Is staatsbehuising te duur?

Loading player...
Met die regering wat nie sy teiken, om 3 000 huise per jaar te bou, tot op hede gehaal het nie, is daar nou baie vrae oor die bekostigbaarheid van staats-behuising. Die Nasionale Behuisings Onderneming beplan om 249 huise teen 'n geraamde koste van 80 miljoen Namibiese dollar te bou, wat die koste op 'n rapsie meer as 320 000 Namibiese dollar per huis te staan bring. In teenstelling bou die Shack Dwellers Federation huise vir so min as 40 000 tot 50 000 dollar elk. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige uitvoerende hoof van NHE, Mike Kavekotora gepraat.
30 Sep 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NASCAM erken kommunikasietekort te midde van strenger inspeksies

NASCAM sê ondernemings moet lisensiegeld betaal wanneer hulle musiek kommersieel gebruik, sodat musikante en komponiste billik vir hul werk vergoed kan word. Die waarnemende uitvoerende hoof, Ferdinand Gertze, erken dat die organisasie se kommunikasie en streeksverteenwoordiging tekortgeskiet het. Dit het daartoe bygedra dat sommige sake-eienaars onkant gevang is deur verskerpte…
21 Oct 6AM 1 min

Inentingsveldtogte teen bek-en-klouseer versnel

Die land versterk sy stryd teen bek-en-klouseer, met inentingsveldtogte wat momentum opbou in die //Kharas- en Zambezi-streke. In Karasburg is 1 296 beeste op 25 plase ingeënt, terwyl meer as 42 286 beeste by 34 inentingsposte op Kalala-eiland en in omliggende gemeenskappe in die Zambezi-streek ingeënt is. Woordvoerder van die…
21 Oct 6AM 1 min

Bek-en-klouseer kan swaar op hersiene begroting weeg

Namibië se bek-en-klouseerkrisis sal na verwagting ’n groot hap uit finansminister Ericah Shafudah se hersiene mediumtermynbegroting neem, wat Donderdagmiddag in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê word. Kosmos 94.1 Nuus se Fritz Platt het meer:
21 Oct 6AM 1 min

Willem Strauss as Blou Bulle-president herkies

Willem Strauss is onbestrede vir 'n derde agtereenvolgende termyn herkies as president van die Blou Bulle Rugbyunie. Nadat hy reeds agt jaar gedien het, beklemtoon Strauss se onbestrede verkiesing die totale vertroue van die uitvoerende gesag in sy leierskap, talent-ontwikkelings-pyplyne en volgehoue prestasie oor die unie se hele ekosisteem. Strauss…
21 Oct 5AM 1 min