Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
160 – 180

Drikus Coetzee reg vir Dag 4 van Rhino Run-fietswedren

Fietsryers skop vandag skof vier van die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet af. Drikus Coetzee van Namibië is steeds in eerste plek, en het, na drie dae in die saal, reeds 1-duisend-170 kilometer afgelê... en is tans byna 100 kilometer voor Frankryk se Stephane Lombard. Coetzee het vanoggend…
15 Oct 12AM 1 min

Tweede skoolvakansie en Heldedag padveiligheids-inisiatiewe groot sukses

Nasionale padveiligheid-operasies wat die tweede trimester skool-vakansie en Heldedag-tydperk dek, het gelei tot 'n afname van 35-persent in padsterftes op die land se belangrike hoofweë. NamPol waarnemende inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, sê dat verkeersbeamptes tydens die veldtog langs die B1- en B2-snelweë meer as 21 800 voertuie voorgekeer het. 16-duisend-500…
15 Oct 12AM 1 min

Ma van 18-jarige Karinambande Muundjua vra om vergifnis

Die ma van die 18-jarige wat Woensdag in die Okahandja-landdroshof verskyn het op aanklagte van moord op die die 5-jarige Ingrid Maasdorp en die 6-jarige Roswinds Fabianu op Okahandja, sê sy is jammer vir wat haar seun gedoen het. Selma Tjivikua het aan Nampa gesê haaar familie is geskok oor…
15 Oct 12AM 1 min

Bou van 2 voetganger-brûe oor Westelike Verbypad begin in November

Die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi sê die konstruksie van twee voetganger-brûe oor die Westelike Verbypad sal voor die einde van November afskop. Nekundi het Woensdag gereageer op ‘n vraag in die parlement deur Affirmative Repositioning-LP, George Kambala. Kambala wou weet, behalwe vir die installering van spoedhobbels, hoekom…
15 Oct 12AM 1 min

06:00 Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
15 Oct 12AM 4 min

DA vra vir beter beheer na BKS-uitbreking in Addo

Die DA vra die Oos-Kaapse regering om maatreëls te verskerp om die verspreiding van bek-en-klouseer te voorkom nadat die siekte by koedoes in die Addo-olifant Nasionale Park bevestig is. Die bron van die besmetting en enige moontlike verband met ander uitbrekings word steeds ondersoek. Die DA-lid Heinrich Müller dring aan…
14 Oct 11PM 1 min

Regering wil KI-beleid vir staatsdiens instel

Die regering gaan 'n beleid instel wat die gebruik van kunsmatige intelligensie in die staatsdiens sal rig, namate hy pogings verskerp om digitale transformasie en inklusiewe ontwikkeling te bevorder. Tydens die amptelike opening van die negende Nasionale IKT-beraad in Ongwediva het inligtingminister Emma Theofelus gesê dat stelsels veilig met mekaar…
14 Oct 11PM 1 min

Hou Sibiya agter tralies, vra beweerde slagoffers

Twee beweerde slagoffers in die verkragtings- en seksuele gereedmaking-saak teen die voormalige adjunk-nasionale polisiekommissaris Shadrack Sibiya, het die Randburg-landdroshof gevra om hom in aanhouding te hou. Hulle het in slagofferverklarings wat in die hof voorgelees is, vrese geopper oor hul veiligheid indien Sibiya op borgtog vrygelaat word. Die 16-jarige klaagster…
14 Oct 11AM 1 min

Regering skop vas teen kragoordrag-nasionalisering

Energieminister Modestus Amutse het die regering se teenkanting teen die privatisering van die nasionale elektrisiteitsnetwerk herbevestig. Hy het in 'n toespraak in die parlement vanmiddag gesê die regering sal nie toelaat dat private rolspelers beheer oor elektrisiteitsoordrag uitoefen nie. Dit kom midde 'n voortdurende geskil tussen sy ministerie en die…
14 Oct 11AM 1 min

Wapen-amnestie lewer net 15 vuurwapens op

NamPol waarnemende inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, sê daar was vanjaar 'n skerp afname in die vrywillige oorhandiging van onwettige vuurwapens tydens die Afrika-amnestiemaand veldtog. Slegs 15 vuurwapens is ingehandig, vergeleke met 86 in 2025. Oorhandigings was ook tot 'n handjievol streke beperk, wat die polisie genoop het om hul uitreikstrategie…
14 Oct 10AM 1 min

131 BKS-gevalle in ǁKharas bevestig, geen nuwe gevalle in Zambezi

Die landbouministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, sê daar is teen vandag 131 bevestigde gevalle van bek-en-klouseer aangemeld, almal in die ǁKharas-streek. Die gevalle is op 18 plase in die Karasburg-staatsveeartsdistrik gevind, en 63 011 diere is ondersoek sedert die uitbreking op 23 September bevestig is. In die Zambezi-streek, waar 'n…
14 Oct 10AM 1 min

Eksamenseisoen skop landswyd af

Die skole-eksamenseisoen het amptelik landswyd afgeskop vir meer as 98 000 kandidate, met alle vraestelle wat veilig afgelewer is. Die direkteur van die nasionale assessering en eksamens, Clementine Tsumis-Garises, waarsku dat kandidate van eksamenlokale verbied sal word sonder 'n amptelike toelatingspermit en 'n ooreenstemmende staats-identiteitsdokument, paspoort of bestuurslisensie om nabootsing…
14 Oct 10AM 1 min

Shafudah vra insette vir 2027-2030 mediumtermyn-begroting

Finansminister Ericah Shafudah vra vir openbare insette oor die volgende begroting en die raamwerk vir uitgawes oor die mediumtermyn van 2027 tot 2030, wat sy in Februarie 2027 in die parlement sal indien. Tydens die bekendmaking van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing se oop begrotingsopname-resultate in Windhoek vanoggend, het Shafudah…
14 Oct 9AM 1 min

Proteas-afrigter dink aan veranderinge vir tweede toets

Krieket: Die Proteas se afrigter, Shukri Conrad, sê dis nie nou tyd vir ondeurdagte reaksies nie na hulle nederlaag teen Australië in die eerste toets in Durban nie. Hy beklemtoon daar is geen verskonings nie, maar wys op die invloed van talle beserings, veral dié van die snelbouler Kagiso Rabada…
14 Oct 9AM 1 min

DA vra dringende ingryping na Katlehong-skietery

Die DA sê die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, en senior polisie-leierskap moet aan die parlement rekenskap gee van hul versuim om toe te slaan op die vlaag geweldsmisdade in Ekurhuleni, Gauteng. Dit volg nadat twee lede van die ANC-Jeugliga en nog twee mense dood is in ʼn verbyry-skietery…
14 Oct 8AM 1 min

Bolyf van vrou wat naby Daan Viljoen gevind is, geïdentifiseer

NamPol het die bolyf van 'n vrou wat in die Daan Viljoen-gebied gevind is, amptelik as dié van die 27-jarige Danelize Majiedt geïdentifiseer. Sy is op 30 Augustus as vermis aangemeld. Die mag se waarnemende inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, sê forensiese DNS-toetse is op die oorskot gedoen, en verdagtes word…
14 Oct 8AM 1 min

Voltooiing van bouprojekte in Windhoek daal met 41%

Die amptelike syfers vir Windhoek se bouplanne vir die jaar tot dusver bly gedemp, terwyl die kus 'n meer belowende vooruitsig toon. Dit is volgens Almandro Jansen, 'n ekonoom by Simonis Storm, wat sê dat die voltooiing van bouprojekte in die hoofstad met 41 persent gedaal het tot 186 projekte…
14 Oct 6AM 1 min

Nampol bevestig arrestasie van 18-jarige vir Okahandja-meisiemoorde

Die Namibiese polisie het die inhegtenisneming van 'n 18-jarige verdagte bevestig in verband met die moord op die vyfjarige Ingrid Maasdorp en die sewe-jarig Fabianu Rosvinds in Okahandja. Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisiemag, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, het vanoggend tydens 'n perskonferensie bevestig dat DNS-bewyse die verdagte aan die misdaadtoneel…
14 Oct 6AM 1 min

Twee lede van ANC-jeugliga in Katlehong doodgeskiet

Twee lede van die ANC-jeugliga is gisteraand in ʼn skietery by Nhlapo-seksie in Katlehong, Ekurhuleni, doodgeskiet. Vyf ander is gewond en hospitaal toe geneem vir mediese behandeling. Die skietvoorval het plaasgevind nadat die slagoffers ʼn gedenkdiens vir ʼn lid van ʼn politieke party by die Mogobeng Primary School bygewoon het…
14 Oct 5AM 1 min

Bemagtiging van vroue skep voordele vir besighede en samelewing

Veruscka Gertze, welvaartbestuurder van Old Mutual, sê dat die bemagtiging van vroue en die versterking van leierskap volhoubare voordele vir individue, organisasies, beroepe en die samelewing skep. Gertze het by die derde jaarlikse Vrouebyeenkoms gesê dat die ondersteuning van die geleentheid ooreenstem met die firma se verbintenis om geleenthede vir…
14 Oct 5AM 1 min
160 – 180