Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die regering wag op 'n ondersoek-verslag uit Frankryk na die dood van Suid-Afrika se ambassadeur, Nathi Mthethwa, in Parys. Hy is dood aangetref naby die Hyatt-hotel nadat hy Maandag as vermis aangegee is. Lamola het aan die SABC gesê die…
Die Deense eerste minister, Mette Frederiksen, sê Europa is in die gevaarlikste situasie sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog. Dit volg ná ʼn reeks vermeende Russiese skendings van die Europese Unie se lugruim die afgelope weke, wat Denemarke, Pole en Estland insluit. Moskou het dit ontken. Frederiksen waarsku Europese…
Net nege dae bly oor tot die hoogs verwagte stadion-opening by Krieket Namibië se nuwe tuisveld in Windhoek, waar die FNB Eagles teen die Proteas te staan sal kom. Die vraag na kaartjies was oorweldigend, met aanhangers wat gretig is om hierdie historiese wedstryd te beleef. In 'n onderhoud met…
Die Namibiese Bus- en Taxivereniging is in gesprek met die lynministerie om e-taxidenste soos Yango en InDrive te reguleer. Na aanleiding van vroeëre protesoptogte en 'n registrasiedatum van 30 September wat deur adjunkminister Veikko Nekundi gestel is, sê die vereniging nou dat hulle die sperdatum mag verleng. Hulle werk ook…
Die toekoms van olie in Namibië word nog steeds bevraagteken en kom met vele onsekerhede. Ekonoom dr. John Steytler waarsku teen die hulpbronvloek, of sogenaamde ‘Dutch disease’ wat veral in ontwikkelende lande voorkom en korrupsie en wanbestuur tot gevolg het. Steytler het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sy kommer…
Nog reaksie is ontvang op die sperdatum vir Agoa, of die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika wat verstryk het. Die Trump-administrasie het geen formele besprekings of verklarings daaroor uitgereik voordat die Amerikaanse regering gesluit het nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse landbou ekonoom Dr. Kobus…
Die wêreldberoemde primatoloog en diereregte-aktivis, dr. Jane Goodall, is op 91-jarige ouderdom oorlede. Die Jane Goodall-instituut het aangekondig dat sy aan natuurlike oorsake dood is terwyl sy in Kalifornië was as deel van 'n Amerikaanse toespraaktoer. Goodall se ontdekkings as 'n etoloog was rewolusionêr. Sy was die eerste om aan…
Maatskaplike kontanttoelaagbetalings begin landswyd by NamPost op Maandag, 13 Oktober. Ter voorbereiding en om moontlike haakplekke uit te stryk sal 'n loodsuitbetaling op 9 Oktober by die Okahandja- en Omitara-poskantore plaasvind, met mobiele uitbetalings by Groot Aub en Otjimbingwe. Kosmos 94.1 Nuus het met die finansministerie se woordvoerder Jonathan Swartz…
Die sesde Schumacher Bonsmara-veiling vind volgende week Dinsdag by die Agra/Bank Windhoek Ring, sowel as aanlyn plaas. Boere kan tot Maandag registreer. Kosmos 94.1 Nuus het met die teler Marc Schumacher gepraat oor die diere op aanbod.
Stad Kaapstad sê lugvaart is ʼn hoeksteen van die metro se doelwit om ekonomiese groei te bevorder. In 2024 het die Kaapstad Internasionale Lughawe meer as 10-miljoen passasiers verwelkom en 75-duisend ton vrag hanteer. Vanjaar was daar reeds ʼn toename van agt-persent in plaaslike reisigers, en ʼn styging van vyf-persent…
Die debat oor die verlaging van die stemouderdom van 18 na 16 duur voort. AR-parlementslid Tuhafeni Kalola het 'n mosie in die parlement ter tafel gelê waarin hy aanvoer dat as 16-jariges as volwasse genoeg beskou word om tot seks in te stem en aansoek te doen vir identiteitsdokumente, hulle…
Die omgewingministerie se hantering van die verwoestende brand in die Etosha Nasionale Park is opnuut onder skoot. Kenners het reeds mislukkings in verband met brandvoorkoming en bestuur beweer, maar nou word geen opgedateerde inligting oor dieresterftes en huidige toestande verskaf nie. Onstellende foto's van 'n olifant met erge derdegraadse brandwonde…
Namibië se mynbousektor se Beleggingsaantreklikheidsindeks in die Fraser Instituut-opname het met 10 punte gestyg en is nou 35ste wêreldwyd, vanaf die 42ste plek. Streeksgewys bly dit Afrika se vierde top-mynboubestemming. Volgens die Kamer van Mynwese bly die vooruitsigte vir die mynbousektor oor die algemeen optimisties. 'n Voorgestelde 51 persent plaaslike…
Die afgevaardigdes van die Global Sumud-flotielje het onderneem om sy vreedsame humanitêre sending te handhaaf terwyl hulle Gaza nader, ten spyte van aggressiewe vlootbedrywighede en intimidasie. Die afgevaardigdes vra beskerming onder internasionale reg en vra die wêreld om aandag te gee aan die onwettige blokkering van humanitêre hulp en toenemende…
Tydens die Tweede P20-vergadering van vroulike parlementariërs het die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, die dringende behoefte aan sistemiese benaderings tot geslagsgelykheid beklemtoon. Sy het uitgelig dat hoewel Namibië in 2014 begrotingsriglyne daarvoor aangeneem het, die implementering steeds swak bly, met slegs 1,5 persent van die nasionale begroting…
Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hy is tevrede met die manier waarop die groep vanjaar ontwikkel het, veral wat die diepte en verskillende sterkpunte betref. Nie een van die 36 spelers wat hy in vanjaar se Rugbykampioenskap ingespan het, was die volle 400 minute van die vyf rondes op die…
Die voorsitter van Ohlthaver & List, Sven Thieme, sê die bekendstelling van Model se vlagskip winkel by Auas Valley in die hoofstad is geskiedkundig. Die handelsmerk is in 1965 gestig deur Werner List. Die 100 persent plaaslike eienaarskap beteken dat meer inkomste in die land sal bly, wat sal help…
AfriForum verwelkom die uitspraak van die landdroshof in Oos-Londen in die Oos-Kaap wat die EFF-leier, Julius Malema, skuldig bevind het op vyf vuurwapenverwante aanklagte. Die saak spruit voort uit die party se verjaarsdag-byeenkoms in Mdantsane in 2018, waar Malema skote afgevuur het. AfriForum, wat die aanklagte aanhangig gemaak het, sê…
Namibië se nie-bank finansiële sektor het 'n belangrike mylpaal bereik met totale bates wat tot 502 miljard Namibiese dollar gestyg het. Dit is 'n toename van 4,2 persent vanaf die vorige kwartaal en 'n sprong van 12,3 persent jaar-op-jaar. Pensioenfondse, langtermynversekeraars en kollektiewe beleggingskemas beslaan nou meer as 90 persent…
1 Oct 6AM
1 min
1980 – 2000
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.