GROOTfm 90.5 Mid-oggend met Sarina

Mid-oggend met Sarina

Mid-oggend is jou daaglikse dosis lag, lekker gesels en lieflike musiek – Maandag tot Vrydag van 09:00 tot 12:00. Sarina bring haar warm persoonlikheid, skerp humorsin en ’n bietjie sprankel om jou dag op te kikker. Ons deel belangrike en interessante nuusberigte, en bring ’n gesellige atmosfeer waar jy tuis voel.
Daily Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness
231 Episodes
1 – 20

ABC van Ouerskap: V - Verlies

In die ABC van Ouerskap fokus ons vandag op die V vir Verlies – spesifiek kind- en swangerskapsverlies. Dit is ’n onderwerp waaroor daar dikwels min gepraat word, maar vir ’n ouer kan die verlies van ’n baba of kind ’n diep en langdurige impak hê. Kliniese sielkundige, Dr Mia…
20 Oct 5AM 11 min

Moeilike gesprekke en konflikhantering - Anja van Beek

Moeilike gesprekke is deel van die lewe – of dit nou by die huis met jou lewensmaat of kinders is, of by die werk met ’n kollega of bestuurder. Tog vermy ons dit dikwels omdat ons bang is vir konflik, iemand se gevoelens wil spaar of nie weet hoe om…
19 Oct 6AM 19 min

VERSKILMAKERS: ARC

Vir mense wat uit moeilike en traumatiese omstandighede kom, kan die pad na herstel lank wees – maar om weer ’n doel, vaardighede en onafhanklikheid te vind, kan ’n belangrike deel van daardie proses wees. Die Arise Restoration Centre is besig om juis dit prakties aan te pak met ’n…
15 Oct 5AM 8 min

Sarina gesels met Gretha Wiid

Mid-oggend is jou daaglikse dosis lag, lekker gesels en lieflike musiek – Maandag tot Vrydag van 09:00 tot 12:00. Sarina bring haar warm persoonlikheid, skerp humorsin en ’n bietjie sprankel om jou dag op te kikker. Ons deel belangrike en interessante nuusberigte, en bring ’n gesellige atmosfeer waar jy tuis…
6 Oct 7AM 23 min

ABC van Ouerskap: U - Uitbarstings

In die ABC van Ouerskap kyk ons vandag na die U vir Uitbarstings – daardie oomblikke wanneer jou kind skielik op die vloer lê, huil, skree, stamp of eenvoudig heeltemal oorweldig lyk. Maar hoekom gebeur tantrums, is dit normale deel van ontwikkeling, en hoe behoort ’n ouer dit te hanteer…
6 Oct 4AM 17 min

ABC van Ouerskap: T- Tieners

In die ABC van Ouerskap kyk ons vandag na die T vir Tieners – ’n fase wat vir kinders én ouers groot veranderinge kan bring. Die verhouding tussen ’n tiener en sy of haar ouers kan soms onder druk kom, juis wanneer tieners meer onafhanklikheid begin soek. Maar hoe behou…
29 Sep 6AM 12 min

Aktualiteit: Hoe gemaak met straatligte wat nie werk nie?

Swak straatbeligting rondom skole skep nie net ’n sigbaarheidsprobleem nie, maar kan volgens AfriForum se Groot Pretoria-Oos-tak ook ’n ernstige veiligheidsrisiko vir leerders, ouers en onderwysers inhou. Die organisasie het bevind dat verskeie skole in onder meer Garsfontein, Wapadrand, Faerie Glen en Constantiapark met onvoldoende beligting sukkel, en het daarom…
23 Sep 7AM 13 min

ABC van Ouerskap: S - Sosiale media

Sosiale media is vandag deel van ons kinders se wêreld — soms lank voordat ons as ouers besef hoe groot die invloed daarvan is. Van foto’s en video’s wat ons oor ons kinders plaas, tot die ouderdom waarop hulle self toegang tot platforms kry: daar is heelwat om oor na…
22 Sep 6AM 12 min

Snoete-goete: Jagluiperdsensus

’n Jagluiperd in die wild is vir baie van ons ’n besonderse ervaring – maar daardie foto wat jy sommer met jou foon neem, kan veel meer beteken as net ’n mooi herinnering. Die Bedreigde Wildlewe Trust, saam met SANParke, begin nou met die 2026/27 Greater Kruger Cheetah Photographic Census,…
21 Sep 6AM 6 min

Aktualiteit: Reeksmoordenaar in Kempton Park?

Die polisie is tans versigtig om te sê of die agt vroue wie se liggame in Gauteng gevind is, met mekaar verbind kan word. Maar wanneer daar ’n reeks soortgelyke sterftes is, ontstaan die vraag natuurlik: wanneer begin ’n mens van ’n moontlike reeksmoordenaar praat? En wat moet ondersoekers op…
16 Sep 6AM 13 min

ABC van Ouerskap: R- RS Virus

By die R van ons ABC van Ouerskap kyk ons vandag na RSV – die respiratoriese virus wat veral vir jong babas tot ernstige asemhalingsprobleme en selfs hospitalisasie kan lei. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het bevestig dat Suid-Afrika se 2026 RSV-seisoen reeds in Maart begin het, en RSV…
15 Sep 5AM 8 min

You Matter Walk 2026

Die YouMatterWalk het onlangs by The Big Red Barn in Irene plaasgevind en weer honderde mense bymekaar gebring om 'n kragtige boodskap uit te dra: Jy maak saak. Die inisiatief is gebore uit persoonlike verlies, maar het oor die afgelope vyf jaar ontwikkel tot 'n beweging wat hoop bring, gesprekke…
15 Sep 2AM 12 min

Dink jouself gelukkig!

13 September is Dink-positief-dag – ’n goeie geleentheid om ’n bietjie stil te staan by die krag van ons denke. Ons kan nie altyd kies wat met ons gebeur nie, maar ons kan leer om anders te kyk na dit wat met ons gebeur. En dit is presies waaroor Pieter…
11 Sep 6AM 12 min
1 – 20