Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
220 – 240

Britse moord-voortvlugtige moet eers in SA hof verskyn

Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die Britse voortvlugtige, Ndodana Tshuma, moet eers teregstaan in Suid-Afrika voordat sy uitleweringsverrigtinge kan voortgaan. Tshuma, wat in Brittanje gesoek word vir die moord op sy vrou en twee dogters, het gister in die Johannesburgse Landdroshof verskyn op aanklagte van die onwettige besit van 'n vuurwapen…
14 Jul 8AM 1 min

Aupindi waarsku oor versuim om voor komitee te verskyn

Verskeie Parlementêre Staande Komitees is tans in streke reg oor die land vir toesigbesoeke. Die komitee oor natuurlike hulpbronne, onder leiding van dr. Tobie Aupindi, het onlangs besoek afgelê by die //Kharas-streek terwyl parlementslede met hul toesighoudende besoeke in die streek begin. Hy het rolspelers gemaan dat dit verpligtend is…
14 Jul 6AM 1 min

Uitsetting van plakkers by regeringshuise verwelkom - ActionSA

ActionSA verwelkom die Gautengse Departement van Menslike Nedersettings se besluit om onwettige besetters uit regering-befondste behuising te verwyder. Die departement het tans vier hofbevele in sy guns en agt uitsettingsake in verskillende stadiums. ActionSA se woordvoerder, Omogolo Taunyane, sê onwettige besetting van regeringsbehuising ondermyn wet en orde deur staatsvoordele te…
14 Jul 6AM 1 min

Duwisib bly gesluit, sedert 2022

Namibia Wildlife Resorts bevestig dat die Duwisib-kasteel steeds gesluit is vir besoekers en tot verdere kennisgewing toe sal bly. Die kasteel is in die vroeë 1900's deur die Duitse weermagoffisier Baron Hans Heinrich von Wolf vir sy Amerikaanse bruid, Jayta, gebou. NWR se woordvoerder, Epson Kasuto, het aan Kosmos 94.1…
14 Jul 6AM 1 min

Namibië se erkenning van China oor Taiwan lok reaksie uit

Namibië se hoëvlak-staatsbesoek aan China bly reaksie uitlok. Hierdie keer het die aandag gevestig op Namibië se openbare herbevestiging dat hy China erken as die enigste wettige regering wat die hele China, Taiwan ingesluit, verteenwoordig, terwyl dit enige vorm van Taiwannese onafhanklikheid verwerp. Politieke ontleder dr. Henning Melber het bevraagteken…
14 Jul 6AM 1 min

Transworld Cargo belê groot in koueketting spilpunt

Transworld Cargo is tans besig om sy super-sentrum vir die uitvoer van vars produkte in Walvisbaai te voltooi en sal teen Oktober operasioneel wees. Dit is 'n reuse infrastruktuurprojek en meer as 170 miljoen Namibiese dollar is in die infrastruktuur belê. Dit kom na die toets-uitvoere van twee besendings vars…
14 Jul 6AM 1 min

Fosa betreur Matlala se terugtrekking van pleitooreenkoms

Die Forum for South Africa sê die vermeende misdaadbaas, Vusimuzi “Cat” Matlala, se besluit om sy pleitooreenkoms en vonnisooreenkoms terug te trek, is ʼn terugslag vir deursigtigheid en aanspreeklikheid. Nadat hy skuldig gepleit het op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery wat met die 228 miljoen Suid-Afrikaanse rand SAPD-tenderbedrogsaak verband…
14 Jul 5AM 1 min

NamRA herinner dat belastingamnestie op 31 Oktober eindig

NamRA herinner alle belastingbetalers dat die huidige belastingamnestieprogram op 31 Oktober sal eindig. Die program bied kwytskelding van alle opgeloopte rente en boetes, mits die uitstaande kapitale belasting-skuld ten volle vereffen word. Om te kwalifiseer, moet belastingbetalers op die Itas-stelsel registreer en alle uitstaande belastingopgawes akkuraat indien. NamRA se woordvoerder,…
14 Jul 5AM 1 min

Trump glo steeds in 'ooreenkoms met Iran'

Die Amerikaanse president Donald Trump sê hy glo steeds 'n ooreenkoms kan met Iran bereik word, ten spyte van hernieude militêre optrede. Die Amerikaanse weermag het gisteraand vir 'n derde agtereenvolgende nag aanvalle teen Teheran uitgevoer op militêre instellings, insluitend kusmoniteringstelsels, en hommeltuig- en missielvermoëns. Iran se Islamitiese Rewolusionêre Wag…
14 Jul 3AM 1 min

DA eis antwoorde oor besteding by Nsfas onder 'administrasie'

Die DA sê hy gaan parlementêre vrae indien waarvolgens die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, rekenskap sal moet gee oor die besluit om die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente onder administrasie te plaas. Die party vra ook volledige besonderhede oor die aangestelde adviseurs, hul rolle, vergoeding en…
14 Jul 3AM 1 min

Otjikondo-brand onder beheer gebring

Die brand wat Maandag Wes van Outjo ontstaan het is onder beheer gebring en nasorg word nou gedoen deur boere in die omgewing. Die NDF en die omgewingsministerie se bosboudepartement het ook Maandag hand bygesit. Boer Paul Laas sê die brandlyn word nou gestap en voorbereidings word getref indien dit…
14 Jul 2AM 1 min

Sportministerie klaar finansiële steun-brief uit

Die sportministerie het sy posisie verduidelik rakende onlangse korrespondensie aan die Namibiese Sportkommissie oor versoeke vir finansiële steun van sportliggame en sportsambreelliggame. Die ministerie verseker belanghebbendes dat die regering steeds verbind is tot die ontwikkeling en bevordering van sport. Sophie Tendane, een van die ministerie se kommunikasie beamptes, het wanpersepsies…
14 Jul 2AM 1 min

McCullum sê jammer oor swak vertoning

Brendon McCullum het om verskoning gevra vir Engeland se swak toetsuitslae teen die einde van sy termyn as afrigter. Die Nieu-Seelander is as die toetshoofafrigter afgedank na 'n teleurstellende 4-1-pakslae in die reeks om die As in Australië, asook agt nederlae in die span se laaste 12 toetse. McCullum bly…
14 Jul 2AM 1 min

Misa eis aanspreeklikheid vir onbetaalde pensioen

Die Motorbedryf-personeelvereniging vra dat munisipale bestuurders, burgemeesters en raadslede persoonlik aanspreeklik gehou moet word vir onbetaalde pensioenbydraes wat deur munisipaliteite verskuldig is. Volgens die vakbond skuld munisipaliteite werkers na raming 1,7 miljard Suid-Afrikaanse rand nadat hulle nie geld wat van werknemers se salarisse afgetrek is in die pensioenfondse oorbetaal het…
14 Jul 2AM 1 min

VK plaas verbod op Iran se Wagkorps

Die Britse regering sê hy gaan alle ondersteuning aan Iran se Islamitiese Rewolusionêre Wagkorps verbied, wat verbind word met doodsdreigemente, aanvalle en intimidasie in Brittanje. Die verbod volg na onlangse aanvalle op Joodse persele in Londen. Twee ander groepe word ook verban: die Islamitiese Beweging van Metgeselle van die Regte…
14 Jul 1AM 1 min

Gesondheid sê cholera is verby

Die gesondheidministerie het amptelik verklaar dat die cholera-uitbreking verby is nadat 82 bevestigde gevalle en een sterfte aangeteken is. Altesaam 282 vermeende gevalle is ook aangemeld. Die ministerie sê meer as 28 dae het verloop sonder enige nuwe infeksies in die betrokke distrikte van Opuwo en Grootfontein. Namibië het sy…
14 Jul 1AM 1 min

Hartlief Shop & Bistro sluit môre

Die O&L-groep het die permanente sluiting môre van die Hartlief Shop & Bistro in Windhoek se Noordelike Industriële Gebied aangekondig. Volgens 'n persverklaring is dit 'n sake besluit en sal nie tot werksverliese lei nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die O&L-groep se uitvoerende hoof, Sven Thieme gepraat.
14 Jul 1AM 1 min

Nog 'n informele nedersetting ontwikkel, geen dienste nie

Informele nedersettings brei steeds reg oor Namibië uit, veral in die hoofstad. Een van die nuutstes, bekend as Baboon City, het aan die buitewyke van Windhoek se Rocky Crest-voorstad ontstaan. Kosmos 94.1 Nuus het met gemeenskapsaktivis Shaun Gariseb gepraat, wat sê dat ongeveer 800 inwoners daar woon sonder toegang tot…
14 Jul 12AM 1 min

NAB verheug oor druiwe-ooreenkoms met China

Die landbouministerie en China se Algemene Doeane-administrasie het amptelik 'n protokol onderteken wat die fitosanitêre vereistes vir die uitvoer van vars tafeldruiwe van Namibië na China vasstel. Kosmos 94.1 Nuus het met Emilie Abraham, die bestuurder vir Tuinbou-ontwikkeling by die Akkerbouraad gepraat, wat die stap verwelkom.
14 Jul 12AM 1 min

Staatsadvokate konkel nie oor mediese hofeise nie

Die justisieministerie het bewerings ontken dat staatsadvokate onbehoorlik saamspan in die skikking van mediese vergoedingseise van etlike miljoene dollar. Dit volg op berigte dat die gesondheidsministerie tussen 2019 en 2024 sowat 14,7 miljoen Namibiese dollar in mediese eise betaal het. 'n Onlangse mediaberig het kommer uitgespreek dat sommige staatsadvokate moontlik…
14 Jul 12AM 1 min
220 – 240