Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
560 – 580

NamPost skep tolvrye lyn vir toelaagbegunstigdes

Om dienslewering vir begunstigdes van maatskaplike kontanttoelaes te verbeter, het NamPost 'n toegewyde hulplyn daargestel wat begunstigdes van 'n tolvrye lyn voorsien. NamPost-woordvoerder Joseph Teofelus het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die inisiatief deel is van NamPost se landwye program, wat daarop gemik is om die uitbetalingsproses van toelaes…
26 Nov 4AM 1 min

Verkiesing is politiek wat jou huis betree

Dis stemdag in Namibië en Kosmos 94.1 Nuus besoek stemlokale. Francois Lottering het gesels met die leier van die PDM, McHenry Venaani oor die verkiesing. Volgens Venaani is die verkiesing een wat jou huis betree.
26 Nov 4AM 1 min

Een vrou of meisie in 2024 elke 10 minute vermoor

Lewensmaats en familielede het in 2024 elke tien minute 'n vrou of meisie met opset vermoor. Dit is volgens die jongste verslag van die Verenigde Nasies se Organisasie vir Vroue. Die verslag toon ongeveer 50 000 vroue en meisies is verlede jaar wêreldwyd deur hul intieme maats of ander familielede…
26 Nov 4AM 1 min

Supermark-toegang vir plaaslike produsente moeilik, maar kritiek

Die Namibië Handelsforum word aangespoor om meer plaaslike supermarkte te dwing om in lyn te kom met die land se kleinhandelsektorhandves en hul rakke oop te maak vir plaaslike produsente. Direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die opkomende groenteboere in die noorde van…
26 Nov 3AM 1 min

Oekraïne moet sê oor Oekraïne

President Volodymyr Zelensky van Oekraïne maan internasionale bondgenote om hul veiligheidsondersteuning te handhaaf nadat Europese leiers ʼn alternatiewe voorstel vir die Amerikaanse vredesplan van 28 punte voorgelê het. Hy het gister ʼn vergadering van die Leiers van die Koalisie van Gewilliges toegespreek wat die leiers van die Verenigde Koninkryk, Frankryk…
26 Nov 3AM 1 min

As jy stem oorhandig jy jou onvervreembare regte - Itula

Die leier van die amptelike opposisie, die IPC, dr. Panduleni Itula, het sy stem uitgebring en met Francois Lottering van Kosmos 94.1 Nuus gesels. Hy sê om te stem is uiters belangrik want jy oorhandig jou onvervreembare regte oor aan ‘n verteenwoordiger en as jy dit nie doen nie, kan…
26 Nov 2AM 1 min

Tafelberg gereed vir toeriste, en brande

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke sê die Tafelberg Nasionale Park in die Wes-Kaap is gereed vir die feestyd. Veiligheid, brandbestryding en patrollies is versterk met veldwagters, hommeltuie en honde-eenhede, en word ondersteun deur vrywilligers en nooddienste. Toeriste kan veilig stap, en strande, wildlewe en die pragtige uitsig geniet. Die woordvoerder van…
26 Nov 1AM 1 min

RISE het kommer oor 20% van polisiestasies wat onbewoonbaar is

RISE Mzansi het sy kommer uitgespreek dat ongeveer 118 uit 1 165 polisiestasies as onbewoonbaar geklassifiseer word. Waarnemende polisieminister, Firoz Cachalia het vroeër gesê die stasies wat die meeste geraak word, is in Noordwes, Limpopo en KwaZulu-Natal - almal in gebiede wat hoë misdaad beveg. Hy het 35 beplande opgraderings…
26 Nov 12AM 1 min

ECN vra ordelike, hoflike stemdag

Namibiërs stem vandag vir hulle plaaslike en streeksverteenwoordigers met stembusse wat regoor die land om sewe-uur oopmaak. Die Verkiesingskomssie moedig leiers en kandidate aan om vroeg by hul aangewese stemlokale op te daag om hul stemme uit te bring, waardeur hul ondersteuners gemotiveer word om in groot getalle op te…
25 Nov 11PM 1 min

S&P opgradeer Eskom

Eskom sê sy omkeerplan werp vrugte af nadat S&P Global Ratings die kragverskaffer se kredietgradering van 'n B na 'n B-plus opgradeer het, met 'n bestendige vooruitsig. Die kragverskaffer het hierdie jaar byna 98-persent van die tyd krag gelewer en sy eerste wins in agt jaar aangeteken. Eskom se woordvoerder,…
25 Nov 10PM 1 min

Skiet- en suuraanval op aanklaer eg, nie bewerkstellig

Oshana-polisiebevelvoerder, kommissaris Naftal Sakaria, het bevestig dat Ondangwa-distriksbeheer en streekshofaanklaer Justine Shiweda die slagoffer van 'n skietery en suuraanval op 17 Oktober was en dit nie self bewerkstellig het vir ‘n verskuiwing na ‘n ander werkstasie nie. Shiweda is ernstig beseer nadat sy in die bene geskiet en met suur…
25 Nov 10AM 1 min

Boere staal hulle vir baie reën: TLU SA

Die landbou-organisasie TLU SA sê boere staal hulle vir ʼn seisoen met bogemiddelde reënval. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens se weervooruitsigte vir die seisoen, word bogemiddelde reënval hierdie somer in die noordoostelike streke van die land verwag. Dele van Mpumalanga en Limpopo sal in hierdie tydperk minder reën as gewoonlik kry…
25 Nov 10AM 1 min

Hoe nou oor korrupsie, NNN?

Die PDM se sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah in die kollig gesit weens haar standpunt oor korrupsie. Volgens hom gaan 'n Swapo-lid vir die plaaslike verkiesing in Omaruru staan maar is gearresteer deur die Teenkorrupsie-kommissie. Hy vra hoe nou?
25 Nov 9AM 1 min

Formele toerisme-data wys nie bedryf se omvang

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië waarsku dat die land een van sy belangrikste nywerhede dramaties onderwaardeer. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê uitvoerende hoof Gitta Paetzold dat nuwe ontleding wat by die Travel Namibia Festival aangebied is, 'n duidelike wanverhouding toon tussen amptelike statistieke en toerisme se werklike ekonomiese…
25 Nov 9AM 1 min
560 – 580