Jou Mense My Mense saam met SPAR – Wanneer staal buig

--:--
Alfreda Le Roux het staal in haar bloed, maar hierdie staal het gebuig.

Voor die grendelstaat het Alfreda Le Roux ‘n suksesvolle besigheid gehad waarin sy ou klimrame koop, dit regmaak en weer vir ‘n kompeterende prys verkoop. Soos baie, het sy nie verwag die inperking gaan so groot invloed op nie net haar besigheid, maar ook op haar gemoed hê nie.

Waar sy gewoonlik haar winste gebruik om nuwe voorraad te koop, moes sy dit noodgedwonge aanwend vir oorlewing. Saam met haar woon haar seun, Phillip, haar werkswinkel voorman, Pierre, en hulle verwer, Forgez. Haar besigheid het hulle almal gemaklik onderhou.

Nou, lyk haar tuin dor, haar yskas is dolleeg, en haar skuld en bekommernisse oor haar insulien-voorraad wat koud gehou moet word en nie kan nie as gevolg van elektrisiteits-kostes, word meer. Sy en haar span lewe letterlik van oggend tot middag, en van middag tot aand. Sy vertel ons dat hulle vier ‘n blikkie vis tussen vier verdeel, en twee aande daarvan moet eet.

Sy huil snikkend toe die GROOTfm 90.5 span vir haar kom kuier en vir haar ‘n R2 000 SPAR-geskenkbewys gee, ‘n krag-koepon om haar insulien-bekommernisse te verlig, en met haar deel dat iemand haar voertuig gratis vir haar gaan regmaak.
25 May 2021 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min