Die prokureur van die voormalige Zimbabwiese president Robert Mugabe se seun, Bellarmine, het sosiale media-bewerings verwerp dat hy onlangs in Gauteng inkopies gedoen het. Sinenhlanhla Mnguni het aan die SABC gesê die foto's is oud en Mugabe het sedert sy deportasie nie na Suid-Afrika teruggekeer nie. Hy het in April…
Amerikaanse president Donald Trump het op Truth Social gesê dat die Iranse blokkade weer ingestel word en dat die Straat van Hormuz oop is, en oop sal bly met of sonder Iran. Volgens hom sal Amerika van nou af as die bewaker van die Straat van Hormuz bekendstaan, en dat…
Paramedici sê meer as tien mense is beseer toe 'n gebou in eBuhleni Village in Inanda in die noorde van Durban ingestort het. Kerk-lidmate het met reddingspogings begin voor noodpersoneel op die toneel was. Die oorsaak word ondersoek. Woordvoerder, Garrith Jamieson, sê minstens agt mense is hospitaal toe geneem voor…
Die goewerneur van die Omaheke-streek, Pijoo Nganate, sê die voorgestelde uraan-in-situ-loogmynbouprojek in die Leonardville-gebied, wat aansienlike debat ontketen het, kan beduidende ekonomiese voordele vir inwoners van die streek inhou. In sy streeksrede het Nganate gesê die Stampriet-akwifeer is die gebied se enigste bron van water, en dat alle nodige omgewingsassesserings…
'n Reuse poging om grondbesit te wettig is amptelik op Groot Aub aan die gang, met Stad Windhoek wat 'n groot huurkontrak-ondertekening- en verifikasieveldtog vir honderde gesinne van stapel stuur. Stad Windhoek se uitvoerende hoof, Moses Matyayi, waarsku inwoners om te waak teen aggressiewe eiendomsbedrieërs wat die gebied teiken.
Reaksie word steeds ontvang op Namibië se hoëvlak, weeklange besoek aan China, gelei deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Tydens die besoek het amptenare 'n reeks ooreenkomste onderteken. Nie almal is egter oortuig dat Namibië ekonomiese betrekkinge met China verder moet versterk nie. Kosmos 94.1 Nuus het met ekonoom dr. Roelof Botha…
Minister van Stedelike en Landelike Ontwikkeling, James Sankwasa, sê plaaslike owerhede wat versuim om opgedateerde geouditeerde finansiële state in te dien, sal nie hul begrotingstoekennings van die regering ontvang nie. Hy het vandag tydens sy vergadering met die Otjiwarongo-dorpsraad gesê dat hierdie riglyn reeds op 1 Julie in werking getree…
Die Madlanga-kommissie het sy verrigtinge uitgestel nadat advokaat Andrea Johnson van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie oornag in die hospitaal opgeneem is. Sy sou getuig oor bewerings van wangedrag wat generaal-majoor Feroz Khan betrek, en lig werp op die verhouding tussen belangrike wetstoepassingsagentskappe. Kommissarisse kritiseer Johnson se mediese sertifikaat as nutteloos…
Die soektog na die 15-jarige Erwin Bezuidenhout, wat na bewering in 'n selfdood op 2 Julie by Platz am Meer in Swakopmund verdrink het, duur steeds voort. Aanduidings is volgens berigte dat swaar grondverskuiwingstoerusting gebruik gaan word om rotse van die breekwater by die winkelsentrum te verwyder. Sy liggaam het…
Rugby: Die Junior Springbok-afrigter, Kevin Foote, sê hulle is goed voorbereid vir vanaand se Junior Wêreldkampioenskaps-halfeindstryd teen Engeland in Tbilisi, Georgië. Hy het vier veranderings aangebring aan die span wat Wallis in hul laaste groepskragmeting gewen het, met ses voorspelers en twee agterspelers op die bank. Foote sê hulle het…
Die visepresident van die Onderwysersunie van Namibië, Tjandero Tjituka, het verskeie kwessies op Otjiwarongo aangespreek wat beide onderwys self en onderwysers in die land raak. Dit het deel gevorm van 'n rits inligtingsessies wat verskeie staande komitees in die afgelope weke onder hulle relevante sektore gehou het. Kosmos 94.1 Nuus…
'n Amerikaans-Egiptiese geopolitieke ontleder, Jasmine El-Gamal, sê die skietstilstand tussen Iran en die VSA is verby, al duur gesprekke voort. In haar mening, is die grootste uitdaging die uiteenlopende doelwitte van die twee partye. Sy verduidelik.
Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die Staatsveiligheidsagentskap is tans besig met die veiligheidskeuring van senior polisiebestuurders as deel van die regering se breër pogings om integriteit, verantwoordbaarheid en openbare vertroue binne wetstoepassing te versterk. Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê 18 van die 23 luitenant-generaals…
Namibiese wette laat toe dat 'n persoon wat nalatig is en 'n veldbrand veroorsaak aanspreeklik gehou kan word en selfs krimineel aangekla kan word. Met die droë seisoen in volle swang het brande reeds kop uitgesteek. Die Namibiese Landbou-unie het gesprekke gevoer met boereverenigings oor die regsimplikasies van veldbrande. Johann…
Nog 'n opwindende wildsveiling is op hande, met die Boma Wildsveiling wat op 18 Julie by Du Preez Wild se boma naby Otjiwarongo sal plaasvind. 'n Verskeidenheid van wild en uitstallers word by die geleentheid verwag. Kosmos 94.1 Nuus het met eienaar Dirk du Preez gepraat oor die aanbod.
Graanpryse in Suider-Afrika het in die eerste helfte van die jaar gedaal na 'n goeie reënseisoen 'n hoë aanbod veroorsaak het. Volgens Graan SA is 2,91 miljoen ton witmielies teen 3 Julie gelewer. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van Voermeester, Jaco Labuschagne gepraat.
Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die regering gaan voort om buitelanders na hul lande terug te stuur volgens riglyne van die Inter-ministeriële Komitee oor Migrasie se vyfpuntplan. Tot op hede is 53 449 buitelanders vir deportasie en repatriasie verwerk. Die meeste is Malawiese burgers, gevolg…
13 Jul 5AM
1 min
240 – 260
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.