Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
800 – 820

Verbeter deelname aan begrotingsproses om lewens te verbeter

Die speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, sê parlemente moet burgerdeelname aan die begrotingsproses verbeter om die publiek se lewens te verbeter. Sy het tydens die negende konferensie van die Afrika-netwerk van parlementêre begrotingskantore in Swakopmund beklemtoon dat openbare betrokkenheid verseker dat elke ekonomiese beleid en begrotingstoewysing deursigtigheid en…
22 Sep 6AM 1 min

Krieket: Protea-afrigter glo Rabada sal beskikbaar wees vir toetsreeks teen Australië

13:30 – Sport Krieket: Die Proteas se hoofafrigter, Shukri Conrad, sê Kagiso Rabada se beskikbaarheid vir die toetsreeks van drie wedstryde teen Australië sal afhang van sy vordering met rehabilitasie. Die snelbouler het verlede maand tydens oefening sy dyspier beseer. Hy het reeds die maand se eendagreeks teen Australië weens…
22 Sep 6AM 1 min

Save the Rhino Trust: Muller se dood groot verlies vir bewaringsgemeenskap

Namibië se bewaringsgemeenskap treur oor die dood van die 53-jarige renosterboer Jaco Muller, wat in 'n girokopterongeluk op sy plaas in die Outjo-distrik omgekom het. Muller, die stigter van die Rhino Momma-projek in Kunene, was 'n passievolle voorstander van renosterbewaring en die stryd teen renosterstropery. Simson Uri-Khob, uitvoerende hoof van…
22 Sep 6AM 1 min

Laurie Marker benoem vir 2027 Indianapolis-prys

Laurie Marker, stigter van die Cheetah Conservation Fund, is genomineer vir die 2027 Indianapolis-prys vir haar werk in wildbewaring in Namibië. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus het Marker die internasionale erkenning toegeskryf aan haar span en die plaaslike boeregemeenskappe wat die afgelope 35 jaar met die fonds saamgewerk…
22 Sep 6AM 1 min

Derde Dawn Park-moord verdagte vrygelaat

Die Suid Afrikaanse nasionale adjunkpolisiekommissaris, Tebello Mosikili, het bevestig dat die man wat saam met twee vroue in verband met die moord op Jabulile Ntimba in hegtenis geneem is, vrygelaat en nie aangekla is nie. Haar liggaam is verlede week in Villa Liza naby Dawn Park gevind. Sy is die…
22 Sep 4AM 1 min

Ally Angula dien dringende hersieningsaansoek in teen NamRA en Belastingtribunaal

Die geoktrooieerde rekenmeester en voormalige onafhanklike presidensiële kandidaat Ally Angula het 'n dringende hersieningsaansoek in die hoërhof teen NamRA en die Belastingtribunaal ingedien, waarin die verwerping van belastingaftrekkings van miljoene dollar vir die finansiële jare 2014, 2015 en 2016 betwis word. Angula vra die hof om 'n Belastingtribunaal-uitspraak van Augustus…
22 Sep 4AM 1 min

VF Plus vra groter aanspreeklikheid oor besoedeling in Gauteng

Die Vryheidsfront Plus sê Gauteng moet nou van besprekings oor besoedeling oorgaan na daadwerklike optrede. Dit volg na die Gautengse beraad oor besoedeling, waartydens brandpunte geïdentifiseer is, die verantwoordelikes ter verantwoording geroep is en duidelike sperdatums vir opruimingsplanne voorgestel is. Jaco Mulder van die party sê hulle sal voortgaan om…
22 Sep 4AM 1 min

Namibiers soek nuus-kanale en kommunikeerders wat hulle kan vertrou

Inligtingminister Emma Theofelus sê die land se mediasektor werk in 'n inligtings-maal-kolk wat gedryf word deur digitale ontwrigting en 'n 24/7-nuus-siklus. Sy het by die Namibiese Media- en Kommunikasie-konferensie beklemtoon dat namate die volume en kompleksiteit van inligting ver-snel, Namibiers nuus-kanale en kommunikeerders soek en verkies wat hulle kan vertrou:
22 Sep 4AM 1 min

DA beskuldig Gauteng regering van R1-miljard vermorsing

Die DA sê die Gautengse Departement van e-Regering het verlede jaar sowat een-miljard-rand-aan privaat maatskappye bestee wat omtrent 71-persent van die Departement se aangepaste jaarlikse begroting beloop. Die party vra of die publiek goeie waarde vir hul belastinggeld kry. Michael Waters van die DA sê die Departement het 'n kontrak…
22 Sep 3AM 1 min

Moenie Angolese kinders na Windhoek vervoer

NamPol se Oshana-streeksbevelvoerder, kommissaris Andreas Shilelo, het langafstandbestuurders gewaarsku teen die vervoer van minderjariges vanaf die Angolese grens na Windhoek en ander dorpe sonder die nodige immigrasiedokumente. Tydens 'n vyfdaagse werkswinkel oor kapasiteitsbou vir polisiebeamptes in Ondangwa het Shilelo gesê dat hierdie praktyk tot die konfiskering van hul bedryfsdokumente sal…
22 Sep 3AM 1 min

Taxibaas Sibanyoni vra ondersoek na beweerde polisieverbintenis

Die taxibaas en sakeman Joe "Ferrari" Sibanyoni sê bewerings wat hom met verskeie polisiebeamptes verbind, moet ondersoek word. In sy getuienis voor die Madlanga-kommissie het Sibanyoni gesê hy ken persoonlik slegs een van die genoemde beamptes, en wel deur 'n familielid. Hy ontken enige professionele of sakeverhouding met die betrokke…
22 Sep 2AM 1 min

Menstruasie-armoede bly 'n groot struikelblok vir meisies

Voormalige Tukwatha-jeugorganisasie-leier Hendrina Kudhingililwa sê menstruasie-armoede bly 'n groot struikelblok vir meisies se onderwys, en waarsku dat skenkingsaksies alleen nie die krisis kan oplos nie. Sy moedig die regering aan om 'n volhoubare nasionale stelsel op te bou, en dat skole gratis sanitêre doekies verskaf net soos openbare klinieke gratis…
22 Sep 1AM 1 min

AfriForum sê Mbalula word saam met Malema vervolg

AfriForum sê die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sal strafregtelik vervolg word oor uitlatings wat hy gemaak het oor 'n beweerde kinderverkragting by die Bergview College in Matatiele in die Oos-Kaap. Die Nasionale Vervolgingsgesag het ingestem om die saak te vervolg. Mbalula sluit dus aan by die EFF-leier, Julius…
22 Sep 12AM 1 min

Usakos-stadsraad: Eie boorgate sal dorp van water voorsien

Die Usakos-stadsraad sê sy eie boorgate sal die dorp van water voorsien. Dit kom na NamWater aangekondig het dat hy 'n gefaseerde vermindering van water-toevoer dié week in Usakos sal toepas. Usakos se uitvoerende hoof, Lesley Goreseb, sê NamWater se eis vir 'n voorafbetaling van 30 persent van die bedrag…
22 Sep 12AM 1 min

Stad Kaapstad sê breek-en-gryp-diefstalle duur voort

Drie minderjariges is in Kaapstad in hegtenis geneem ná 'n breek-en-gryp-diefstal uit 'n voertuig wat die aantal verdagtes wat in sulke sake aangekeer is, op minstens elf oor 'n tydperk van vyf weke te staan bring. Een van die verdagtes is met die slagoffer se selfoon gevind. Die burgemeesterskomiteelid vir…
22 Sep 12AM 1 min

Napha: Openbare konsultasies met omgewingministerie 'n positiewe stap

Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging sê openbare konsultasies wat met die omgewingministerie gehou is, is 'n positiewe stap vir die opdatering van roofdier-jagregulasies en -tariewe. Napha-president Hannes du Plessis sê die besprekings het jagstandaarde en voorgestelde tariewe vir luiperds, jagluiperds en beide bruin en gevlekte hiënas gedek. Terwyl finale besluite oor…
22 Sep 12AM 1 min

Iranse afvaardiging land vandag in NY vir VN Algemene Vergadering

’n Verkleinde Iranse afvaardiging kom vandag in New York aan vir die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering, nadat dieTrump-administrasie visas vir sommige lede geweier het. Die Iranse president, Masoud Pezeshkian, en buitelandse sake-minister Abbas Araghchi is deel van die afvaardiging, ondanks die konflik tussen die VSA en Iran. As 'n…
21 Sep 11PM 1 min

ANC uitvoerende komitee besluit oor geskil met Verkiesingskommissie

Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, sê die nasionale uitvoerende komitee sal besluit oor die geskil met die Verkiesingskommissie. Die party het versuim om betyds 181 kandidate te registreer in ses munisipaliteite in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en die Vrystaat, en hul name verskyn nou nie op die finale kandidatelyste nie…
21 Sep 11PM 1 min

Een van 9 vrouesterftes dalk weens liefdesdriehoek

Die polisie sê die moord op Jabulile Ntimba, wie se liggaam verlede week in Dawnpark, Boksburg, gevind is, hou moontlik verband met 'n liefdesdriehoek. 'n Man en twee vroue is in hegtenis geneem en sou na verwagting vandag in die Boksburgse landdroshof verskyn. Die adjunk-nasionale polisiekommissaris, Tebello Mosikili, het op…
21 Sep 11AM 1 min
800 – 820