JouMenseMyMense saam met SPAR – In die kake van omstandighede

--:--
Antoniete Louw het data gewen vir ‘n dag, waarmee sy vir ons ‘n epos gestuur het net om te sê hoe opgewonde sy is vir ons kuier! Sy het ‘n hele rukkie terug met ons kontak gemaak, maar, ons het gereeld ingeloer, met die hoop dat ons nog kan help. In haar laaste epos het sy gesê: ‘Nog geen verandering. Die nood is groot vir kos en prepaid krag.’
Haar aanvanklike epos aan ons het in die onderwerp die volgende woorde gehad: ‘Hulp en baie gebede’. Sy het nooit gevra vir geld nie. Hulle grootste behoefte tans is om haar man, Hennie, se kakebeen wat as gevolg van kakebeen-kanker verbrokkel, te herstel. Hulle het ‘n weldoener-dokter genader vir ‘n verwysingsbrief, om moontlik vinniger by die staatshospitaal reg te kom, maar, toe hulle navraag rig om te hoor vir ‘n operasie-datum, hoor hulle daar is 200 ander noodgevalle voor hulle op die waglys. Hennie is ook opsoek na ‘n meer permanente werk, en Antoniete enige werk. Sodat hulle nie net Hennie se kakebeen kan regmaak nie, maar ook hulle seun, Henrique weer kan terugsit in die skool. Hennie se inkomste dek tans die huur en water. Wanneer daar nie geld is vir brandstof nie, loop Pa Hennie 14 km werk toe.
Die eerste ding wat Hennie sê nadat hulle moeilik ontvang het, was die woord, ‘steak’. Mens kon sien hoe smul hulle aan die gedagte van iets wat ons baie maal vanselfsprekend en voordiehandliggend aanvaar. Ja, die ideaal is om vir iemand ‘n visstok te gee, maar soms het iemand ‘n vis nodig. Meer as ‘n vis. ‘n Drukkie. Woorde van waarheid en bemoediging en gebed. Ons is so jammer vir julle omstandighede…maar weet, gee nie om hoe groot ons omstandighede kan raak nie, Hy BLY groter! Mag hierdie vir julle ‘n keerpunt wees, in Jesus Naam.
27 Oct 2021 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min