Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
3660 – 3680

Trump erken hy het Bibi mal genoem

President Donald Trump het erken dat hy Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, vroeër die week in ʼn vurige telefoongesprek oor gevegte in Libanon “mal” genoem het. Die jongste vermeende onderonsie kom terwyl Trump probeer om ʼn ooreenkoms te beklink wat die skietstilstand tussen Amerika en Iran sal verleng en…
4 Jun 3AM 1 min

Studente kan skryf, ten spyte van Nsfaf-vertragings

Die onderwysministerie het studente gerusgestel dat toegang tot hoër onderwys nie ontwrig sal word nie, ten spyte van befondsingsvertragings. Studente sal mag eksamens skryf. Die ministerie sê Nsfaf gaan voort om klasgeld- en nie-klasgeldbetalings vir hierdie akademiese jaar te verwerk. Die ministerie se woordvoerder, Esther Angula, het aan Kosmos 94.1…
4 Jun 3AM 1 min

Marokko steek SA verby as Afrika se mees geïndustrialiseerde ekonomie

Die Vryheidsfront Plus sê Suid-Afrika se nywerheidsmededingendheid verswak steeds. Dit volg nadat nuwe bevindinge deur die Afrika-Ontwikkelingsbank toon Marokko het Suid-Afrika verlede jaar as Afrika se mees geïndustrialiseerde ekonomie verbygesteek. Die party blameer probleme soos kragonderbrekings, korrupsie, beleidsonsekerheid en swak ekonomiese bestuur vir die afname in vervaardiging en belegging. Jaco…
4 Jun 3AM 1 min

Winde waarsku oor xenofobie in Wes-Kaap

Die Wes-Kaapse regering het die onlangse xenofobiese geweld en intimidasie teen buitelandse burgers sterk veroordeel. Hy glo die aanvalle is onwettig, ondermyn openbare veiligheid en bedreig ekonomiese bestendigheid. Bemiddelaars is ontplooi om spanning te verlig en om verdere onluste te voorkom. Inwoners word aangespoor om geweld te verwerp en immigrasie-kwessies…
4 Jun 2AM 1 min

Nuwe skietstilstand tussen Israel en Hisbolla

Israel en Libanon het ooreengekom om ʼn hernude skietstilstand in te stel wat onder meer vereis dat alle aanvalle deur die Iran-ondersteunde Hisbolla-groep gestaak word. Die ooreenkoms volg nadat minstens nege mense gister in Israelse aanvalle in die suide van Libanon gesterf het, en Hisbolla vuurpyle op die noorde van…
4 Jun 2AM 1 min

McIlroy mik vir oorwinningin Dublin

Die sesmalige major-kampioen, Rory McIlroy, wil sy heel eerste oorwinning behaal by die PGA-toer se Gedenktoernooi wat vandag by Muirfield Village in Dublin, Ohio, begin. Die Noord-Ier se beste prestasie by die toernooi was in 2016 toe hy gelykop vierde was. McIlroy, wat in April agtereenvolgende seges in Meesterstoernooie behaal…
4 Jun 1AM 1 min

Ekonoom sê oor lae-wins era vir banke

Namibiese banke sal volgens ontledings ‘n periode van winsdruk ervaar weens 'n strawwe stryd om kliëntedeposito's te lok en te behou. Met die voordele van vorige rentekoerssiklusse wat verby is, fokus banke nou op die koste en gehalte van hul deposito-basis om prestasiegapings te bestuur. Kosmos 94.1 Nuus het met…
4 Jun 1AM 1 min

Von Bach-Windhoek pyplyn Vrydag onderbreek

NamWater herinner inwoners van Windhoek, Brakwater, Okahandja, Osona Village en ander en ander kliënte op die Von Bach-Windhoek pyplyn, aan 'n geskeduleerde wateronderbreking môre, 5 Junie. Dit is weens 'n NamPower-opgradering van kraglyne. Kosmos 94.1 Nuus het met Lot Ndamonhomhata, NamWater se woordvoerder gepraat.
4 Jun 1AM 1 min

Toelae vir Angolese kinders... ons eie is dan ook honger

Reaksie stroom in na prokureur Kadhila Amoomo se voorstel dat die regering 'n maandelikse toelaag van 350 Namibiese dollar per kind moet verskaf aan Angolese kinders wat houtprodukte op plaaslike strate verkoop. Kosmos 94.1 Nuus het met voormalige Ombudsman John Walters gepraat, wat beklemtoon dat die regering se primêre verantwoordelikheid…
4 Jun 12AM 1 min

Nuwe aanlynpetisie vir Starlink

Reinhardt Küsters, 'n inwoner van 'n afgeleë landelike gebied, ry elke dag 10 kilometer om toegang tot die internet te kry. Hy sê hierdie probleem raak duisende Namibiërs wat daagliks van onderwys, ekonomiese geleenthede en noodsaaklike dienste afgesny word. Küsters doen 'n dringende beroep op die inligtingministerie en Cran om…
4 Jun 12AM 1 min

Eskom se forensiese ondersoek na verkryging vorder

Eskom sê sy agterstallige forensiese ondersoekprojek vorder nadat 'n tender uitgereik is vir spesialisondersoekers vanaf 1 September. Dit kom te midde van onreëlmatige dieselverkrygingskontrakte ter waarde van miljarde, en verliese weens spookverkope, wat die kragvoorsiener meer as 20-miljard Suid-Afrikaanse rand oor drie jaar gekos het. Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê die…
3 Jun 11PM 1 min

Chaos in Brittanje met aantygings van 'twee-vlak' polisiëring

Woede in Brittanje na die dood van die 18-jarige Henry Nowak, wat deur die polisie geboei is terwyl hy besig was om aan meswonde te beswyk, kring steeds uit. Sy moordenaar, 'n Sikh-man, het valslik aan polisie gesê dat Nowak 'n rassistiese aanval op hom geloods het. Daar word beweer…
3 Jun 11PM 1 min

Polisie skerp soektog na ontsnaptes op

Die polisie het hul soektog na twee oorblywende ontsnaptes wat vermoedelik in besit is van 'n Namibiese polisie AK-47-geweer en 'n dienspistool, verskerp na die dramatiese ontsnapping uit die Onandjamba-polisieselle verlede week. Omusati-streekbevelvoerder, kommissaris Ismael Basson, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat polisiebeamptes op die grond bly en dag…
3 Jun 11AM 1 min

Twee verdagtes vas oor toeriste-moord in Krugerwildtuin

Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, verwelkom die inhegtenisnemings van twee verdagtes in Mosambiek in verband met die moord op die Suid-Afrikaanse toeriste, Dina en Ernst Marais, in die Krugerwildtuin in Limpopo. Die verdagtes is aangekeer danksy samewerking tussen Mosambiekse ondersoekbeamptes, bewaringsvennote en veldwagters. Aucamp sê…
3 Jun 11AM 1 min

Produkte-grenssluitings vir Junie aangekondig

Die Namibiese Akkerbouraad het die grensbeheer vir invoere van vrugte en groente vir Junie vrygestel. Die raad open en sluit die grense om plaaslike produsente en kleinhandelaars te ondersteun. Kosmos 941. Nuus het met die woordvoerder van die raad, Liseli Mwilima gepraat.
3 Jun 10AM 1 min

Hoër staatspensioene vanaf hierdie maand betaal

'n Paar maande nadat dit ter tafel gelê is, is die nasionale begroting vir 2026/27 amptelik in die Staatskoerant gepubliseer, wat 'n verhoging in die maandelikse staatspensioen van 1 600 Namibiese dollar tot 1 700 dollar bevestig. Die aanpassing van 100 dollar is nou suksesvol geïmplementeer en sal terugwerkend vanaf…
3 Jun 10AM 1 min
3660 – 3680