Die Departement vir Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede is bekommerd oor die inhegtenisneming van die geskorste adjunk- nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya. Hy word beskuldig dat hy 'n 16-jarige meisie seksueel gereedgemaak, en 'n 18-jarige by 'n hotel in Sandton verkrag het. Die departement se woordvoerder, Cassius Selala, sê die…
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal môre sy jongste repokoers-besluit aankondig, en ekonome is verdeeld oor of die koers met 25 basispunte verhoog sal word of onveranderd op 7 persent sal bly. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom dr. Roelof Botha gepraat wat sê dit sou onredelik wees vir die sentrale…
Die gesondheidministerie het 'n pediatriese intensiewe sorgeenheid van 28 miljoen Namibiese dollar by die Windhoek Sentrale Hospitaal geopen om kritieke sorg vir kinders te versterk en kindersterftes te verminder. Die eenheid sal hoërisiko-gevalle in die openbare sektor hanteer en afhanklikheid van private hospitale verminder. Gesondheidsminister Esperance Luvindao het by die…
Die Lewendehawe en Lewendehawe-produkteraad sê die EU se opskorting van Brasiliaanse vleisinvoere beklemtoon die belangrikheid van Namibië se streng veeartsenykundige beheermaatreëls. Uitvoerende, Anja Boshoff, sê die land se klein uitvoervolumes beteken egter dat plaaslike produsente nie 'n groot aanvrag vir hul vleis weens die opskorting sal sien nie. Anja Boshoff…
Die Amerikaanse president Donald Trump belowe om die naam van kunsmatige intelligensie te verander en sê dat dit voortaan op alle amptelike Amerikaanse dokumente as "superintelligensie" bekend sal staan. Volgens hom klink die benaming “baie beter” en is dit ook meer akkuraat:
Die geskorste nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê hy is gretig om terug te keer werk toe nadat die Pretoriase Landdroshof die aanklagte teen hom teruggetrek het. Dit het verband gehou met 'n polisie-tender van 360-miljoen-rand aan die beweerde misdaadbaas Vusimuzi "Cat" Matlala. Masemola beskryf die afgelope maande as moeilik en…
Suid-Afrika se departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê die tydelike voorsorgmaatreël wat ingestel is om die buitengewone sardynvrektes te bestuur, bly van krag. Dit volg al is geen nuwe grootskaalse sardynvrektes aangemeld nie, buiten 'n afsonderlike voorval toe vars sardyne verlede week naby Mbotyi aan die Noordelike Wildekus…
Petrofund het 'n ooreenkoms met die globale ingenieurs- en konstruksiemaatskappy, Saipem, onderteken, wat kapasiteitsbou in Namibië se ontluikende stroomop-olie- en gassektor sal fasiliteer. Petrofund-woordvoerder Shoki Kandjimi sê die ooreenkoms skep 'n raamwerk vir samewerking om plaaslike vaardighede te ontwikkel en kennisoordrag te bevorder. Shoki Kandjimi Woensdag
Rugby: Die Wallabie-flank Carlo Tizzano sê 'n wedstryd teen die Springbokke is die belangrikste toets, maar hulle is gereed daarvoor. Australië het die nuweling Harry McLaughlin-Phillips ingesluit in die groep vir Sondag se eenmalige toets teen die wêreldkampioen op die Optus-stadion in Perth. Die Bokke het Australië 30-12 geklop tydens…
Amerikaanse president Donald Trump het vanmiddag tydens sy toespraak by die 81ste Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in New York 'n hewige aanval op Iran geloods. Trump het sterk klem gelê op die voortslepende konflik, wat nou sy sewende maand nader. Hy het erken dat die konflik ontwrigting van…
Landbouminister Willie Aucamp sê kwalifiserende privaat ondernemings sal toegelaat word om die Landbounavorsingsraad se intellektuele eiendom te gebruik om sy entstof teen bek-en-klouseer in grootmaat te vervaardig. Die raad het die toegewing eenparig goedgekeur. Hy sê dis doeltreffend teen plaaslike stamme met een jaarlikse dosis, maar hy kan dit nie…
Augustus bly 'n sterk maand vir die gasvryheidsektor, met 'n nasionale kamerbesettingsyfer van 69,53 persent vanjaar, maar die Gasvryheidsvereniging van Namibië is versigtig optimisties oor die laaste drie maande van die jaar. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se uitvoerende hoof, Gitta Paetzoldt, gepraat wat sê dit is bemoedigend…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het tydens die VN se Algemene Vergadering in New York 'n beroep op globale vennote gedoen om dringend politieke beloftes in bankbare waterprojekte reg oor Afrika te omskep. Met die klem op Namibië se strewe onder NDP6 om beleggings vir seewaterontsouting, suiwering en waterdraeraanvulling te lok, het…
Twaalf plaaslike kreatiewe persone het vier nuwe Namibiese kinderboeke in slegs 12 uur tydens die derde uitgawe van BookSprint Namibia 2026 by die Goethe-instituut vervaardig. Die inisiatief is daarop gemik om 'n leeskultuur onder kinders van drie- tot agt-jaar te bevorder deur hoëgehalte, plaaslik vervaardigde leesmateriaal te verskaf. Hoof van…
Die Motorvoertuig Ongelukkefonds het tussen 1 Januarie en 16 September landswyd 112 vragmotor ongelukke aangeteken, wat gelei het tot 211 beserings en 48 sterftes. Die Erongo-streek het die hoogste aantal ongelukke en sterftes aangeteken, gevolg deur Khomas. Botsings was die mees algemene tipe ongeluk en was verantwoordelik vir 57 ongelukke,…
Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, verwelkom die inhegtenisneming van ʼn 59-jarige senior polisie-offisier op aanklagte van seksuele oortredings. Hy is Maandagaand in Sandton aangekeer. Die offisier het na bewering tussen Julie en Augustus 'n 16-jarige meisie seksueel voorberei en ʼn 18-jarige vrou verkrag. Nasionale polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die…
Die nuwe driemaande-grootmaatbrandstofkontrak met TotalEnergies sal na verwagting Namibiese verbruikers teen skielike prysstygings by die pomp beskerm. Die minister van energie, Modestus Amutse, sê die ooreenkoms, wat 345 miljoen liter vanaf November dek, het afslag onder maatstafpryse verseker, wat die Nasionale Energiefonds meer as 220 miljoen Namibiese dollar bespaar het…
Meer as sewe-duisend vlugte reg oor Amerika is gister vertraag of gekanselleer en meer as 100 is herlei nadat konstruksiewerkers per ongeluk ʼn kabel afgesny het wat nodig is vir lugverkeerbeheer in Philadelphia. Die Newark Liberty internasionale lughawe in New Jersey en Philadelphia internasionale lughawe in Pennsilvanië is die swaarste…
Die Kaapstadse burgemeester en leier van die DA, Geordin Hill-Lewis, het 'n belofte gemaak om bekostigbare behuising in die stad uit te brei. Hy het die belofte by die Soutriviermark-terrein gemaak, waar 970 bekostigbare huise beplan word. Die plan sluit in die bou van meer bekostigbare huurhuise, om meer stadsgrond…
22 Sep 6AM
1 min
780 – 800
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.