JMMM 11 AUG - Francois Retief, Hemelkind

--:--
Sonja en Francois Retief se lewens het op 21 September 1996 onherroeplik verander. Francois is as 11-jarige sportster die aand omstreeks 18:00 deur ‘n man met sy voetuig raakgery. Die dokters het na Francois se ongeluk gesê sy lewensverwagting is slegs vier maande. Hulle het hom huis toe gestuur "om in sy eie kamer dood te gaan". Volgens hulle sou hy nie uit die koma wakker word nie en sou hy totaal "vegetatief" wees. Boonop nie eers weet dat Sonja sy ma is nie. Ten spyte van hierdie prognose, is Francois op pad om sy 37ste verjaarsdag te vier, en hy weet baie goed dat Sonja sy ma is.

Sonja eindig haar skrywe aan my af met die volgende woorde: ‘Loof die Here, want Hy is goed. Aan Sy liefde is daar geen einde nie. Wat 'n ongelooflike voorreg om Francois vir 36 jaar te kan koester. 'n Ongelooflike kosbare seun wat nooit enigiets as vanselfsprekend aanvaar nie. Wat altyd onvoorwaardelik lief het. Wat elke dag voluit leef, nooit ophou lag nie, nooit ophou glo nie, nooit ophou bid nie. 'n Warrelwind, babbelkous wat soveel liefde uitstraal en 'n ieder en 'n elk met sy aansteeklike lag laat saam skater. Dankie Here dat ek hom elke dag kan vashou in plaas van om by 'n hopie grond 'n blom neer te lê.’

GROOTfm 90.5 kon met behulp van donasies vir Sonja en Francois ‘n ‘Patient Lifter – Hydraulic Hoist’ en ‘n pasgemaakte ‘Riser Recliner’ stoel skenk. Ons kon ook, met behulp van ons familie by SPAR, vir Sonja en Francois ‘n R2 000-geskenkbewys gee.
11 Aug 2021 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min