Die Gautengse polisie het 'n 24-jarige vrou van 'n pastoor in hegtenis geneem in verband met die ontvoering en moord op 'n baba van vier maande en die beweerde verkragting van die kind se ma in Atteridgeville, Tshwane. Die ma en baba is na bewering deur 'n pastoor en sy…
Die ekonoom Robin Sherbourne sê die lisensiëring van die Nigeriese Access Bank is 'n positiewe teken dat Namibië se banksektor oop bly vir nuwe tegnologie en mededinging. Sherbourne is egter skepties oor korttermynwins en wys daarop dat vorige toetreders gesukkel het in Namibië se klein mark, wat deur vier groot…
AfriForum sê die nege kleiner partye in die regering van nasionale eenheid behoort formeel beswaar te maak teen die wyse waarop die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, die betrekkinge met die VSA hanteer. Ernst van Zyl van die organisasie sê Lamola se onlangse opmerkings oor die Amerikaanse…
Die Wêreldgesondheidsorganisasie probeer berigte bevestig oor ʼn tweede moontlike geval van longpes in die suidoostelike Russiese streek Siberië. ʼn Vroue-laboratoriumwerker in diens van die Navorsingsinstituut vir Plaagbestryding in Siberië en die Verre Ooste in Irkoetsk het verlede week siek geword en gesterf aan longontsteking van onbekende oorsprong. Die WGO se…
President Cyril Ramaphosa beklemtoon die belangrikheid om die hersiene ooreenkoms oor die resolusie van die konflik in Suid-Soedan ten volle na te kom om die vredesproses te bevorder. Hy het met Suid-Soedan se president Salva Kiir Mayardit beraadslaag wat op ʼn werksbesoek in Suid-Afrika is. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya,…
LPM-jeugleier Duminga Ndala sê onlangse spanning in die parlement spruit uit operasionele tekortkominge eerder as debatvoering. Sy sê gesonde debat is noodsaaklik vir demokrasie. Ndala het LP's en die speaker versoek om ego's opsy te sit en nasionale belang te prioritiseer, en bygevoeg dat die parlement kompromie en konsensus benodig…
Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging sê die goedkeuring deur die VSA se Fish and Wildlife Service van die invoer van Kaapse bergsebras uit Suid-Afrika, beklemtoon die groeiende internasionale erkenning van volhoubare jag as 'n geldige bewaringsinstrument. Kristin Maritz van Napha wys daarop dat, hoewel Namibië se Hartmann-bergsebras reeds kragtens CITES-reëls na…
NamWater se hoofbedryfsbeampte, Andries Kok, sê seisoenale dam-invloeie en ander chemiese reaksies tydens sy suiwerings-proses het die onlangse bruin en geel kraanwater in Rehoboth veroorsaak. Kok het verduidelik dat natuurlik voorkomende mangaan aan die onderkant van die dam tydens seisoenale veranderinge met die boonste watervlakke meng.
Nuwe regerings-verkrygingsregulasies wek kommer by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing. Die instituut voer aan dat die veranderinge, wat op 4 Augustus in die Staatskoerant gepubliseer is, openbare verkryging meer kwesbaar kan maak vir politieke druk en korrupsie. Die IPPR se Frederico Links het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gesê dat die veranderinge onverwags…
Die Namibiese Statistiekagentskap se jongste inflasiesyfers toon dat die jaarlikse hoof-inflasiekoers vir September op 5,4 persent te staan gekom het, vergeleke met 3,5 persent in September verlede jaar. Op 'n maandelikse grondslag is die inflasiekoers op 0,4 persent aangeteken, vergeleke met 0,6 persent die vorige maand. Die statistiekagentskap se woordvoerder, Mirjam Shihepo,…
Die WGO se direkteur-generaal Tedros Ghebreyesus sê daar is, tot op datum, 8 665 bevestigde gevalle van die Ebola-virus aangeteken. 4 178 mense is reeds aan die virus-siekte dood. Daar ‘n merkbare afname in infeksies in sommige gebied in die Demokratiese Republiek van die Kongo gesien word terwyl die siekte,…
Die spesiale adviseur van die verdedigings-minister, Hilma Nicanor, vra sterker samewerking om die land se energiesekerheid te beskerm, namate internasionale politieke spanning en nuwe tegnologieë wêreldwyd voorsieningskettings ontwrig. Nicanor het by 'n Unam-Stellenbosch-energiekonferensie gepraat en sê dat veranderende realiteite 'n strategiese heroorweging vereis om kritieke energiebronne te verseker en ekonomiese groei te volhou.
President Donald Trump van Amerika het sy opmerking herhaal dat die Iran-oorlog nodig was om te verhoed dat Teheran stede soos Los Angeles of San Diego in ʼn kernaanval vernietig. Dit is ten spyte daarvan dat Amerikaanse intelligensie-agentskappe verlede jaar verklaar het dat Iran sy pogings om kernwapens te bou,…
Gauteng se LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, veroordeel die dood van twee leerders in Alexandra en sê skoolkinders se dood deur geweld is baie kommerwekkend. Die slagoffers is ʼn graad 12-leerder van Minerva Secondary School en ʼn graad 9-leerder van Alexandra High School. Volgens voorlopige berigte is die leerders in…
Die Suid Afrikaanse Nasionale Verbruikerskommissie het 'n gratis nasionale register bekendgestel waar verbruikers kan aandui as hul nie direkte bemarkingsboodskappe wil ontvang nie. Kommissaris Hardin Ratshisusu het op 'n nuuskonferensie gesê verbruikers kan regstreekse bemarkers vooraf blok, terwyl bemarkers verbruikers gereeld van hulle lys moet verwyder. Ratshisusu voeg by dit…
Die nuwe Duitse ambassadeur in Namibië, Thomas Wimmer, sê hy sal sy amps-termyn gebruik om verder die bande tussen die twee lande te versterk. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Woensdag die geloofsbriewe van Wimmer en agt ander nuut-aangestelde ambassadeurs en hoë kommissarisse na Namibië hier in Windhoek ontvang. Wimmer sê hy wil veral…
Die Suid Afrikaanse president, Cyril Ramaphosa, sê die Covid-19-pandemie het die behoefte uitgelig om Suid-Afrika se plaaslike wetenskaplike, tegnologiese en farmaseutiese vervaardigingsvermoë te versterk. Ramaphosa het op die bekendstelling van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad se FuturePharma-fasiliteit in Tshwane gepraat. Hy sê groter plaaslike produksievermoë is noodsaaklik om gesondheids-veiligheid te beskerm…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Woensdag die geloofsbriewe van nege nuut aangewese ambassadeurs en hoë kommissarisse in Namibië ontvang. Die diplomate verteenwoordig Nigerië, Duitsland, Turkye, Soedan, die Filippyne, Panama, Mali, Griekeland en Pakistan. Mirco se adjunkdirekteur vir Europese sake, Valombola Kalomoh, het die diplomatieke mylpaal uitgelig en sê dit sal Namibië…
8 Oct 1AM
1 min
320 – 340
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.