Chaos in Brittanje met aantygings van 'twee-vlak' polisiëring

Loading player...
Woede in Brittanje na die dood van die 18-jarige Henry Nowak, wat deur die polisie geboei is terwyl hy besig was om aan meswonde te beswyk, kring steeds uit. Sy moordenaar, 'n Sikh-man, het valslik aan polisie gesê dat Nowak 'n rassistiese aanval op hom geloods het. Daar word beweer dat polisie-opleiding oor rassisme sogenaamde twee-vlak polisiëring tot gevolg gehad het, wat rassisme teenoor witmense veroorsaak. Die Hampshire polisiehoof, Alexis Boon, die polisiehoof van Hampshire waar die voorval plaasgevind het, het met Sky News se Jason Farrel gepraat en ontken dat dit die geval is.
3 Jun 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA eis geregtigheid ná koukusleier in Vrystaat doodgeskiet word

Die DA eis geregtigheid ná die noodlottige skietvoorval waarin sy koukusleier in Metsimaholo, Thulani Mbana, Maandagaand in die Vrystaat doodgeskiet is slegs 'n week voor die plaaslike regerings-verkiesing. Mbana was ook 'n raadslid en het voorheen as lid van die burgemeesterskomitee vir Ruimtelike Beplanning en Menslike Nedersettings gedien. Die provinsiale…
27 Oct 11PM 1 min

Nuwe pad tussen Lüderitz en Walvisbaai kan ekonomie ontsluit

Logistieke-kenner John Saunderson sê die verbinding tussen Lüderitz en Walvisbaai deur 'n voorgestelde nuwe teerpad gaan nie net oor die verbetering van vervoer nie, maar ook oor die ontsluiting van die suidelike streke se ekonomiese potensiaal. Met vragvolumes wat toeneem en Lüderitz wat homself vir die olie- en gasbedryf posisioneer,…
27 Oct 11PM 1 min

Uitslag van Israel-verkiesing moeilik om te voorspel

Israel stem vandag in die land se eerste nasionale verkiesing sedert die Hamas-aanvalle van 7 Oktober 2023. Ilse Strauss, korrespondent vir Kosmos 94.1 Nuus, berig vanuit Jerusalem dat die aandag wêreldwyd gevestig is op die vraag of premier Benjamin Netanyahu aan bewind sal bly. Israel se proporsionele kiesstelsel, waarin partye…
27 Oct 11AM 1 min

Omskep indringerbos in veevoer, droogte is op pad

Elke reënseisoen versprei indringerbos verder en verminder dit natuurlike weiding, terwyl droogtes die probleem vererger. Midde die bykomende uitdagings wat bek-en-klouseer vir die landbousektor inhou, word die omskepping van indringerbos in veevoer volgens die landboudeskundige dr. Dagmar Honsbein al hoe belangriker. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:
27 Oct 11AM 1 min