Jou Mense My Mense saam met SPAR – Die DRIE Musketeers kan weer heers

--:--
Hendry Botha woon saam met sy 77-jarige pa en 14-jarige seun. Beide Hendry en sy pa het ‘n werk, waarvoor hulle baie dankbaar is, maar, as gevolg van die inperking was albei in ‘n gat gedompel wat al dieper geraak het.

Hulle het geweet dat die woonstel waarin hulle bly in Queenswood in die mark is, en wou begin huis soek. Hulle proses was ongelukkig vertraag met die dat hulle al drie vir ongeveer twee maande in isolasie was as gevolg van Covid 19. Toe die huis uiteindelik verkoop is ‘n week terug, toe raak dit ‘n realiteit dat hulle ‘n nuwe heenkome moet vind – voor 31 Augustus.

Hendry vertel vir ons dat hy tevergeefs na plekke gaan kyk het, met die wete dat hy nie die deposito saam met die eerste maand se huur kan bekostig nie. Hy vertel van ‘n ideale woonstel vir die drie manne, en die vrou in hulle lewe – Amy, die woef! Die woonstel is 500 m van Hendry se pa se salon, en, beskikbaar!
GROOTfm 90.5 het die oortuiging gehad om die drie musketeers en hulle Brankenjan te help met ‘n #HOOPstoot. Om Hendry, sy pa en sy seun uit hierdie gat te kry. Ons het met die eienaar van die woonstel geskakel, en gereël vir die deposito en twee maande se huur. Ons kon hulle ook, met die bydrae van SPAR, help met ‘n R1000-SPAR geskenkbewys.
25 Aug 2021 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min