GROOTfm 90.5 Mid-oggend met Sarina

Mid-oggend met Sarina

Mid-oggend is jou daaglikse dosis lag, lekker gesels en lieflike musiek – Maandag tot Vrydag van 09:00 tot 12:00. Sarina bring haar warm persoonlikheid, skerp humorsin en ’n bietjie sprankel om jou dag op te kikker. Ons deel belangrike en interessante nuusberigte, en bring ’n gesellige atmosfeer waar jy tuis voel.
Daily Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness
58 Episodes
20 – 40

Prembaba's: uitdagings en wenke vir die eerste maande

Wanneer 'n baba te vroeg gebore word, is daar dikwels baie uitdagings wat daarmee saamkom. Prof Welma Lubbe, direkteur van Navorsingseenheid vir kwaliteit in verloskunde en verpleegkunde, verduidelik wat ouers kan verwag en gee praktiese wenke vir daardie eerste paar maande. Sy praat ook oor die belangrikheid van borsvoeding spesifiek…
17 Nov 2025 5AM 11 min

Prembaba's: Hoe lyk tegnologiese vooruitgang in SA?

Prof Welma Lubbe, direkteur van Navorsingseenheid vir kwaliteit in verloskunde en verpleegkunde aan die NWU verduidelik hoe tegnlogie en ondersteuning al verbeter het om vir prembaba's en mikropreemies 'n beter kans op oorlewing te gee.
17 Nov 2025 5AM 6 min

Wêreld Prembaba dag - Prof Welma Lubbe

17 November is Wêreld Prembabadag. Prof Welma Lubbe, direkteur van Navorsingseenheid vir kwaliteit in verloskunde en verpleegkunde aan die Noordwes Universiteit gee 'n oorsig van die uitdagings wat dikwels saam met vroeggebore baba's kom.
17 Nov 2025 4AM 5 min

Afrikaanse Wikipedia

Die Afrikaanse weergawe van Wikipedia het tans net oor die 127 000 artikels, en groei teen ongeveer 15 artikels per dag. Ondersteun ons deur die Afrikaanse Wikipedia te gebruik, en help ons om hom uit te bou! Enige iemand kan as gebruiker registreer. Deon Steyn het ons meer kom vertel…
12 Nov 2025 5AM 11 min

Aktualiteit: Aprav bekommerd oor onreëlmatighede by Padongelukfonds

Die Padongelukfonds (POF) is tans in die spervuur ná bewerings van wanbestuur, onwettige prosedures en grootskaalse administratiewe verval. Tydens ʼn mediakonferensie in Pretoria het die Vereniging vir die Beskerming van Padongelukslagoffers (Aprav) ’n dringende beroep gedoen op die minister van vervoer om in te gryp. Pieter de Bruyn, uittredende voorsitter…
12 Nov 2025 5AM 9 min

Unspoken War

Unspoken War is ’n rou en eerlike vyfdelige Showmax- en M-Net-dokureeks wat lig werp op Suid-Afrika se grensoorlog – van 1966 tot 1989. Met seldsame argiefmateriaal en intieme getuienisse van voormalige soldate, SWAPO-vegters, families en historici, word die menslike prys van ’n oorlog sonder erkenning of gesprek uiteindelik oopgevlek. Die…
12 Nov 2025 5AM 10 min

Wêreld Aannemingsdag - Pieter Cloete deel sy storie

Op 9 November word Wêreld Aannemingsdag gevier. Sarina het vir Pieter Cloete genooi om sy verhaal van aanneming, identiteit en aanvaarding. . Ná dekades van selfsoek het Pieter onlangs, deur ’n DNS-toets, begin om die raaisels van sy biologiese herkoms te ontrafel. Tog lê sy ware ontdekking nie in genetika…
10 Nov 2025 5AM 20 min

VERSKILMAKERS: ZA Cheetah Conservation

Vandag in Verskilmakers hoor ons ’n storie van liefde, moed en ’n ma se besluit om hoop te kies ná ondenkbare verlies. Bianca Pretorius se dogtertjie, Isabella, is in 2016 gebore met ernstige gesondheidsprobleme en is ná ’n lang en dapper stryd in 2024 oorlede aan Diamond Blackfan Anemia –…
10 Nov 2025 4AM 31 min

FEDSAS oor skoleplasings

Terwyl ouers in Pretoria en omliggende gebiede nog wag om te hoor by watter skole hul kinders volgende jaar geplaas gaan word, blyk dit dat die plasingstelsel in Gauteng onder groot druk is. Die frustrasie van ouers en skole neem toe, en bedrieërs gebruik die onsekerheid om voordeel te trek…
5 Nov 2025 5AM 16 min

CRPS bewusmaking - Christelle de Beer draf 1000 dae agtereenvolgens

November is CRPS bewusmakingsmaand. Dit staan vir "complex regional pain syndrome". Christelle de Beer se voetbrug het in 2020 platgeval en dit was die begin van 'n lang en pynlike reis tot sy uiteindelik met CRPS gediagnoseer is. Sy het elke dag van haar lewe pyn. Tog laat sy nie…
3 Nov 2025 5AM 12 min

GEE-week: Moeggesukkel & SA Cares

#MidOggend met Sarina se gesprek gee vir ons daardie HOOPstoot wat mens nodig het om aan te hou GEE. Sarina gesels met Jacques Papenfus, stigter van Moeggesukkel, Sanet Fagan, besturende direkteur van SA Cares for Life, en Liaune en Surisa van Atterbury Trust. Jacques het gedeel hoe Moeggesukkel ’n toevlug…
30 Oct 2025 2AM 31 min

GEE-week: Charonike gebed

Nadat die Mid-Oggend span daarin kon slaag om met behulp van gehoorsame en getroue luisteraars R100 000 in te samel, het Charonike almal in trane gehad met haar hartroerende dankgebed. Luister gerus en bid saam.
30 Oct 2025 2AM 1 min

GEE-week: Atterbury Trust rentevrye studiebeurslenings

#MidOggend met Sarina het met drie ongelooflike vroue gesels wat bewys dat drome werklik waar kan word – danksy die Atterbury Trust Rentevrye Studiebeursleningsinisiatief. 💫 Jacomien Rousseau het haar inspirerende storie gedeel – van beursstudent tot suksesvolle Geoktrooieerde Rekenmeester (CA). Sy is een van die eerste in haar familie met…
27 Oct 2025 8AM 18 min

Snoete-goete: Hitte-uitputting in troeteldiere

Dis somer en die temperature styg — maar dit beteken ook ons troeteldiere loop ’n groter risiko vir hitte-uitputting. Ons het met Dr. Bianca van Zyl van Garsfontein Veterinary Clinic gesels oor hoe om jou hond of kat veilig en koel te hou in hierdie warm maande.
24 Oct 2025 6AM 10 min

VERSKILMAKERS: U-Turn

Haweloosheid is kompleks en raak ons almal, maar in die hart van Pretoria is daar nou uitkomkans. U-Turn Pretoria se terapeuties-gebaseerde vier-fase program bied stap vir stap hoop. Dit sluit in hulp met basiese behoeftes, rehabilitasie, terapie, werksgereedheid en vaardigheidsontwikkeling. Met ’n 85% langtermyn sukseskoers oor meer as 25 jaar,…
24 Oct 2025 6AM 11 min

Geestesgesondheidsmaand - Dr Melané van Zyl

Oktober is Geestesgesondheidsmaand, en nuwe statistiek oor selfdood onder Suid-Afrika se eerstelynwerkers is ontstellend. Gemiddeld neem een lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens elke week hul eie lewe. In die afgelope jaar alleen was daar 54 sulke gevalle — en meer as 300 oor die afgelope sewe jaar. Volgens die Suid-Afrikaanse…
22 Oct 2025 6AM 7 min

Aktualiteit: Privaat universiteite kan binnekort formeel erken word

Met die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding se goedkeuring van die nuwe beleid wat privaat universiteite in Suid-Afrika formeel erken, breek ’n heel nuwe era vir tersiêre onderwys aan. Akademia, as een van die land se voorste privaat hoëronderwysinstellings, staan bekend as ’n instelling wat reeds jare lank akademiese…
22 Oct 2025 5AM 8 min

Snoete-goete: Blood Lions

’n Nuwe studie deur Blood Lions en World Animal Protection wys duidelik: Daar is geen bewys dat aanhouding en teel van leeus in Suid-Afrika enige behoudsvoordele bied nie — inteendeel, dit kan die vraag na leeu-produkte en onwettige handel aanwakker. Met sowat 8 000 leeus in byna 350 aanhou- en…
21 Oct 2025 5AM 8 min

Nasionale Voedingsweek - Natascha Olivier

Nasionale Voedingsweek word jaarliks vanaf 9-15 Oktober gehuldig. Hierdie jaar se tema is “Food for health, health for all” = “voedsel vir gesondheid, gesondheid vir almal”. Dieetkundige, Natascha Olivier het by Sarina aangesluit om te gesels oor praktiese maniere om meer gesonde kosse in jou dieët in te werk en…
16 Oct 2025 6AM 18 min
20 – 40