Namibië het Donderdag sy eerste nasionale ekostelsel-kaart bekend gestel. Dit gaan gebruik word as ‘n riglyn vir die beplanning van grondgebruik, bewaringsprioriteite en klimaat-aksie. Dié kaart is deel van Namibië se verpligtinge as deel van die Kunming-Montreal se Globale Raamwerk vir Biodiversiteit. Omgewingsminister Indileni Daniel het meer tydens die bekendstelling…
Die Solidariteit Beweging het 'n uitgebreide gemeenskapsbesoek aan die VSA van stapel gestuur. Die voorsitter, Flip Buys, sê die regering en die ANC het bande met Washington beskadig en kan nie vertrou word om alleen die verhoudings te herstel nie. Die afvaardiging sal federale en staatsrolspelers ontmoet om voorspraak vir…
Die staat hou vol dat voormalige Namcor-bestuurder Cedric Willemse geld van Erongo Petroleum en Enercon Namibia gekry het sodat hulle hul kredietlimiet by Namcor kan oorskrei. Oberty Inambao, die Teenkorrupsie-kommissie se hoof-ondersoeker, het in Willemse se borgtogaansoek voor landdros Olga Muharukua getuig. Hy sê Erongo Petroleum het 'n krediet-limiet van…
Die monetêre beleidskomitee van die Reserwebank het besluit om die terugkoopkoers op 7-persent en die prima uitleenkoers op 10,5-persent te hou. Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê die besluit, wat deur vier van die ses komiteelede ondersteun word, weerspieël die verwagting dat inflasie in die komende maande sal…
Geslagsgelykheidspraktisyn Ngamane Karuaihe-Upi sê die bohaai oor mans wat hul vrouens se vanne neem ontbloot dieper kulturele vrese. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus verduidelik hy dat 'n vrou tradisioneel haar nooiensvan verloor wanneer sy trou en simbolies die man se eiendom word, wat die manlike gesag versterk. Sy…
Afrika se eerste geïntegreerde groenwaterstof-aanleg is vandag amptelik deur Cleanergy Solutions Namibia aan die kus bekendgestel. Die projek, 'n vennootskap tussen Namibië se Ohlthaver & List Groep en die Belgiese firma CMB Tech, dui op 'n gewaagde stap in die globale skoon energie-arena. O&L-voorsitter Sven Thieme sê die skaal en…
Na twee en 'n half jaar se voorbereidingswerk brei premium Namibiese beesvleis se beskikbaarheid in Duitsland uit. Vanaf Saterdag sal Namibiese kruisskyf, of “rump steak”, as 'n maandelikse spesiale aanbieding by alle Block House-steakrestaurante, 'n prominente ketting met 42 restaurante regoor Duitsland, aangebied word. Namibiese beesvleis is gesog in Europa…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Namibië se mynbousektor uitgedaag om 'n dryfkrag te word in haar administrasie se plan om 500 000 werksgeleenthede oor die volgende vyf jaar te skep. Sy het die Kamer van Mynwese by Staatshuis toegespreek en gevra vir groter waardetoevoeging in mynbou om werkryke stroomaf-nywerhede te ontsluit…
Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, sê vyf inhegtenisnemings is nie uitgevoer nie uit 121 politieke moorddossiere wat oorgeplaas is na die nasionale polisiehoofkantoor in Pretoria. Hy het aan die Madlanga-kommissie gesê hoewel die dossiere geskandeer en geoudit is voor oorhandiging, is die opdrag om verdagtes aan te keer, nie nagekom…
Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het Transnet se Nasionale Hawe-owerheid opdrag gegee om die huurkontrakte by Durban se Island View-gebied te hernu en toegang vir die Sentrale Energiefonds te waarborg. Die 25-jaar-oue opdrag poog om transformasie met energiesekerheid te balanseer en ruimte te skep vir opkomende swart deelnemers. Die…
Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het in 'n onderhoud met Europese televisie reageer op Amerikaanse president Donald Trump wat gesê het dat Europese lande moet ophou om olie en gas van Rusland te koop. Volgens Trump sal dit help om die oorlog in Oekraïne tot 'n einde te bring. Zelensky…
Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie het die termyn van sy eksterne raadslede tot 28 Februarie 2026 verleng. Dit volg op 'n kabinetsbesluit om 'n moratorium op raadsaanstellings vir staatsbeheerde ondernemings in te stel, hangende wysigings aan die Wet op die Bestuur van Openbare Ondernemings van 2019. Nust-woordvoerder Cindy…
AfriForum sê hy veroordeel die regering se geheimsinnige pogings by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad, Nedlac, om voorgestelde wysigings aan die Wet op Vuurwapenbeheer deur te voer, sonder enige verteenwoordiging van die burgerlike samelewing. Nedlac ontken dat hy die proses gelei het. Jacques Broodryk van AfriForum sê die organisasie…
Die Regulerende Owerheid van Kommunikasie in Namibië, Cran, het sy jongste IKT-vakaturesadvertensie verdedig ná publieke reaksie op sy werwingsveldtog wat op vroue fokus. Met slegs 20 persent van sy wetenskap-, tegnologie-, ingenieurswese- en wiskundeposte wat deur vroue gevul word, neem Cran doelbewuste stappe om die geslagsgaping te oorbrug. Woordvoerder Mufaro…
Plaaslik genoteerde Capricorn Group het ‘n wins ná belasting van 1,99 miljard Namibiese dollar vir die jaar geëindig 30 Junie 2025 aangeteken – 14,8 persent méér as die vorige boekjaar. Omsigtige toekenning van kapitaal, dissipline met die uitvoer van strategie en belegging in digitale- en data-infrastruktuur het bygedra tot die…
Namibië se voertuigmark toon sterk tekens van herstel. Verkope in Augustus het 26,7 persent jaar-op-jaar gestyg, met altesaam 1 261 voertuie wat van die hand gesit is. Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen sê egter daar is risiko's wat voortgesette momentum kan beïnvloed. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
FNB sê die gevaar van digitale bankbedrog neem toe terwyl Suid-Afrikaners die laaste deel van die jaar aanpak en besteding toeneem. Volgens die Suid-Afrikaanse Bankbedrog-inligtingsentrum het voorvalle van digitale bankbedrog toegeneem van 31 000 in 2023 tot 64 000 verlede jaar. Chris Boxall van FNB sê swendelaars word al meer…
Die voormalige Amerikaanse president Barack Obama waarsku in die nasleep van die moord op Charlie Kirk teen 'n “politieke krisis van die soort wat die land nog nie vantevore gesien het nie”. Tydens 'n geleentheid in Erie, Pennsylvanië, het Obama gesê dat hy Kirk nie geken het nie en nie…
18 Sep 5AM
1 min
2300 – 2320
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.