Die legendariese Suid-Afrikaanse musikant Babsy Mlangeni is op die ouderdom van 83 oorlede. Mlangeni, wat as kind reeds blind was, het vir meer as vyf dekades as gevierde sanger, liedjieskrywer, komponis en kitaarspeler opgetree. Die Gautengse LUR vir onderwys, sport, kuns, kultuur en ontspanning, Lebogang Maile, het Mlangeni se dood…
Bryan Eiseb, die pas aangestelde direkteur van die Teenkorrupsiekommissie, sê hy werk daaraan om 'n geïntegreerde sentrum vir samewerking tussen verskeie instellings te vestig. Volgens Eiseb sal die sentrum met alle openbare instellings, insluitend die polisie en die tenderraad, saamwerk om voort te bou op Namibië se onlangse vordering met…
Die goewerneur van Erongo, Natalia Goagoses, sê die streek benodig 230 miljoen Namibiese dollar om ekstra klaskamers te bou en middagpelotonskofte uit te skakel, wat meer as 4 000 leerders raak. Met 4 000 meer graad een en -agt aansoekers wat tans ongeplaas is in Walvisbaai, Swakopmund en Karibib, sê…
Die Copps 94.1-span het ‘n rowwe Vrydagaand in die hoofstad agter die rug met huismoles en ongelukke op nat paaie wat hulle besig gehou het. En dan was daar ‘n bisarre voorval van ‘n man wat amok by ‘n lykwaak gemaak het. Kosmos 94.1 se Francois Lottering het meer:
Tennis: Die Vroue-tennisvereniging sê die prysgeld van alle gesamentlike Een-duisend toernooie sal vanaf 2027 dieselfde vir vroue- en manspelers wees. Dit bring die Kanadese Ope, Cincinnati Ope en Italiaanse Ope op dieselfde vlak as ander gesamentlike Een-duisend-toernooie. Die WTA se voorsitter, Valerie Camillo, sê die organisasie verminder ook vanaf volgende…
Die maatskaplike welsyn-ministerie sê daar is tans geen fondse beskikbaar om nuwe begunstigdes vir die voorwaardelike basiese inkomstetoelaag te registreer nie. Minister Emma Kantema-Gaomas het in die parlement gesê die maandelikse toelaag van 600 Namibiese dollar is bedoel vir werklose en kwesbare huishoudings, terwyl persone wat reeds ouderdoms- of ongeskiktheidstoelaes…
Reaksie word onvang op die jongste brandstofprysverhoging, met petrol wat vanaf Woensdag met 1 dollar en 50 sent per liter styg. Die ekonoom Almandro Jansen sê petrol het sedert Maart met sowat sewe dollar gestyg en waarsku dat hoër brandstofkoste steeds 'n las op verbruikersbesteding sal plaas. Hy het met…
Die president van die Republikeinse Party, Henk Mudge, prys die regering en staatsveeartse vir hul vinnige reaksie op die bek-en-klouseer uitbreking. Hy sê dat diere-opsporing vinnige inperking moontlik gemaak het en 'n totale landbou-inperking verhoed het. Hy vra egter 'n streng ondersoek na bewerings dat onwettige veebewegings oor die Oranjerivier…
Die adjunk-visekanselier van Nust, Andrew Niikondo, sê dat die menslike denke behou moet word midde die wydverspreide aanvaarding van kunsmatige intelligensie. Hy het gepraat in aanloop tot 'n lesing met die titel “Humanity in the Era of AI” tydens die vyfde Internasionale Konferensie oor Inligtingstelsels en Opkomende Tegnologieë.
Vervoerminister Barbara Creecy sê terwyl geopolitieke druk kostes vir huishoudings opjaag, bevorder die regering ʼn geïntegreerde vervoerstelsel wat ontwerp is om openbare vervoer veiliger en meer bekostigbaar te maak. Oktober is Vervoer-maand. Creecy sê haar departement is besig om die openbarevervoer-toelaagstelsel te verander na ʼn verenigde ondersteuningsmodel wat op sekere…
Duisende hektaar noodsaaklike weiding om Omaruru en Kalkveld is deur onlangse veldbrande vernietig, met vyf groot brande wat verlede week alleen aangemeld is. Die vise-voorsitter van die Omaruru Boerevereniging, Markus Trede, waarsku dat die brande wat deur droë donderstorms, nalatigheid en oortredings van die houtskoolbedryf veroorsaak is, veeboerdery bedreig. Trede…
Amnestie Internasionaal in Amerika sê Christa Pike se mislukte teregstelling bewys weereens dat die doodstraf wreed, onmenslik en vernederend is. Sy is in 1995 ter dood veroordeel weens moord, en het Woensdagaand twee dodelike inspuitings oorleef. Pike sou die eerste vrou in meer as 200-jaar wees wat in Tennessee tereggestel…
Erongo-goewerneur Natalia Goagoses vra plaaslike mikro-, klein- en mediumgrootte ondernemings om kunsmatige intelligensie en digitale gereedskap aan te neem om produktiwiteit en markbereik te verhoog. Goagoses het by die eerste Kus-KI-beraad in Swakopmund beklemtoon dat slimfoon KI-toepassings daaglikse sakebedrywighede kan transformeer en die Erongo-streek as 'n toonaangewende kussentrum vir digitale…
Weerkenner George van der Merwe sê hy ontvang gereeld navrae van die publiek oor presies wat die El Niño-klimaatverskynsel behels, wanneer dit gaan inskop, en wat Namibiërs oor die volgende paar maande in die weerpatrone kan verwag. Van der Merwe sê El Niño word gewoonlik gekenmerk deur toename in temperature,…
Die Akkerbouraad ontwikkel 'n gewasversekeringsprogram om boere te help om klimaatsverwante risiko's die hoof te bied, insluitend die moontlike impak van El Niño volgende jaar. Die bestuurder van tuinbou-ontwikkeling, Emilie Abraham, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die program in oorleg met belanghebbendes in die versekering- en rampbestuur-sektore ontwikkel…
Die Riversdal-sonkragaanleg is amptelik in die Wes-Kaap in gebruik geneem. Die aanleg voeg hernubare energie en batteryberging tot die plaaslike elektrisiteitstelsel. Die aanleg beskik oor 'n sonkragkapasiteit van tien megawatt, kan tot 15-miljoen kilowatt-uur per jaar opwek met 'n batterybergingstelsel van tien megawatt-uur. Thomas Walters van die DA sê die…
Die adjunk-onderwysminister, Dino Ballotti, waarsku skoolhoofde en streekbeamptes om streng verantwoording te doen vir alle openbare en private fondse wat in jeugprogramme belê word. Hy sê dit sal help om beleggersvertroue te beskerm. Ballotti het daarop gewys dat streng finansiële aanspreeklikheid noodsaaklik is vir die voortsetting van korporatiewe vennootskappe soos…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die One Economy Foundation geprys vir die bemagtiging van Namibiese jeug en mikro-ondernemings tydens hul 11de jaarlikse fondsinsamelingsgeleentheid in Windhoek. Nandi-Ndaitwah het beklemtoon dat sosiale transformasie 'n noodsaaklike nasionale bate is, tesame met ekonomiese groei, en die stigting geprys vir die voorsiening van jongmense van noodsaaklike…
2 Oct 5AM
1 min
480 – 500
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.