GROOTfm 90.5 Ontbyt met Doepie en Nina

Ontbyt met Doepie en Nina

Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
947 Episodes
1 – 20

#OntbytMetDoepieEnNina - Ollyvans "Op YS"

Van die wynlande in Franschhoek tot die opnamestudio's van Suid-Afrika, bewys Ollyvans dat kreatiwiteit geen grense ken nie. Ná sy debuutduet saam met Tasché verlede jaar, tree Ollyvans nou weer na vore as kunstenaar met sy nuwe enkelsnit, "Op Ys"
19 Oct 21 min

#OntbytMetDoepieEnNina - SA se aanlyn dobbel probleem

Die aanlyn dobbelbedryf floreer terwyl Suid-Afrikaanse huishoudings toenemend, as gevolg daarvan, onder geldelike druk verkeer. Miljarde rande word jaarliks verwed in ʼn bedryf wat volgens nuwe navorsing van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) nie net mense se inkomste raak nie, maar ook gesinne se vermoë om die pot aan die kook…
19 Oct 15 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Doepie die Kunstenaar

Nina is opsoek na n mooi kunswerk vir n muur in haar huis. Doepie het toe besluit miskien is dit n goeie idee as hy probeer skilder. Van die mense kon die visie sien en ander het gedink dis nie eers kuns nie.
16 Oct 20 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Rooksein

Rooksein kuier by Doepie en Nina om te gesels oor hulle nuwe liedjie saam met Zaan Sonnekus en ook wat hulle tans mee besig is.
15 Oct 21 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Sy wat wil dien (Arina Jooste)

'n Nuwe Afrikaanse boek werp lig op die dikwels onvermelde rol van soldaatvroue gedurende die jare van die SA Weermag, die grensoorlog en die oorgang na die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. Die boek, geskryf deur ‘n veteraan, voormalige soldaat en soldaatvrou, vertel die verhaal van 'n generasie vroue wat saam met…
8 Oct 13 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Veiligheid vir vrouens

Carla Prinsloo van The Edge Training academy het vir ons kom vertel hoekom vrouens maklike teikens is vir ontvoerders asook vir Nina 'n paar praktiese wenke gegee oor hoe om haarself te verdedig.
5 Oct 16 min
1 – 20