Begunstigdes by Farm 37 in Walvisbaai sal langer as die aanvanklike teiken van September verlede jaar moet wag, aangesien die voltooiing van die projek nou met tot agt maande verleng is. Walvisbaai se burgemeester, Johannes Shimbilinga, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die vertraging hoofsaaklik te wyte is aan…
Die Owerheid vir Besigheid en Intellektuele Eiendom, Bipa, herinner maatskappye daaraan om te voldoen aan alle vereistes. Met byna 150 000 besighede wat na verwagting in die volgende drie maande jaarlikse opgawes en besonderhede oor voordelige eienaarskap sal indien, dring Bipa daarop aan dat maatskappye hul finansiële jaareinddatums nagaan en…
Corruption Watch sê president Cyril Ramaphosa het nou genoeg bewyse om die polisieminister, Senzo Mchunu, te verwyder. Getuie E het voor die Madlanga-kommissie beweer Mchunu het hom probeer dwing om te lieg, bewyse op te maak en 'n vals verhaal te skep teen die hoof van misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo. Corruption…
Amerikaanse president Donald Trump se sogenaamde grens-tsaar, Tom Homan, het Dinsdag met Tim Walz, die goewerneur van Minnesota, vergader nadat hy die president se omvattende immigrasie-operasie in Minneapolis oorgeneem het. Dit kom terwyl die Withuis probeer om nasionale woede te bedwing oor die tweede noodlottige skietery van 'n Amerikaanse burger…
Die Walvisbaai-korridorgroep sê hulle spreek die gebrek aan sanitasie- en waterdienste vir vragmotorbestuurders by belangrike vragmotorhawens aan. Dit kom nadat vragmotorbestuurders kommer uitgespreek het oor die gebrek aan hierdie dienste terwyl hulle wag vir dokumentasiegoedkeuring en ander logistieke prosesse. Die groep se uitvoerende hoof, Edward Shivute, het aan Kosmos 94.1…
Limpopo se LUR vir Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake, Basikopo Makamu, is hartseer oor die toenemende aantal sterftes weens die gure weer wat die provinsie sedert verlede maand teister. Sy woordvoerder, Amos Phago, sê die algehele aantal mense wat weens oorstromings gesterf het, staan op 25, terwyl die…
Die Khomanin Tradisionele Owerheid gaan 'n vergadering hou om kwessies rakende grond en toegang daartoe te bespreek. Die vergadering sal Saterdag, 31 Januarie by die A.I. Steenkamp-laerskool in die hoofstad plaasvind. Kosmos 94.1 Nuus het met aktivis Sydney Gariseb gepraat.
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sal die derde sitting van die 8ste parlement amptelik op 3 Februarie open. Hierdie geleentheid sal gehou word onder die tema: "Versterking van die rol van die parlement vir inklusiewe ontwikkeling en deelnemende demokrasie". Woordvoerder van die Nasionale Vergadering, Sakeus Kadhikwa, sê die geleentheid sal gepaardgaan met…
Binnelandse vlugte is veel duurder as om oor die landsgrense te vlieg. Terwyl retoerkaartjies van Windhoek na Katima Mulilo of Walvisbaai byna 10 000 Namibiese dollar kos, kan passasiers vir byna die helfte van daardie prys retoer na Johannesburg vlieg. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê lugvaartkenner dr…
Die Nasionale Vergadering se Parlementêre Staande Komitee oor Ekonomie en Nywerheid, Openbare Administrasie en Beplanning is tans besig met besoeke van kapitaalprojekte in die Karas- en Omaheke-streke vir die 2023/24- en 2025/2026-boekjare, wat duur tot 31 Januarie. Die voorsitter van die komitee, oud-finansminister Ipumbu Shiimi, het gepraat oor die doel…
Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê noukeurige beplanning en skeppende denke is nodig in die uitdagende 18 maande in aanloop tot volgende jaar se Wêreldbekertoernooi. Suid-Afrika se seisoen skop in Julie af met die eerste Nasies-kampioenskap. In Augustus begin ’n geskiedkundige reeks van vier toetse tussen die Bokke en die All…
In November 2025 het die land se handelsbalans, die verskil tussen die land se uitvoere en invoere, 'n tekort van 4,4 miljard Namibiese dollar aangeteken. Die ontleding van die top handelsvennote toon dat Suid-Afrika steeds die land se grootste mark vir beide uitvoere en invoere is. Mirjam Shihepo, kommunikasie-beampte van…
Navo se sekretaris-generaal, Mark Rutte, sê Europa kan homself nie sonder Amerika se ondersteuning verdedig nie. Dit volg nadat sommige Europese politici 'n afsonderlike Europese Weermag voorgestel het weens twyfel oor die Amerikaanse president, Donald Trump, se verbintenis tot die vasteland se sekerheid. Spanning oor Groenland het die kwessie vererger…
Die Direkteur van die Voeding- en Voedselsekuriteitsalliansie van Namibië, Ben Schernick, het aan Kosmos 94.1 Nuus hulle planne vir 2026 uiteengesit. Die nuwe administrasie sal fokus op voedselsekerheid en armoede-uitwissing, onder ander kwessies. Schernick verduidelik ook dat hulle baie nou met die regering wil saamwerk.
Die vakverbond Cosatu maan die regering om nie voort te gaan met sy beplande Weermagdag-parade met 'n begroting van 372 miljoen Suid-Afrikaanse rand nie. Die geleentheid word vir 21 Februarie in Thohoyandou, Limpopo, beplan. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê die vermorsing van skaars hulpbronne is ʼn belediging vir die duisende weermaglede…
Trustco Namibia is tans steeds gedompel in 'n sogenaamde "Hostile Takeover". Die maatskappy se grootste aandeelhouer Riskowitz Value Fund het stappe begin om die hoof uitvoerende beampte en stigter, Quinton van Rooyen van Trustco Namibië af te dank. Die Trustco-raad het verlede die vyandige oorname blokkeer en het aangevoer die…
Die Stad Windhoek waarsku inwoners van 'n voortdurende bedrogspul wat gemeenskappe teiken. Bedrieërs bel inwoners en dreig hulle met opskorting of ontkoppeling van munisipale dienste tensy onmiddellike betalings via e-beursies of ander mobiele geldbeursies gemaak word. Sommige bedrieërs is selfs aangemeld na hulle huise besoek het en probeer het om…
Dit gaan baie jare neem vir Gaza se 1 miljoen kinders om te oorkom wat hulle deurgemaak het. Dit is die standpunt van Unicef-woordvoerder Tess Ingram. Sy sê ondersteuning vir geestesgesondheid is tans kritiek.
Die Stad Kaapstad se wetstoepassingsagentskappe het die afgelope week 404 verdagtes vasgetrek en 97 141 boetes uitgereik. Dis die meeste inhegtenisnemings nóg vanjaar, en kom neer op 1 358 mense wat die afgelope vier weke gearresteer is. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die Openbare Noodkommunikasiesentrum het…
27 Jan 4AM
1 min
920 – 940
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.