Dit gaan baie jare neem vir Gaza se 1 miljoen kinders om te oorkom wat hulle deurgemaak het. Dit is die standpunt van Unicef-woordvoerder Tess Ingram. Sy sê ondersteuning vir geestesgesondheid is tans kritiek.
Die Stad Kaapstad se wetstoepassingsagentskappe het die afgelope week 404 verdagtes vasgetrek en 97 141 boetes uitgereik. Dis die meeste inhegtenisnemings nóg vanjaar, en kom neer op 1 358 mense wat die afgelope vier weke gearresteer is. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die Openbare Noodkommunikasiesentrum het…
Die Verenigde Nasies se Menseregte-hoof, Volker Türk, waarsku die gewelddadige onderdrukking van Iran se mense skep toestande vir verdere onbestendigheid en bloedvergieting. Iranse sekuriteitsmagte se gewelddadige onderdrukking van vreedsame betogings vroeër die maand het volgens berigte tot meer as vyfduisend sterftes gelei. Türk sê Iran is een van die lande…
Namibië neem sy toerismeboodskap reguit na die wêreld. Die Namibiese Toerismeraad versterk globale vennootskappe, met sy uitvoerende hoof wat onlangs die Matka-reisbeurs in Finland bygewoon het om Namibië voor te stel aan belangrike Nordiese markte wat aangetrokke is tot die natuur, bewaring en outentieke kulturele ervarings. Die Toerismeraad se woordvoerder,…
Die DA het die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat skriftelik versoek vir die jongste syfers en uitgebreide inligting oor aantygings van verkragting teen beamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens. In 2022/23 is 122 verkragtingsake teen SAPD-beamptes aangemeld. Die volgende boekjaar was dit 110 sake, met 'n verdere 97 sake in 2024/25. Lisa Schickerling van…
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, het streeks- en plaaslike owerhede versoek om ondernemings jeugbesit in hul verkrygingsprosesse te oorweeg. Sankwasa het verkrygingskomitees gekritiseer omdat hulle die land volgens hom in die steek laat deur buitelandse maatskappye bo plaaslike besighede te bevoordeel. Hy sê dit is kommerwekkend…
Die voormalige Vrystaatse premier, Ace Magashule, is ontnugter oor die voortgesette vertragings in sy asbeskorrupsieverhoor. Hy en 16 van sy medebeskuldigdes staan tereg op aanklagte van bedrog en korrupsie wat verband hou met 'n twyfelagtige tender van 255 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir die vervanging van asbesdakke in die Vrystaat. Hulle…
Die DA sê volgende maand se vieringe vir Gewapende Magtedag in Thohoyandou, Limpopo, die tuisdorp van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermaghoof Rudzani Maphwanya, bewys verdedigingsprioriteite is buite beheer. Die party waarsku die SANW sukkel met vliegtuie op die grond, projekte wat nie vorder nie en mislukte militêre gesondheidsorg. Chris Hattingh van…
Die Internasionale Dag van Onderwys is die naweek gevier om onderwys as 'n basiese mensereg te erken en om die belangrike rol te beklemtoon wat jongmense speel in die vorming van skole en leer. Vanjaar se geleentheid fokus daarop om leerders 'n stem te gee in die besluite wat hul…
President Donald Trump van Amerika sê hy het ʼn positiewe telefoongesprek met Minneapolis se Demokratiese burgemeester, Jacob Frey, gehad en hulle maak vordering. Dit volg nadat Grensbeheer Saterdag die 37-jarige Alex Pretti in Minneapolis doodgeskiet het. Grensbeheer se topamptenaar, Gregory Bovino, en sommige van sy agente sal volgens berigte Minneapolis…
Die hooggeregshof in Durban, KwaZulu-Natal, het die saak van 62 vermeende aanhitsers van die onrus in Julie 2021 is nou hofgereed. Meer as 300 mense is in die onluste in KZN en Gauteng dood. Die voormalige Fees Must Fall-aktivis en vermeende aanhitser, Bonginkosi Khanyile, het aan die hof gesê die…
Die Windhoek Stadspolisie het kommer uitgespreek oor die toenemende gevalle van rooftogte en huisbrake wat reg oor die stad plaasvind. Nasionale huisbrake en diefstalvoorvalle het met 114 persent gestyg gedurende die 2025/2026-feestydperk, van 282 tot 623 gevalle. Woordvoerder van die Stadspolisie, Superintendent Marcelline Murapo, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Plaaslike graanproduksie sal volgens die Namibiese Landbou-unie na verwagting vanjaar verbeter, met normale tot bogemiddelde reënval wat in die huidige reënseisoen voorspel word. Sowat 67 persent van die land se graanbehoeftes sal steeds ingevoer moet word. Plaaslike aankope van witmielies sal na verwagting met 10 000 ton toeneem, terwyl koringproduksie…
Reaksie word ontvang op Chinese kontrakteurs wat die meerderheid konstruksie tenders vir paaie en spoorweë ontvang met meer as 11 miljard Namibiese dollar wat in die afgelope ses jaar deur hulle verdien is. Die uitvoerende hoof van die Konstruksie Industrie Federasie, Bärbel Kirchner, sê die plaaslike bedryf word opsy geskuif…
Die Hooggeregshof in Bloemfontein het die 255-miljoen Suid-Afrikaanse rand-asbesdak-korrupsieverhoor tot 2 Maart uitgestel. Die oud-premier Ace Magashule, sy voormalige persoonlike assistent, Moroadi Cholota, en 15 ander staan tereg op meer as 70 aanklagte, insluitend bedrog, geldwassery en korrupsie wat verband hou met 'n asbestender in 2014. Vertragings is veroorsaak deur…
Die Israeliese weermag sê hulle het die liggaam van die laaste gyselaar in Gaza gevind, wat die weg baan vir die volgende fase van Amerikaanse president Donald Trump se vredesplan om aan die gang te kom. Die weermag het Sondagoggend begin soek na meester-sersant Ran Gvili se oorskot in 'n…
Die staking by Namib Mills deur die vakbond Naretu duur voort. Kosmos 94.1 Nuus het met Naretu se leier Peterson Kambinda gepraat. Dit wil voorkom as die vakbond se strategie is om Namib Mills se produksie tot stilstand te bring.
Die Vryheidsfront Plus doen 'n beroep op owerhede om gebiede waar bek-en-klouseer nog nie voorkom nie, te beskerm te midde van ontwrigtings in veemarkte. Wynand Boshoff van die party beklemtoon besmette diere moenie vervoer word nie en dokumente wat 'n siektevrye status bewys, is noodsaaklik. Hy sê provinsiale grense en…
Die Swakopmund munisipaliteit herinner diere-eienaars daaraan dat hondelisensies teen 28 Februarie hernu moet word. Voor die lisensies uitgereik word aan inwoners moet die honde voldoen aan sekere vereistes. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Swakopmund munisipaliteit, Linda Mupupa, gepraat:
26 Jan 9AM
1 min
940 – 960
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.