelde, Simon Petrus Nilenge en Festus Nehale,…
Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, erken dit was moeilik om 'n finale groep saam te stel vir die Afrikabekertoernooi vir vroue in Marokko. Die groep van 26 word môre aangekondig uit die voorlopige groep van 31 wat tans ʼn oefenkamp bywoon. Die verdedigende kampioen is saam met Ivoorkus, Burkina…
Die polisie het die afgelope 14 dae 8 896 immigrante landswyd in hegtenis geneem vir oortreding van die Immigrasiewet in 'n versterkte poging om die wet af te dwing. Van hierdie individue staar ook bykomende klagte in die gesig. Dit sluit in ernstige en geweldsmisdaad, insluitend moord, verkragting en die…
Amerikaanse president Donald Trump verwys gereed na Herbert Hoover, wat die VSA gelei het tydens die Groot Depressie wat in 1929 begin het. Hy maak herhaaldelik melding van die feit dat hy nie Herbert Hoover wil wees nie maar, nou sê 'n Amerikaanse politieke wetenskaplike, professor Robert Pape dat Trump…
Amerika se weermag het Woensdagaand ʼn nuwe reeks aanvalle teen Iran uitgevoer. Hy sê dit was gemik op Iran se militêre vermoë om vaartuie te bedreig wat vryelik deur die Straat van Hormuz beweeg. Dit volg nadat Iran beweer het hy het Amerikaanse militêre teikens in die streek aangeval, insluitend…
Die Presidensie sê president Cyril Ramaphosa is bekommerd oor onlangse ontwikkelinge rakende die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie en sy hoof, Andrea Johnson. Die reaksie volg nadat Johnson nie voor die Madlanga-kommissie van ondersoek verskyn het nie nadat sy 'n mediese sertifikaat ingedien het. Die woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya het…
Die DA vra president Cyril Ramaphosa om dringend ʼn proklamasie uit te vaardig wat die Spesiale Ondersoekeenheid toestemming gee om saam met die Staatsveiligheidsagentskap verpligte leefstyloudits uit te voer, veral in wetstoepassing en die strafregstelsel. Die Madlanga-kommissie het gehoor slegs vyf uit 823 senior leiers in die Suid-Afrikaanse Polisiediens het…
Die nuut ingehuldigde NamWater-raad besoek die Suidelike Besigheidseenheid hierdie week om bedrywighede en infrastruktuur, insluitend die Neckartaldam, te beoordeel. Uitvoerende hoof Abraham Nehemia sê dat hoewel die dam vol is, die volle ontsluiting van sy besproeiingspotensiaal nou die finale toewysing van grond en finalisering van planne vereis.
Die uittredende Britse eerste minister, Keir Starmer, sê hy is trots op alles wat hy gedurende sy tweejaar-termyn vermag het. Hy het gister die laaste keer vrae van wetgewers in die Laerhuis beantwoord. Starmer sal na verwagting Maandag die leisels aan Andy Burnham oorhandig nadat die burgemeester van Groter-Manchester Vrydag…
President Cyril Ramaphosa het die Hooggeregshof in die Wes-Kaap versoek om die Parlement se ampsklag wat verband hou met die Phala Phala-saak tydelik te staak. Die president se prokureur, Wim Trengove, het aangevoer die Parlement het nie genoeg bewyse om 'n ampsklagondersoek te regverdig nie en die president kan onbillike…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Woensdag amptelik die nasionale vlag aan die Namibiese span by Staatshuis oorhandig voor die 2026 Statebondspele in Glasgow, Skotland. Die span van 23 atlete sal van 23 Julie tot 2 Augustus meeding in atletiek, para-atletiek, boks, swem, artistieke gimnastiek en rolbal. Die president het die span…
NamRA herinner belastingbetalers en handelaars daaraan dat hulle wetlik verplig is om rekords en stawende dokumente vir 'n tydperk van vyf jaar te bewaar. Die agentskap beklemtoon dat hulle geen dokumente buite hierdie wetlike termyn sal aanvra nie, behalwe in spesifieke uitsonderings. Steven Ndorokaze, NamRA-woordvoerder.
Die parlement het vir sy middeljaar-reses verdaag sonder om enige van die sewe wetsontwerpe wat voor hom is, deur te voer. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by die LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa gekry. Na sy mening kan nie net opposisiepartye die skuld vir die vertragings kry nie. Hy meen daar is…
Namibië is op koers vir 'n rekord witmielie-oes van ongeveer 111 000 ton vanjaar, maar kommer groei oor of die land genoeg stoorkapasiteit het om dit te hanteer. Die voorsitter van die Akkerbouprodusentevereniging, Gernot Eggert, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat invoerbeheer en witmielie-prysregulering noodsaaklik bly om produsente te…
Cosatu sluit aan by die mynwerkersvakbond NUM en veroordeel De Beers se besluit om produksie by sy Venetia-myn in Limpopo vir twee jaar te staak en 'n Artikel 189A-kennisgewing uit te reik wat 1 214 werkers se voortbestaan bedreig. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê die onderneming is lank reeds…
Die Amerikaanse weermag het ontken dat sy magte 'n burgerlike koringbergingsfasiliteit in Iran getref het. Dit het Woensdag gesê dat militêre teikens getref is om Teheran se vermoë om kommersiële skeepsvaart in die Straat van Hormuz aan te val, te verswak. Iran dreig intussen om alle energie-uitvoere uit die Midde-Ooste…
Rugby: Die Springbok-hulpafrigter, Deon Davids, waarsku dat Wallis Saterdag gevaarlik kan wees juis omdat hulle heel laaste op die Nasieskampioenskaps-ranglys is. Suid-Afrika mik na 'n derde oorwinning in die kompetisie nadat hulle reeds met Engeland en Skotland afgereken het. Wallis het vir Fidji geklop, maar teen Argentinië verloor. Suid-Afrika het…
Die prys van ru-olie het Dinsdag skerp gestyg, met Brent-olie wat vir die tweede agtereenvolgende dag tot meer as 87 Amerikaanse dollar per vat geklim het. Dit het later weer effe teruggesak na rondom 84 dollar per vat. Dit het gevolg na oor-en-weer aanvalle tussen die VSA en Iran, en…
15 Jul 11AM
1 min
160 – 180
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.