Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
500 – 520

China stel glo belang in plaaslike hernubare energie-bedryf

Meer inligting is bekend oor president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsbesoek aan China. Terwyl die name van alle lede van haar afvaardiging nie bekendgemaak is nie, sê die Namibiese Groenwaterstofprogram dat die hernubare energie-bedryf onder die loep sal kom. Die program se woordvoerder, Jona Musheko, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
3 Jul 10AM 1 min

Huislening-mark moet diversifiseer, banklenings te duur

Die groei in huislenings aan huishoudings was in Mei vir die tweede agtereenvolgende maand net 1,9 persent. Die totale leningsboek staan op 46,7 miljard Namibiese dollar, 'n toename van 42,4 miljoen dollar maand-tot-maand. Volgens Simonis Storm se privaatsektor kredietverlening-verslag, verwag hulle steeds dat die groei in huislenings aan huishoudings teen…
3 Jul 10AM 1 min

Outa wil Stad Johannesburg se elektristeit-boeke sien

Die Organisasie teen Belastingmisbruik, of Outa, het Eskom versoek om sy ooreenkoms met die Stad Johannesburg bekend te maak voordat enige onderbrekings in elektrisiteitstoevoer oorweeg word. Die organisasie het ook strenger toesigmaatreëls voorgestel, insluitend onafhanklike monitering van elektrisiteitsinkomste en gereelde openbare verslagdoening. Julius Kleynhans van Outa sê hoewel die nutsmaatskappy…
3 Jul 9AM 1 min

Taxi-sensus op Swakopmund stel teleur

Die Swakopmund-munisipaliteit het onlangs 'n taxisensus- en registrasieveldtog uitgevoer. Die drie week lange oefening was om die munisipaliteit se databasis op datum te bring en om die bestuur van taxi's in die dorp te verbeter. Munisipale woordvoerder Linda Mupupa het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die opkoms was swak.
3 Jul 9AM 1 min

MK-party het onrus teen migrante gesaai: ANC

Die ANC sê die MK-party se retoriek voor Dinsdag se protesoptogte teen ongedokumenteerde migrante, het onrus en verdeeldheid aangemoedig. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het aan die media gesê MK het anti-immigrante-sentiment aangevuur en beklemtoon dat immigrasiewette deur middel van protesoptogte of vergelding afgedwing moet word. Mbalula het…
3 Jul 8AM 1 min

Toename in gesondheid-opleidingsentrums onder die loep

Konsultasies met belanghebbendes oor die mosie om die ongekontroleerde toename in opleidingsentrums in gesondheid, veral verpleging te ondersoek, vind by die parlement plaas. Die voorsitter van die Parlementêre Staande Komitee oor onderwys, jeug, burgerlike betrekkinge en gemeenskapsontwikkeling, Maralyn Mbakera, verduidelik watter aspekte alles ondersoek sal word.
3 Jul 8AM 1 min

Gauteng vat sy huise terug van plakkers

Die Gautengse Departement van Menslike Nedersettings sê hulle sal begin om mense wat onwettig staatsbefondsde huise beset, uit te sit nadat hofbevele verkry is. Die huise sal teruggeëis word, waar nodig opgeknap word, en teruggegee word aan kwalifiserende begunstigdes wat al jare lank op behuising wag. Tahir Sema van die…
3 Jul 6AM 1 min

Zelensky bewys aan Rusland dat oorwinning nie 'n uitgemaakte saak is nie

Die Britse verdedigingsanalis, professor Michael Clarke sê dat die Oekraïne groot winste maak in sy oorlog teen Rusland. Met die afgelope weke se aanvalle diep in Rusland en veral op olie-infrastruktuur, is die Oekraïne, in sy mening, besig om te bewys dat dit nie onvermydelik is dat hulle die oorlog…
3 Jul 6AM 1 min

Fyn balans tussen topklas- en voetsoolvlak sportfasiliteite

Die regering is steeds besig om die Onafhanklikheidstadion op te knap om te voldoen aan internasionale standaarde in beide atletiek en sokker. Die kwessie was ook in die nuus met die reuse-konsultasiefooie wat betaal word. Kosmos 94.1 Nuus het intussen met sportkommentator Isack Hamata gepraat oor hoe die regering 'n…
3 Jul 6AM 1 min

Spoedbrekers: Amushelelo besin oor appèl

Aktivis Michael Amushelelo het sy teleurstelling uitgespreek oor die waarnemende regter van die hoërhof, Gabriel Komboni, se verwerping van sy dringende aansoek vir die verwydering van die spoedbrekers wat op die Westelike Verbypad deur die vervoerminister, Veikko Nekundi, geïnstalleer is. Amushelelo sê hy is van voorneme om die uitspraak te…
3 Jul 6AM 1 min

Okh-burgemeester en raadsvoorsitter reis na China, niemand weet nie

Terwyl Okahandja te kampe het met uiters swak dienslewering en herhaaldelike onderbrekings ervaar, blyk dit asof die burgemeester Ileni Mutumbulwa en bestuurskomiteevoorsitter Patricia Hawaes na bewering sonder die medewete of goedkeuring van die volle raad na China vertrek het. Kosmos 94.1 Nuus verneem dat die adjunk-burgemeester Charl Coetzee nooit in…
3 Jul 6AM 1 min

NamRA waarsku oor bedrog

Nadat NamRA die publiek gewaarsku het oor belastingbedrog is meer inligting bekend. In 'n onlangse verklaring met 'n lang lys oortredings sê die agentskap oor die afgelope vier jaar is 316 bedrogsake geregistreer, met 41 kriminele sake wat by die polisie aanhangig gemaak is. Daar is ook meer as 144…
3 Jul 5AM 1 min

Laaste mangaansmelter in SA moet dalk sluit

Suid-Afrika se laaste oorblywende mangaansmelter, Transalloys, het produksie gestaak weens hoë elektrisiteitskoste en voortgesette finansiële verliese. Die maatskappy sê sowat 600 werksgeleenthede en 'n verdere 7 000 mense se lewensbestaan is in gevaar. Konstantin Sadovnik van Transalloys sê tensy Eskom en die regering teen die einde van hierdie maand ooreenkom…
3 Jul 5AM 1 min

NNN en kie onderneem lang staatsbesoek aan China

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sal op uitnodiging van president Xi Jinping van 5 tot 11 Julie 'n staatsbesoek aan China aflê. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Presidensie, Jonas Mbambo gepraat, wat 'n oorsig gee oor wat onder die loep sal kom.
3 Jul 4AM 1 min

VN veroordeel Russiese aanvalle op Kiëf

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het Rusland se jongste aanvalle op Kiëf en ander Oekraïnse stede ten sterkste veroordeel. Minstens 27 mense is dood en 91, insluitend twee kinders, is beseer toe Rusland Woensdag ʼn groot hommeltuig- en missiel-aanval op Kiëf uitgevoer het. Guterres se woordvoerder, Stéphane Dujarric,…
3 Jul 4AM 1 min

NamPost kondig Julie toelaag-siklus aan

Begunstigdes van maatskaplike kontanttoelaes reg oor die land kan nou voorberei om hul Julie-betalings te ontvang, aangesien NamPost amptelik die aanvang van die nuwe betalingsiklus aangekondig het. Mobiele betalings sal vandag begin, terwyl invorderings by takke en poskantore op geskeduleerde datums sal plaasvind. NamPost-woordvoerder Joseph Teofelus het meer:
3 Jul 2AM 1 min

Zelensky beloof wraak na Kiëf-aanvalle

Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het beloof om wraak te neem ná Rusland se aanvalle op Kiëf waarin minstens 27 mense dood en 91, insluitend twee kinders, gewond is. Moskou het byna 500 hommeltuie en meer as 70 missiele op Oekraïne afgevuur en woongeboue en militêre basisse beskadig. Rusland se…
3 Jul 2AM 1 min

Zim maak ommekeer, sal burgers help huis toe kom

Zimbabwe se president, Emmerson Mnangagwa, sê sy regering is gereed om burgers te ondersteun wat uit Suid-Afrika terugkeer ná die betogings teen onwettige immigrante. Dit volg nadat betogings reg oor Suid-Afrika vrese onder buitelandse burgers veroorsaak het, met verskeie buurlande wat burgers tans help om terug te keer huis toe…
3 Jul 2AM 1 min

Matlala se pleitooreenkoms verwerp, hoe nou vra DA

Die DA het 'n beroep gedoen op verantwoording oor die hantering van die tenderpreneur Vusimusi “Cat” Matlala se pleit- en vonnisooreenkoms nadat die Pretoriase Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof die ooreenkoms verwerp het. Jan de Villiers van die party het die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, versoek om te verduidelik wie…
3 Jul 2AM 1 min
500 – 520