KI teen korrupsie: Makliker gesê as gedaan

Loading player...
Bryan Eiseb, wat vanaf Augustus as die nuwe direkteur-generaal van die Teenkorrupsie Kommissie sal oorneem, sê kunsmatige intelligensie kan 'n potensiële keerpunt in die stryd teen korrupsie wees. Eiseb sê elke korrupte transaksie laat 'n digitale voetspoor agter in tenders, fakture en betalingsrekords, wat KI in staat stel om verdagte bodpatrone, herhaalde kontraktoekennings en duplikaatbetalings op te spoor lank voordat openbare fondse verdwyn. Kosmos 94.1 Nuus het met tegnologie-kenner Nrupesh Soni gepraat, wat sê dit sal nie tans so maklik wees nie.
26 Jul 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kameelperdbevolking herstel toenemend

Oor die afgelope dekade het die Giraffe Conservation Foundation, deur middel van wetenskaplik gefundeerde hervestigings, daarin geslaag om kameelperde, ook in Namibië, terug te bring na 11 miljoen hektaar Afrika-landskap. Medestigter Julian Fennessy sê Afrika het meer as 90 persent van sy historiese kameelperdbevolking verloor, maar dat translokasies werk. Hy…
25 Oct 3AM 1 min

Malema vra gratis water en krag vir behoeftiges

Die EFF-president Julius Malema vra vir gratis water en elektrisiteit vir ontvangers van maatskaplike toelaes. Tydens die party se 'Tshela Thupa'-veldtog vir die plaaslikeregeringverkiesing op die KaMaqhekeza-stadion in Nkomazi, Mpumalanga, het Malema gesê kwesbare huishoudings behoort toegang tot basiese dienste te hê, sonder die bykomende las van onbekostigbare nutsdienste. Die…
25 Oct 2AM 1 min

Pro-aktiewe plan nodig teen BKS

Die Cirrus-ontleder Romé Mostert sê Namibië benodig ’n proaktiewe plan om die impak van bek-en-klouseer op boere en die landbousektor te beperk. Hy beklemtoon dat vinnige optrede, insluitend die uitdunning van besmette vee waar nodig en vergoeding vir boere, deel van ’n doeltreffende reaksie moet wees, eerder as om bloot…
25 Oct 1AM 1 min

PDM vra meer begrafnisgeld vir padsterftes

PDM-parlementslid Rosa Mbinge-Tjeundo vra vir die bespoediging van wysigings aan die Wet op die Motorvoertuigongelukkefonds, met die oog op ’n hersiening van die huidige begrafnistoelae van 7 000 Namibiese dollar. Sy sê stygende begrafniskoste bring mee dat die bedrag nie meer voldoende is nie, wat dit vir families moeiliker maak…
25 Oct 12AM 1 min

Rugby: SA hoop op nog oorwinnings in URC die naweek

Vrydag het een oorwinning en een nederlaag vir Suid-Afrikaanse spanne in die Verenigde Rugbykampioenskap opgelewer. Die Haaie het Cardiff 36–21 in 'n bonuspunt-oorwinning geklop, maar die Leeus moes in Edinburgh met 31–10 die knie teen hierdie onoorwonne Skotse span buig. Die Haaie is stewig terug in die boonste helfte van…
24 Oct 6AM 1 min