Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
300 – 320

Madlanga-kommissie: Getuie N getuig in camera

Die Madlanga-kommissie het Getuie N in camera-getuienis toegestaan om haar identiteit te beskerm. Getuienisleier Mahlape Sello sê sy is deel van die polisie se taakspan vir politieke moorde wat sake by die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap ondersoek. Sy sê om haar identiteit te openbaar kan die ondersoek…
10 Jul 11AM 1 min

Biosekuriteit teen BKS op grense versterk

Die landbouministerie en belanghebbendes gaan voort om grens-biosekuriteitsmaatreëls te versterk om die verspreiding van bek-en-klouseer te help voorkom. Na die installering van 'n semi-outomatiese voertuigontsmettingsspuitstelsel by die Ariamsvlei-grenspos, sê die ministerie dat verdere soortgelyke intervensies by ander grensposte volgens behoefte uitgerol sal word. Ministerie-woordvoerder Romeo Muyunda het met Kosmos 94.1…
10 Jul 11AM 1 min

Welwitschia Uitnodiging XV reg vir Bulle: Danco Burger

Die Namibiese Rugby-unie het 'n gedugte Welwitschia Uitnodiging XV-span van 30 spelers saamgestel vir Saterdag se internasionale vriendskaplike wedstryd teen die Vodacom Blue Bulls in die Hage Geingob-stadion. Verskeie spelers is beloon ná die span se oortuigende oorwinning van 71-12 teen Zambië verlede naweek. Die Namibiese kaptein, Danco Burger, het…
10 Jul 10AM 1 min

Kankergevalle vermeerder, meer beleggings in sorg nodig

In Namibië word daar nou jaarliks 4 205 nuwe kankerdiagnoses aangeteken, 'n aansienlike toename vergeleke met die ongeveer 3 700 jaarlikse gevalle wat voorheen gerapporteer is. Met 'n voorkomssyfer van 202,2 per 100 000, is Namibië een van die Afrika-lande met die hoogste voorkoms van kanker. Dit is volgens die…
10 Jul 10AM 1 min

NV keur Eiseb as nuwe ACC-hoof goed, maar...

Die parlement het president Netumbo Nandi-Ndaitwah se nominasie van Bryan Eiseb, direkteur van die Finansiële Intelligensiesentrum, as die volgende direkteur-generaal van die Teenkorrupsiekommissie onderskryf. Dit baan die weg vir 'n nuwe leierskapspan by die land se teenkorrupsiewaghond, met langdienende hoof Paulus Noa wat op 31 Julie uit die amp tree…
10 Jul 10AM 1 min

Deursigtigheid, aanspreeklikheid in visserye kort dringende aandag

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing se uitvoerende direkteur, Graham Hopwood, neem tans deel aan die United Nations on Drugs and Crime se streekskonferensie in Nairobi, Kenia oor die aanspreek van korrupsie en finansiële misdaad in die visseryesektor. Die konferensie bring verteenwoordigers van regerings, teenkorrupsie-agentskappe, finansiële intelligensie-eenhede, visseryowerhede, wetstoepassingsliggame, die burgerlike…
10 Jul 10AM 1 min

NNN praat groenwaterstof in Beijing

Groenwaterstof is die middelpunt van besprekings in Beijing. President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibië wil 'n gediversifiseerde energiemengsel hê wat as katalisator vir industrialisasie kan dien, gerugsteun deur die land se enorme potensiaal vir hernubare energie. Sy het gepraat by die Namibië-China-sakeforum in die Chinese hoofstad.
10 Jul 9AM 1 min

SA boere kan nou self BKS-entstowwe koop

Die minister van Landbou, Willie Aucamp, sê sy department het 'n skikking buite die hof bereik wat 'n regsgeding beëindig oor die verkryging en verspreiding van bek-en-klouseer-entstowwe. Sakeliga, die landbou-organisasie Saai en Vrystaat Landbou het aangevoer boere moet toegelaat word om entstowwe regstreeks te koop eerder as om te wag…
10 Jul 9AM 1 min

Namibia Berries-projek gaan van krag tot krag

Die bloubessieprojek van Namibia Berries by Divundu in die Okavango Oos-streek maak steeds beduidende vordering. Tydens sy streeksrede in Rundu het die goewerneur van Kavango Oos, Julius Hambyuka, gesê dat die plaas se bloubessies reeds Europa, Asië en die Midde-Ooste bereik het, wat Namibië as 'n nuwe speler in die…
10 Jul 8AM 1 min

VK se reaksie op Gaza-oorlog nie goed genoeg: Burnham

Andy Burnham, wat na verwagting die volgende Britse eerste minister gaan word, het verskoning gevra vir die Arbeidersparty se aanvanklike standpunt oor Israelse aanvalle in Gaza. Uittredende eerste minister Keir Starmer het kort na Hamas se aanvalle op Israel in Oktober 2023 gesê Israel het die reg om krag en…
10 Jul 8AM 1 min

SANW kan nie sy mandaat nakom nie - Action SA

ActionSA sê terwyl Suid-Afrika toenemend probleme ervaar wat grens-sekuriteit, misdaad en reaksie op rampe betref, laat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag toe dat noodsaaklike militêre bates tot wrakke verroes. Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, het op ʼn vraag in die Parlement onthul dat daar ʼn voertuig-begraafplaas by…
10 Jul 6AM 1 min

'Dit help nie om Trump te paai nie'

Westerse leiers moes teen die tyd al geleer het dat om president Donald Trump te paai, moedig hom eenvoudig aan. Dit is die mening van Kanada se voormalige adjunkpremier Chrystia Freeland. Haar aanmerkings kom na die Navo-beraad waar Trump weer eise op Groenland gemaak het en lande soos Spanje beledig…
10 Jul 6AM 1 min

Versigtig met wild-hervestiging in Kunene

Reaksie word steeds ontvang na die omgewingministerie wat onlangs honderde springbokke, gemsbokke en sebras van die Etosha Nasionale Park na die Kunene-streek en die Nyae Nyae en Uukwaluudhi bewareas verskuif het. Terwyl die ministerie sê dat die hervestigings wildpopulasies sal herstel, roofdiere sal ondersteun en mens-dier konflik sal verminder, sê…
10 Jul 6AM 1 min

CIF maak kapsie oor sement samesmelting

Die Konstruksie Industriefederasie van Namibië sê dat hy steeds gekant is teen die goedgekeurde samesmelting van Whale Rock Cement met Ohorongo Cement en versoek dat die ministeriële goedkeuring teruggetrek word. Bärbel Kirchner, die federasie se uitvoerende hoof, sê dat hul standpunt in Junie 2025 geregistreer is en hulle daarby staan,…
10 Jul 6AM 1 min

Roodt sê olieprysstyging sal kortstondig wees

Internasionale oliepryse het met meer as 7 persent in soveel dae gestyg ná hernude oor-en-weer aanvalle tussen Amerika en Iran, maar ekonome sê daar is nog geen rede tot kommer nie. Die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat oliepryse waarskynlik nie sal terugkeer na die…
10 Jul 6AM 1 min

Saftu vra ingryping na Zim-grondwet aanpassings

Die vakverbond Saftu sê hy veroordeel die grondwetlike wysiging in Zimbabwe wat president Emmerson Mnangagwa toelaat om tot 2030 aan bewind te bly. Die nuwe wet wat in die Parlement aanvaar is, verleng presidensiële en parlementêre termyne van vyf tot sewe jaar. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, sê die Suid-Afrikaanse…
10 Jul 5AM 1 min

VN veroordeel Rusland vir aanvalle op burgerlikes

Die Verenigde Nasies het kommer uitgespreek oor die toenemende Russiese hommeltuig- en missielaanvalle op Oekraïnse burgerlikes. In Junie is minstens 265 burgerlikes in Oekraïne dood en 1 816 beseer. Dis die hoogste gekombineerde ongevalle-syfer sedert die eerste maande ná Moskou se volskaalse inval in Februarie 2022. Oekraïne het ook sy…
10 Jul 5AM 1 min

Munisipaliteite moet hulself regruk, inwoners ly

Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Zweli Mkhize, sê wetsoortreding kan nie oorgesien word om gemeenskappe teen die uitwerking van swak finansiële bestuur te beskerm nie. Dit volg nadat die Nasionale Tesourie Julie se befondsing aan 69 munisipaliteite teruggehou het weens finansiële wanbestuur en…
10 Jul 4AM 1 min

Groenwaterstof mik hoog

Volgens Joseph Mukendwa, die waarnemende hoof van die Groenwaterstofprogram, het Namibië die potensiaal om groenwaterstofprodukte uit te voer as deel van die land se kommoditeit-uitvoere. Hy het tydens die bekendstelling van die plaaslike projek deur die Global Environment Facility in samewerking met VN se Industriële Organisasie gepraat.
10 Jul 4AM 1 min

Strafregtelike klag teen Dimpane gelê

Die organisasie, Public Interest SA, het ʼn strafregtelike klag by die Valke ingedien teen die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, oor die moontlike oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Dit hou verband met die Suid-Afrikaanse Polisiediens se omstrede Medicare24-kontrak van 228 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Public Interest SA se…
10 Jul 3AM 1 min
300 – 320