Die Suid Afrikaanse regering beplan om die Konstitusionele Hof te nader om hom meer tyd te gun vir die implementering van sy uitspraak, wat prosedurele struikelblokke vir asielaansoeke verwyder het. Die hof het sekere bepalings van die Wet op Vlugtelinge ongrondwetlik verklaar wat immigrasiebeamptes toegelaat het om 'n asielsoeker te…
Die Namibiese Landbou-unie-president, Thinus Pretorius, het met Kyknet se e-Nuus gepraat om te verduidelik hoe die land tot dusver die BKS-uitbreking hanteer het. Hy was vol lof vir owerhede se vinnige reaksie. Pretorius sê samewerking tussen alle rolspelers in die streek is uiters belangrik om die landbou-sektor staande te hou…
Die Suid Afrikaanse minister van bosbou, visserye en die omgewing, David Maynier, het 'n nuwe nasionale park in die Oos-Kaap geproklameer om grasvelde, biodiversiteit en belangrike waterbronne te beskerm. Die Grasslands-nasionale park beslaan meer as tienduisend hektaar tussen Nqanqarhu en Rhodes. Sanparke sal die park bestuur, waar grondeienaars kan voortgaan…
Met ‘n bewokte en koel oggend wat die week hier in Windhoek afskop sal Namibië vandeesweek warm, oorwegend sonnige weer ervaar, na aanvanklike verbygaande buie en donderstorms Sondag. Dagtemperature in die sentrale binneland sal in die hoë 20's (°C) begin en teen die naweek geleidelik tot in die lae tot…
Die nasionale plaaslike verkiesings aanstaande maand in Suid-Afrika bly in die nuus. Professor André Duvenhage, politieke wetenskaplike aan die Noordwes Universiteit op Potchefstroom, het sy mening in die verband so aan Kosmos 94.1verwoord: André Duvenhage Naweek
Agt strande in Kaapstad het hul volle Blouvlag-status vir die 2026/27-seisoen behou, terwyl nog vier as proefstrande aangewys is. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê dit is die vyfde agtereenvolgende seisoen waarin agt strande die volle Blouvlag-status behaal, wat Kaapstad se 25-jarige deelname aan die internasionale Blouvlag-program…
Namibië beoog om jaarliks drie dokters as spesialiste in psigiatrie op te lei in ’n nuwe poging om die land se geestesgesondheidsdienste te versterk. Gesondheidsminister Esperance Luvindao het die plan Saterdag op Wêreldgeestesgesondheidsdag aangekondig. Luvindao het in Windhoek ’n ministeriële verklaring en verbintenis tot geestesgesondheid onderteken, met visepresident Lucia Witbooi…
Gesonde leefgewoontes kan inwoners van die Wes-Kaap voortaan geld in die sak bring. Die provinsie het Suid-Afrika se eerste beloningsprogram vir gebruikers van openbare gesondheidsdienste bekend gestel. WOWRewards se wegspringprojek skop in Mitchells Plain af en bied deelnemers maandeliks belonings ter waarde van tot 100 rand. Inwoners kan punte verdien…
Amerikaanse president Donald Trump sê dis tyd dat Oekraïne ’n nuwe president kry. Dit volg nadat president Wolodimir Zelenski Amerika se diesel-ooreenkoms met Rusland gekritiseer het. Volgens Zelenski sal die ooreenkoms Moskou meer geld gee om sy oorlog teen Oekraïne voort te sit. Trump het Saterdag gesê Zelenski veroorsaak wêreldwyd…
Die Suid-Afrikaanse polisie het vermeende opstokers in hegtenis geneem wat na bewering beplan het om Saterdagmiddag se sokkerwedstryde in Durban te ontwrig. Hulle is onder 30 mense wat sedert Donderdag vasgetrek is tydens ’n polisietoeslaan op onrus. Altesaam 25 mense is in KwaZulu-Natal en vyf in Gauteng aangekeer. Die oortredings…
'n Nuwe vennootskap gaan volhoubare leefwyse en gemeenskapsontwikkeling in die Omaheke-streek ondersteun. Nictus en Auas Motors verskaf, in samewerking met die Isuzu-stigting, ‘n finansiële borgskap vir die Epukiro Eco-Village , 'n inisiatief van die N/a’an ku sê-stigting, wat daarop gemik is om volhoubare behuising met verbeterde gemeenskapswelsyn en ekonomiese geleenthede…
Die Studente-unie van Namibië het Nust se geval-tot-geval konsultasies met studente wat geraak word deur die mediese laboratoriumwetenskappe-akkreditasiekrisis verwerp. Die unie beskou privaat vergaderings as onnodig. Terwyl Nust-studente individueel betrek om oordragopsies en plaaslike of streeksplasings te ondersoek, het die voorsitter van die SUN-raad, Bernard Kavau, die universiteit aangespoor om…
Vandag is Wêreldgeestesgesondheidsdag. Namibië plaas vanjaar die stemme van mense wat self met geestesgesondheidsprobleme worstel, in die kollig. Die land se tema vir die dag, “werklike ervarings, werklike stemme, werklike verandering” is ook daarop gemik om die stigma rondom geestesgesondheid af te breek. Vandag is terselfdertyd die afsluiting van Namibië…
Namibië en Duitsland het 'n ooreenkoms vir tegniese samewerking ter waarde van 103 miljoen Namibiese dollar onderteken om toegang tot energie en groenindustrialisasie te bevorder. Die ooreenkoms, wat onderteken is ná 'n welwillenheidsbesoek deur Duitse ambassadeur Thomas Wimmer aan die direkteur-generaal van die NPC, dr. Kaire Mbuende, sal daarop gemik…
Die Blou Bulle en die Leeus draf vanmiddag om halftwee op Loftus Versfeld in Pretoria teen mekaar uit in rugby se sogenaamde Jukskei-derby. Die span uit Johannesburg is tans vierde op die punteleer in die Verenigde Rugbykampioenskap, met die Bulle in die sewende posisie. Johan Ackermann, hoofafrigter van die Bulle,…
Die landbougemeenskap in die Suider-Afrikaanse streek is volgens berigte onder druk, as gevolg van verskeie faktore. Die uitvoerende voorsitter van die Suider Afrikaanse Agri-Inisiatief (Saai), dr. Theo de Jager, het die situasie so aan Kosmos 94.1 nuus verwoord:
Namibië se kampioene van die 2026-rugbypremierliga word vandag gekroon wanneer FNB Kudus teen FNB Wanderers te staan kom in 'n herhaling van verlede jaar se eindstryd by die Hage Geingob-nasionale rugbystadion. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoofafrigters van albei spanne gesels. Wanderers se hoofafrigter, Darryl de la Harpe, sê…
COPPS 94.1 het 'n spannende Vrydagaand beleef met gevalle van moord, aanranding, roof en dronkbestuur wat in Windhoek deur die polisie hanteer is. Francois Lottering doen verslag.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.