Jou Mense My Mense saam met SPAR – Verwag die onverwagse

--:--
Sommige van ons omhels hulle, ander nie soveel nie. Min wetend hoe ernstig hulle hul werk en verantwoordelikheid as karwag ag nie. Die verantwoordelikheid om jou kar en besittings daarin te beskerm, en trots waarmee hulle oorweldig word wanneer jy na jou beskermde voertuig en besittings daarin, toe terugkeer.

Die GROOTfm 90.5-span, saam met die Cosmo Group het die geleentheid aangegryp om 150 karwagte te Seën met sambrele. Om ons waardering te bewys, en bo alles, om hulle vir ‘n slag te kon beskerm – teen son en reën. ‘n Blykie van waardering van ons gemeenskap, aan ons gemeenskap, en hulle toe te rus om die onverwagse te verwag.

Mag ons ons karwagte almal opnuut waardeer en omhels. Ons dankbaarheid op ‘n gepaste manier bewys, en hulle respekteer daar waar hulle in hul teer-kantore in son en reën diensbaar is.
22 Jun 2021 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min