BoerPot

BoerPot is ’n Agri Podcast waar ons gereeld gesels oor alles wat met landbou en Agripreneurskap te make het.

BoerPot is podcast dedicated to the agricultural sector where we regularly discuss everything related to the business of farming.
Occasionally Afrikaans South Africa Business · Education
62 Episodes
1 – 20

Jongboerfinaliste Reeks: Jimmy Malan

Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou Die Malan plaas se ryk geskiedenis van nuuskierigheid en vooruitstrewendheid het oor 110 jaar van bestaan tot heelwat sukses gelei. Van vroeg af het die stigter van die plaas, [oupa grootjie], ‘n punt daarvan gemaak om die beste plant metodes toe te…
13 Nov 2024 52 min

Vrystaat Landbou Kongres 2024 - Prof. Johan Willemse

Prof Johan Willemse het die kwessie oor winsgewindheid in landbou aangespreek tydens Vrystaat Landbou se 2024 Kongres. Die Vrystaat Landbou (VL) se kongres het 7 & 8 Augustus in Bloemfontein plaasgevind. Die organisasie het vanjaar hul 120ste bestaansjaar gevier en het gehoop om met dié kongres saam met belanghebbendes te…
26 Sep 2024 59 min

Vrystaat Landbou Kongres 2024 - John Steenhuisen

Minister van Landbou, mnr John Steenhuisen, het tyd ingeruim om Vrystaat Landbou se 120ste bestaansjaarvieringe by te woon en het onomwonde bevestig dat hy die saak van landbou en die landbouers enduit sal verdedig. Die Vrystaat Landbou (VL) se kongres het 7 & 8 Augustus in Bloemfontein plaasgevind. Die organisasie…
26 Sep 2024 9 min

Vrystaat Landbou Kongres 2024 - Johan Kotzé

Johan Kotzé, Hoof uitvoerende beampte van Agri SA, gesels met kongresgangers oor die toekoms en doel van georganiseerde landbou. Die Vrystaat Landbou (VL) se kongres het 7 & 8 Augustus in Bloemfontein plaasgevind. Die organisasie het vanjaar hul 120ste bestaansjaar gevier en het gehoop om met dié kongres saam met…
26 Sep 2024 40 min

Vrystaat Landbou Kongres 2024 - Francois Wilken

President van Vrystaat Landbou, Francois Wilken, het kwessies soos landelike veiligheid, vervalle infrastruktuur, noodsaaklikheid van betrokkenheid in sy praatjie bespreek. Die Vrystaat Landbou (VL) se kongres het 7 & 8 Augustus in Bloemfontein plaasgevind. Die organisasie het vanjaar hul 120ste bestaansjaar gevier en het gehoop om met dié kongres saam…
26 Sep 2024 35 min

Vrystaat Landbou Kongres 2024 - Prof. Cobus Oberholster

Prof Cobus Oberholster het kongresgangers laat nadink oor die toekoms van die landbouer. Die Vrystaat Landbou (VL) se kongres het 7 & 8 Augustus in Bloemfontein plaasgevind. Die organisasie het vanjaar hul 120ste bestaansjaar gevier en het gehoop om met dié kongres saam met belanghebbendes te bou op die suksesse…
26 Sep 2024 56 min

Jongboerfinaliste Reeks: Sophy Litshani

Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou Sophy, 'n verpleegster wat boer geword het, se reis het haar van 'n agterplaas-tuin na 'n 14-hektaar plot naby Vosloorus, Gauteng gelei. Haar maatskappy, Vhegies, voorsien nou vars produkte aan plaaslike markte, gedryf deur haar passie vir voeding en gesondheid. Sophy se…
18 Sep 2024 1 hr 43 min

Jongboerfinaliste Reeks: Ian Cunningham

Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou Farmers are often seen as stubborn and set in their ways. They mostly stick to what they know and steadily build on what they have. But Ian Cunningham, a fruit farmer from Grabouw, seems to be far from inflexible. Having sold their…
2 Sep 2024 47 min

Jongboerfinaliste Reeks: Anita Browne

Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou In our collective imagination, South African farmers often conjure a stereotypical image: an Afrikaans-speaking, khaki-clad man immersed in the physical rigors of the job. But Anita Browne effortlessly defies this conventional portrait. Hailing from Tarlton, she has been an integral part of…
19 Aug 2024 44 min

Jongboerfinaliste Reeks: Jacques & Eugene Beukes

Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou Ons gesels vandag met Jacques en Eugene, wie se familie se boerderygeskiedenis terugstrek tot 1930 in die Worcester Brandwag area. Met die waardevolle leiding van 'n mentor, Oom Hugo, het hulle die fynere kuns van boerdery bemeester. Hulle het die besigheid gestruktureer:…
22 Jul 2024 1 hr 09 min

Jongboerfinaliste Reeks: Christi Van den Heever

Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou Soos die spreekwoord sê, ’n boer maak ’n plan. En daar is min mense wat dit meer uitbeeld as Christi Van den Heever. Die 2023 Jongboer van die Jaar in die Wes-Kaap se roete in die landbou in is dalk onkonvensioneel, maar…
2 Jul 2024 50 min

Jongboerfinaliste Reeks: Alexander Gibson

Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou Boerdery is ‘n deurlopende proses, en die uiteinde is nie net die oes nie. Boere soos Alexander Gibson van Ceres se werk begin eintlik eers wanneer die oes van die lande af is. Op die Doornkraal-plaas, wat al vir meer as 25…
20 May 2024 54 min

Jongboerfinaliste Reeks: Andries Groesbeek

Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou Bewaringsboerdery klink dalk net soos die nuutste gons woord in natuur-aktiviste se woordeskat, maar dit is ‘n belangrike beginsel wat boere liewer vroeër as later moet aanvaar en implementeer.  So sê Andries Groesbeek, Gauteng se Jongboer van die Jaar in 2017, wat…
6 Apr 2024 36 min

Jongboerfinaliste Reeks: Herman du Preez

Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou ‘n Noodgedwonge besluit in boerdery is nie iets wat enige boer wil neem nie. Inteendeel, ‘n boer probeer sy beste om ten alle tye volle beheer te hê van alles wat op sy plaas aangaan. Maar na erge droogtes Noord-Wes getref het…
23 Mar 2024 38 min

Jongboerfinaliste Reeks: Herman Janse van Rensburg

Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou   “Boerdery is in my bloed. Dis my lewe en my liefde.” So sê Herman Janse van Rensburg, die Vrystaat Jongboer van die Jaar 2019. Die saaiboer van Arlington gesels met ons oor sy ervaring van boer in Amerika, die rol van…
8 Mar 2024 43 min

Jongboerfinaliste Reeks: Lion du Plessis

Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou Na jare van stadslewe het Lion Du Plessis prokureur-wees in Pretoria vir boer in Ermelo verruil en teruggekeer na die huis waarin hy grootgeword het. Met die ondersteuning van sy gesin en leiding van sy pa, het hy klein begin en mettertyd…
23 Feb 2024 43 min

Jongboerfinaliste Reeks: Nicky van der Linde

Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou In 2006 het Nicky van der Linde by sy pa op hulle plaas, Geelbos, aangesluit. Sy oupagrootjie het die plaas in 1950 begin. Ongelukkig is Nicky se pa in Desember verlede jaar aan kanker oorlede. Vanaf 2012 fokus hy op mielies en…
22 Dec 2023 45 min

Jongboerfinaliste Reeks: Lukas Lessing

Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou In die eerste van ‘n reeks onderhoude met die dinamiese,innoverende 2023 Jongboerfinaliste, het ek by Lukas Lessing in die Vrystaat, gaan kuier. Lukas het van kleinsaf elke geleentheid en verskoning gebruik om op die plaas te wees. Na ‘n draai in die…
7 Dec 2023 29 min

Episode 35: Rossouw Cillié

Rossouw Cillié beskou boerdery as bykans ’n wettige manier van dobbel. Maar, glo hy, ’n mens moet dit met geloof aanpak. Cillié het 36 jaar gelede by die familie-onderneming, Laastedrif, buitekant Ceres, aangesluit, en voortgebou op die trotse tradisie van vrugte- en groenteverbouing, wat 100 jaar vantevore deur sy oupagrootjie,…
20 Jun 2023 53 min

Episode 34: Daantjie Jordaan

Gholf verg opoffering, presisie en toewyding. Dieselfde geld vir boerdery. Daantjie Jordaan, ’n PGA-gekwalifiseerde professionele gholfspeler, behartig die afgelope 13 jaar die familieboerdery te Grootvlei in Mpumalanga, insluitende ’n 113-jaar oue wildsplaas. Landbou bied toenemend uitdagings, soos uiterste klimaatstoestande en verhoogde insetkostes. ’n Boer maak egter ’n plan, lui die…
9 Jun 2023 1 hr 09 min
1 – 20