Jou Mense My Mense saam met SPAR – Moedverloor se vlakte het ‘n adres

--:--
As jy ooit gewonder het waar presies moedverloor se vlakte lê, het ons vir jou die adres. Desire de Beer, haar vier kinders en haar Ma, Tannie Henda, en haar Pa is deur diep waters. Behalwe vir die dorre omstandighede waarin hulle hulself bevind, het hulle op 31 Julie vanjaar, hul broer en seun aan die dood verloor. Desire verdien tans R2 000 ‘n maand, waarmee sy haar vier kinders (waarvan twee jong dogters nog op skool is), haar Ma en haar Pa, probeer ondersteun. Ons het, saam met Lize Bothma van Lize Bothma Begrafnisdienste vir hulle gaan kuier.

Ons harte breek saam met julle, en is vandag dankbaar dat ons, saam met SPAR en Lize Bothma Begrafnisdienste ‘n verskil kon maak. Ons kon hulle skuld vir Jacques se verassing vereffen, en het, na ons gesprek, besluit om vir hulle ‘n verdere R3 000 te skenk – ter wille van ‘n HOOPstoot. Die eerste ding wat hulle gesê het was; ‘Vanaand kan ons lekker eet’. Lize Bothma het aangebied om vir Jacques en sy familie ‘n roudiens te reël. DANKIE, Lize!

Ek wil vir jou wat luister, vra om lewe te spreek oor hierdie gesin. Dat die hartseer wat saam met leuens gemanifesteer het, sal weggespoel word met Sy Lewende Water en Waarheid. Dat hulle opnuut sal bewusword van Sy ontferming oor hulle, en beloftes van ‘n lewe in oorvloed en voorspoed. Ja, wat vir my en jou, maar ook vir hierdie gesin beskore is.
1 Sep 2021 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min