Die Israeliese weermag sê hulle het die liggaam van die laaste gyselaar in Gaza gevind, wat die weg baan vir die volgende fase van Amerikaanse president Donald Trump se vredesplan om aan die gang te kom. Die weermag het Sondagoggend begin soek na meester-sersant Ran Gvili se oorskot in 'n…
Die staking by Namib Mills deur die vakbond Naretu duur voort. Kosmos 94.1 Nuus het met Naretu se leier Peterson Kambinda gepraat. Dit wil voorkom as die vakbond se strategie is om Namib Mills se produksie tot stilstand te bring.
Die Vryheidsfront Plus doen 'n beroep op owerhede om gebiede waar bek-en-klouseer nog nie voorkom nie, te beskerm te midde van ontwrigtings in veemarkte. Wynand Boshoff van die party beklemtoon besmette diere moenie vervoer word nie en dokumente wat 'n siektevrye status bewys, is noodsaaklik. Hy sê provinsiale grense en…
Die Swakopmund munisipaliteit herinner diere-eienaars daaraan dat hondelisensies teen 28 Februarie hernu moet word. Voor die lisensies uitgereik word aan inwoners moet die honde voldoen aan sekere vereistes. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Swakopmund munisipaliteit, Linda Mupupa, gepraat:
Die Kuberveiligheidswetgewing is op die inligtingsministerie se agenda, en sal belangrike kwessies bevat, soos die gebruik van KI-video's. KI word ‘n wesenlike uitdaging, veral aanlyn. Die lynminister, Emma Theofelus, het aangekondig dat die wetgewing in die Nasionale Vergadering bekendgestel sal word. Sy het meer.
Stedelike ontwikkelingsminister James Sankwasa het reageer op mediaberigte dat hy 174 000 Namibiese dollar aan NamWater skuld terwyl hy vir nuut verkose raadslede met uitstaande munisipale skuld preek. Sankwasa het aan media gesê dat sy skuld nie beteken ander hoef nie hul skuld te betaal nie. Hy sê ook dat…
Die Parlementêre Staande Komitee oor Stedelike en Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming hou belanghebbendes-konsultasievergaderings in Rundu aan wat daarop gemik is om die behuisingsagterstand in die land aan te spreek. Die vergaderings is deel van 'n breër reeks konsultasies en toesigbesoeke wat ten doel het om Namibië se behuisingsagterstand aan te…
Die waarnemende adjunk-polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Anthony Gopaul, het voor die Madlanga-kommissie getuig die polisieminister, Senzo Mchunu, het hom gekontak oor die moord op die ANC-wyksraadslid van Mandeni, Phendukani Mabhida. Gopaul sê Mchunu het inligting oor verdagtes en aanklagte gevra, wat hy na ondersoekbeamptes en senior amptenare verwys het. Hy beklemtoon…
Die omgewingsministerie het vanoggend openbare konsultasies oor die voorgestelde sand- en gruismynbouregulasies kragtens die Omgewingsbestuurswet in Swakopmund afgeskop. Adjunk-omgewingskommissaris Caroline !Garus-Oas sê die wysigings is daarop gemik om die sektor te formaliseer en wydverspreide onwettige mynbou aan te spreek wat grondagteruitgang en veiligheidsgevare soos oop groewe wat met reënwater vul,…
Die Hoër Onderwys-minister, Buti Manamela, vra 2025 se matrieks om verskeie naskoolse keuses te oorweeg. Hy het in Pimville, Soweto, gepraat, waar die top-presteerders in Gauteng sertifikate en studiebeurse ontvang het, en leerders aangemoedig om nie net na tradisionele universiteite te kyk nie. Matrieks het 'n geskiedkundige hoë slaagsyfer behaal…
Die bekende Britse kenner van geskiedenis, lord Andrew Roberts sê daar is 'n moontlikheid dat 'n nuwe groep op die been gebring moet word wat bestaan uit demokratiese lande soortgelyk aan Navo, maar sonder Amerikaanse betrokkenheid. In ‘n gesprek met Sky News sê hy die VSA onder Donald Trump sal…
Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê die party moet vry wees van begunstiging, korrupsie en faksievorming. Hy het gister die slotrede gelewer ná die nasionale uitvoerende komitee se lekgotla in Boksburg, Gauteng. Partyleiers van oor die land het vergader om ʼn aksieplan te finaliseer om prioriteite in te stel wat in…
Die Suid-Afrikaanse rand het vandag, vir die eerste keer sedert 2022 tot onder 16 teen die Amerikaanse dollar versterk. Teen 11-uur vanoggend het die wisselkoers op 15,99 gestaan met die Amerikaanse dollar maar toe teruggespring na 16,01. Ekonoom Dawie Roodt glo die verswakking in die Amerikaanse geldeenheid is kortstondig.
Marlice van Vuuren, die bekende natuurbewaarder en medestigter van N/a'an ku sê, het Finland besoek vir die 2026 Matka. Matka is die grootste reisbedryfsgeleentheid in Noord-Europa. Van Vuuren het Namibië op die wêreldverhoog verteenwoordig. Sy sê baie mense in Finland weet steeds nie van Namibië nie.
Daar is goeie nuus oor reënval. Weerkenner George van der Merwe sê die stelsel het begin draai en daar is ‘n goeie kans dat neerslae sal terugkeer – veral omdat ons nou amptelik in ons groot reënseisoen is.
Die regering het die aanlyn aansoeke vir 2026 NSFAF amptelik van stapel gestuur. Die lynminister het beklemtoon dat die regering sal voortgaan om klasgeld en registrasiegelde vir in aanmerking komende studente te dek, terwyl behoeftegebaseerde nie-klasgeldondersteuning verskaf word om met lewenskoste te help. Dr. Sanet Steenkamp het ook 'n beroep…
Kanada se eerste minister, Mark Carney, sê sy land streef nie na ʼn vryhandelsooreenkoms met China nie. Dis in reaksie op president Donald Trump van Amerika se dreigement om ʼn 100-persent-tarief op Kanadese uitvoere in te stel indien Ottawa ʼn handelsooreenkoms met Beijing sluit. Carney sê volgens die vryhandelsooreenkoms met…
26 Jan 4AM
1 min
960 – 980
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.