AfriForum doen 'n beroep dat mynbouaktiwiteite naby die suidelike deel van die Nasionale Krugerwildtuin dadelik gestaak moet word in die afwesigheid van omgewingsgoedkeuring en toestemming deur die grondeienaar. Die organisasie sê boorwerk en geografiese ondersoeke op grond van die Tenbosch-, Turfbelt- en Tecklenburg Ranch is onwettig, en geen omgewingsimpakstudie is…
Die goewerneur van die Oshikoto-streek, Sacky Kathindi, het 'n groeiende gemeenskapsgeleide inisiatief in die streek geprys, waar bejaarde inwoners, en toenemend plaaslike jeug, ongebruikte mahangu-lande in rysproduserende landerye omskep. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Kathindi die uitdagings van droogte, soutwater en 'n gebrek aan toerusting uitgelig, maar…
Met die sperdatum vir die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, Agoa, wat verstryk het, berig internasionale media dat die Trump-administrasie 'n verlenging van een jaar van die handelsinisiatief met Afrika suid van die Sahara steun. Sedert die aanstelling in Januarie het die administrasie nog nie voorheen 'n amptelike…
Die Stadspolisie is besig om CCTV-beeldmateriaal te bekom om te help met die soektog na die vyf manlike verdagtes wat Dinsdag 'n kleuterskool van sowat 100 000 Namibiese dollar in Kleine Kuppe in Windhoek beroof het. Die verdagtes het na bewering die ontvangsdame met 'n vuurwapen gedreig om die geld…
Die FNB-Buro vir Ekonomiese Navorsing se siviele vertrouensindeks het in die derde kwartaal van 2025 van die vorige 41 tot 43 gestyg. 'n FNB-ekonoom Siphamandla Mkhwanazi sê die styging in verbruikersentiment volg ten spyte van swakker konstruksiebedrywighede, met byna 55-persent van die respondente wat ontevrede is met saketoestande. Hy voeg…
Die Amerikaanse regering het vir die eerste keer in byna sewe jaar gesluit nadat senatore nie daarin kon slaag om 'n befondsingswetsontwerp op die nippertjie deur te voer nie. Demokrate in die Kongres het geweier om 'n Republikeinse befondsingspakket te ondersteun tensy hulle 'n reeks toegewings wat op gesondheidsorg gesentreer…
Tydens die pas afgelope Wêreld Atoomweek het IPC-parlementsleier Imms Nashinge 'n verskuiwing gevra in hoe die land sy uraanbronne hanteer. Nashinge het Namibië aangespoor om verder as rou uitvoere te beweeg en vennootskappe met kernreuse soos Rusland se Rosatom te ondersoek. Hy sê belegging in kerntegnologie en plaaslike verwerking kan…
Die Britse premier Keir Starmer waarsku dat die volgende vier jaar 'n stryd om die siel van die land teen die verregse Reform UK-party sal wees. Volgens Ipsos, 'n toonaangewende meningspeiler, sê slegs 13-persent van kiesers dat hulle tevrede is met Starmer sedert hy 15 maande gelede in die amp…
HyIron se Oshivela-projek beplan om die produksie van groen yster tot 200 000 ton per jaar teen 2026 op te skaal, na 'n suksesvolle aanvanklike fase van 15 000 ton per jaar. Hierdie uitbreiding stem ooreen met 'n geprojekteerde toename in sonkrag- en batterybergingskapasiteit en word ondersteun deur 'n aankoop-ooreenkoms…
Die motorvakbond MISA sê Suid-Afrika het te laat opgetree om nuwe handelsooreenkomste met Amerika te sluit voor die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika gister verval het. Hulle waarsku dat hierdie mislukking werksverliese in die kleinhandelmotorbedryf sal vererger waar afleggings alreeds styg. Die woordvoerder van die vereniging, Sonja Carstens,…
Amerikaanse verdedigingminister Pete Hegseth het Dinsdag diversiteitsinisiatiewe afgekraak wat volgens hom tot dekades van verval in die weermag gelei het, en aan 'n seldsame byeenkoms van bevelvoerders gesê het dat hulle moet bedank as hulle nie sy agenda ondersteun nie. Hegseth en president Donald Trump het by 'n geleentheid in…
Die DA verwelkom die positiewe tekens van ʼn omvattende handelsooreenkoms tussen Suid-Afrika en Amerika, en dat die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika dalk vir ʼn jaar verleng word. President Cyril Ramaphosa het verlede maand ʼn onderhandelingspan na Amerika gestuur om ʼn verlaging in die 30-persent tariewe op uitvoere…
Die wêreld-nommer-een, Carlos Alcaraz, het aan die Sjanghai Meesters onttrek nadat hy sy linker-enkel beseer het. Die 22-jarige Spanjaard het sy enkel in sy eerste wedstryd by die Japannese Ope beseer, maar deurgedruk, die toernooi voltooi en met sy agste ATP Toer-titel van die seisoen weggestap. Corentin Moutet van Frankryk…
President Cyril Ramaphosa betreur die dood van Suid-Afrika se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa, wat in Parys op die ouderdom van 58 oorlede is. Ramaphosa het sy meegevoel betuig met sy vrou, Philisiwe Buthelezi, sy familie en kollegas. Hy het Mthethwa geloof vir sy diens in die kabinet as minister…
In 'n mylpaal vir Indië se jagluiperd-herinvoeringsprojek was daar 26 jagluiperdgeboortes oor sewe werpsels in net drie jaar. Dit is volgens dr. Laurie Marker, uitvoerende direkteur van die Cheetah Conservation Fund. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het sy die vordering gevier sedert Namibië die eerste agt jagluiperds na…
NamPost het die aanvang van maatskaplike kontanttoelaagbetalings aangekondig wat hierdie maand begin. 'n Loodsuitbetaling sal op 9 Oktober by die Okahandja- en Omitara-poskantore plaasvind, met mobiele uitbetalings by Groot Aub en Otjimbingwe. Dit sal die gereedheid bepaal voor die volle landwye bekendstelling op Maandag, 13 Oktober. Begunstigdes word versoek om…
Die Grondwetsontwerp is heringedien in die Nasionale Vergadering en sal nou deur parlementslede gedebatteer word. Sleutelbepalings sluit in die stig van 'n Grondtribunaal om geskille rakende beide kommersiële en kommunale grond te hanteer, die skep van 'n Gemeenskaplike Grondontwikkelingsfonds, en 'n verbod op die verkryging van kommersiële en kommunale grond…
Internasionaal en Amerikaanse president Donald Trump het Hamas 'n spertyd van drie tot vier dae gestel om te reageer op sy plan vir 'n einde aan die oorlog in Gaza. Hy het aan verslaggewers gesê dit sal 'n baie hartseer einde wees as Hamas die plan verwerp. Katar se buitelandse…
In Suid-Afrika sê die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, WhatsApp-boodskappe waarby vermeende kartelbaas Vusimuzi “Cat” Matlala betrokke is, dui op pogings om tenders te beskerm en om die ontbinding van die taakspan oor politieke moorde te bevorder. In getuienis by die Madlanga-kommissie sê Khumalo dat die boodskappe tussen Matlala en…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.